Archive for November, 2007

…message from george carlin…

Posted: November 30, 2007 in Uncategorized
Sleutelwoorde:

George Carlin, wêreldbekende komediant veral in die 70’s en 80’s, het hierdie wyshede neergepen nadat sy vrou onlangs oorlede is …. vir my persoonlik, ‘n baie inspirerende stukkie werk.

george_carlin.jpg 

The paradox of our time in history is that we have taller buildings but shorter tempers, wider Freeways , but narrower viewpoints. We spend more, but have less, we buy more, but enjoy less. We have bigger houses and smaller families, more conveniences, but less time. We have more degrees but less sense, more knowledge, but less judgment, more experts, yet more problems, more medicine, but less wellness.
 
We drink too much, smoke too much, spend too recklessly, laugh too little, drive too fast, get too angry, stay up too late, get up to o tired, read too little, watch TV too much, and pray too seldom.

We have multiplied our possessions, but reduced our values. We talk too much, love too seldom, and hate too often.
 
We’ve learned how to make a living, but not a life. We’ve added years to life not life to years. We’ve been all the way to the moon and back, but have trouble crossing the street to meet a new neighbor. We conquered outer space but not inner space. We’ve done larger things, but not better things.
 
We’ve cleaned up the air, but polluted the soul. We’ve conquered the atom, but not our prejudice. We write more, but learn less. W e plan more, but accomplish less. We’ve learned to rush, but not to wait. We build more computers to hold more information, to produce more copies than ever, but we communicate less and less.
 
These are the times of fast foods and slow digestion, big men and small character, steep profits and shallow relationships. These are the days of two incomes but more divorce, fancier houses, but broken homes. These are days of quick trips, disposable diapers, throwaway morality, one night stands, overweight bodies, and pills that do everything from cheer, to quiet, to kill. It is a time when there is much in the showroom window and nothing in the stockroom. A time when technology can bring this letter to you, and a time when you can choose either to share this insight, or to just hit delete…
 
Remember : spend some time with your loved ones, because they are not going to be around forever.
 
Remember, say a kind word to someone who looks up to you in awe, because that litt le person soon will grow up and leave your side.
 
Remember, to give a warm hug to the one next to you, because that is the only treasure you can give with your heart and it doesn’t cost a cent.
 
Remember, to say, “I love you” to your partner and your loved ones, but most of all mean it. A kiss and an embrace will mend hurt when it comes from deep inside of you.
 
Remember to hold hands and cherish the moment for someday that person will not be there again.
 
Give time to love, give time to speak! And give time to share the precious thoughts in your mind.
 
AND ALWAYS REMEMBER:
 
Life is not measured by the number of breaths we take, but by the moments that take our breath away.
 
George Carlin 
       

…nuwe dinge…

Posted: November 29, 2007 in Uncategorized

Hierdie is my nuwe baby wat ek so twee weke terug gekoop het! Al is sy nie nuut uit die box nie en het sy al ‘n paar kilometers in haar lewe gedraf, ry sy soos ‘n droom en doen sy die image goed… (hehe) Sy is ‘n beauty… !

pajero.jpg 

Ek is nie ‘n gebore Swartlander nie en die hele koringstropery is vir my meer van ‘n ergenis as ‘n plesier! Ek noem dit Swartlandsiekte – dokters noem dit hooikoors of sinusitis. (Ek vermoed die woord “hooi”-koors het sy ontstaan in die Swartland gehad.) Nietemin, nadat ek alreeds 10 jaar in die Swartland woon, kon ek myself gister vir die eerste keer oortuig om die “stroper-ry-ding” te doen. Een van ons bestuurders by Meganisasie het met ‘n stropende boer gereël dat ek en ‘n paar van my kollegas die stropery kan meemaak! En dit was heeltemal anders as wat ek verwag het.

stroper.jpg

Eerstens is dit nie sommer net enige ou wat so ‘n stroper kan ry nie! Jy moet jou storie ken en al die kontoere en gate en dinge in gedagte hou – en al is die kajuit en graanbak altyd waterpas, kan daardie groot masjien nogal teen heelwat skuinstes beweeg! Nogal ‘n scary gedagte, maar nie so vreesaanjaend soos wat dit klink nie!  Dan moet jy ook natuurlik die ses of sewe ander stropers in gedagte hou wat dieselfde kamp as jy oes sodat daar nie ‘n ongewensde ongeluk ontstaan nie.  En derdens moet jy BAIE geduld en uithouvermoë hê – want dis nie ‘n 8 – 5 job nie! Jy begin soggens net na die son sy kop uitgesteek het, ry heeldag teen die spoed van 6.5km/h op en af in ongelyke koringlande, kry nie juis baie teebreuke nie en val party aande eers 23:00 uit. As die weer reg is en die koring is ryp, moet ALS so gou as moontlik ge-oes word.

 stroper3.jpg    stroper2.jpg

Natuurlik is daar ook die “odd” natuurwese wat sy kop uitsteek. Daar gaan heelwat slange deur daardie stroperlemme, maar hulle eindig gelukkig nie tussen die koringkorrels op nie, hul word weer agter die masjien saam met die hooi uitgespoeg! Ek is dankbaar ons het nie een van daai geles teëgekom nie!

Ek en my vriendin het na die tyd besluit ons sal nie hierdie stroper ding kan doen nie – ons sal heeltemal te veel peusel. Dis al wat jy kan doen om jou besig te hou sonder dat jou aandag afgetrek word van die stropery! 

Alles in ag geneem is dit darem nie te ‘n slegte job nie – die kajuite van die stropers is baie dig geseël, so daar is geen koringstoffie of veseltjie wat jou neus kielie nie – en die kajuit is ook toegerus met ‘n aircon!   Al wat ek reken kort in die stroper, is ‘n radio, ek sou nie die stilte oorleef nie. Al wanneer die koringstof bietjie lastig is, is as jy uit die stroper klim en onder die wind staan! Dan is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. En dis waar my hooikoors vandaan kom vandag!!

So as jy oor ‘n week of ‘n maand dalk weer ‘n volkoringbroodjie of graankosse eet, kyk en dink mooi daaroor, dit kan dalk die koringkorrel wees wat EK gestroop het! :mrgreen:

…emosionele intelligensie…

Posted: November 27, 2007 in Uncategorized

 puzzle.jpg

Het jy al van Emosionele Intelligensie gehoor?

Ek ook nie – maar ek het my sopas ingeskryf vir ‘n Emosionele Intelligensie (vir juniors) kursus wat ons maatskappy volgende jaar gaan aanbied.   Aanvanklik het ek gedink as jy emosioneel is en jy is intelligent, dan is jy emosioneel intelligent! Hehehe, toe nou nie! Ek kom ook agter so tussen die lyne deur in my werk dat hierdie emosionele intelligent-faktor ‘n baie belangrike vereiste by Senior aanstellings is. Weet nie of dit net by ons maatskappy is nie – dalk is dit die nuwe “trend”? 

Ek het so bietjie deur die “Alles-in-een-werkboek-vir-optimale-persoonlike-groei” geblaai en op die volgende afgekom!

Wat is emosionele intelligensie nou eintlik?

Dit is ‘n tipe persoonlike en sosiale intelligensie wat die volgende behels:

  • die vermoë om jou eie gevoelens en dié van ander waar te neem, te herken, te verstaan en daarop te reageer (emosionele bewussyn);
  • om tussen verskillende gevoelens te onderskei en dit te kan benoem (emosionele geletterdheid);
  • die vermoë om jou gevoelens toepaslik te kan uitspreek en te kan beheer (emosionele beheer);
  • om na ander te kan luister, empatie met hull te hê en om sinvol te kommunikeer in terme van emosies en denke; en
  • om die inligting te gebruik om jou denke en optrede so te rig dat jy sinvol, gemotiveerd en doelgerig kan lewe (verstaan die verband tussen gevoelens, denke en gedrag)

En wat is die voordele van emosionele bedrewendheid?

  • Jy verkry emosionele selfbewussyn wat daartoe lei dat jy jou emosies kan herken;  jy ken ook die oorsake van en verskil tussen gevoelens en optrede.
  • Dit is vir jou moontlik om ‘n balans tussen die uitspreek en beheer van gevoelens te handhaaf.
  • Daar is ‘n balans tussen jou denke en gevoelens.
  • Jy besef dat jy verantwoordelik vir jou eie gevoelens is.
  • Jy het empatie met die gevoelens van ander en kan dit verstaan.
  • Verbeterde kommunikasie en sosiale vaardighede lei tot gesonder verhoudings met ander persone
  • Jy beskik oor vaardighede om jouself te handhaaf en voorsiening te maak vir die bevrediging van jou eie behoeftes sonder om die regte van jou medemens nadelig te raak.
  • Dit is vir jou moontlik om doelwitte te stel wat jou lewe interessanter en meer doelgerig sal maak.
  • Emosionele bagasie kan agtergelaat word terwyl die toename in energie die nuwe JY in staat stel om nuwe ideale na te streef.

(Uit die Boek : Emosionele Intelligensie deur Drs Ronél le Roux en Rina de Klerk)

Blaas my om met ‘n klein wit veertjie – net die inleiding tot hierdie werkboek het my alreeds slimmer gemaak.  Die mini-me-sielkundige in my floreer op kursusse soos hierdie! “So watch out world” van volgende jaar af kyk ek julle fyn uit!! (LOL!)

Op ‘n skaal van 1 – 10, hoe emosioneel intelligent sien jy jouself?

…Tag…

Posted: November 27, 2007 in Uncategorized

vet_feetjie.jpg 

Ek is ge”tag” deur Wosonki!! Dit beteken dat ek 8 feite oor myself moet publiseer wat die ander blog-maters moontlik nie geweet het nie, en terselfdertyd moet jy weer ‘n paar niksvermoedende slagoffers uitsoek en tag! Hoe kan ek dan nou nie saamspeel nie? Ek sal jou terugkry Jaco!! Elke hond kry sy dag … (hierdie is ‘n baie moeilike lysie!)

Hier gaat ons…

1. (niggie, jy mag nie glo wat jy hier lees of dit aan my ma vertel nie) Ek is ‘n miskien-twee-keer-‘n-jaar-geleentheidsroker! Ek wat so maklik sê rook stink en ek lek eerder ‘n asbak uit voor ek iemand soen wat rook – EK, JA EKKE, rook ook partykeer as die geleentheid hom voordoen. Vandat ons egter probeer swanger raak, is die rookgewoonte summier gestaak!

2. Ek koop graag leesboeke en tydskrifte met die goeie voorneme om als te lees … en doen dit dan eers ‘n jaar (of twee) later!

3. Ek swem nie sommer in die see nie! Die sand in my swemklere gril my verskriklik!!

4. In die kleuterskool het ek my beste maatjie gevloek en met ‘n blompot gegooi, en toe vir die juffrou gesê dit was hy wat my eerste gevloek en geslaan het (witleuentjie)! Hy het die pakslae van sy lewe met ‘n vere-stowwer gekry! Ek dink nie hy het my al ooit vergewe nie!!

5. Ek is DOODBANG vir kakkerlakke!! Nie vir muise, slange of enige ander goggas nie -maar ek het ‘n fobie vir ‘n kakkerlak!

6. Ek was nog NOOIT in die woestyn nie (al is my blog se naam Woestynsand tussen my tone)

7. Ek het my hele skoolloopbaan ‘n crush op ‘n outjie in my klas gehad, maar hy het dit nooit geweet nie! Hy was een van die “in” outjies, en ek heeltemal te koekerig vir hom!! Wonder wat hy vandag met daai info sou maak! (LOL!)

8. Ek het ‘n obsessie met netheid – ek pak my lessenaar by die werk 20 keer ‘n dag reg! Als moet op sy plek en in lyn met iets wees! By die huis moet alle vertrekke ten alle tye netjies wees. Dit wat rondstaan moet gebêre word en skottelgoed moet skoon wees. As ons vakansie gaan hou, moet my tasse onmiddelik uitgepak word en als op die regte plekke staan en georganiseer wees sodat ek gemaklik kan wees en tuis kan voel in my omgewing! Ek sal nie myself as ‘n pyn-in-die-g…t label nie – ek reken ek kan organise sonder dat ek mense irriteer! As my omgewing deurmekaar is, is my kop ook deurmekaar en voel ek verbouereerd!  (Ek werk daaraan om bietjie te relax, want ek weet met kinders gaan my huis altyd in chaos gedompel wees!)

Indien van julle alreeds ge”tag” is – ignoreer my “tag”! Maar die wat nie is nie – doen die regte ding! Ek “tag” vir Da Mario, Boer in Ballingskap, Eben, Jo-Ann, George Maru en Kobus Coetzee!!

…goeie nuus…

Posted: November 26, 2007 in Uncategorized

baba1.jpg 

Liewe woestyn-vriend…

Iewers is daar ‘n stemmetjie in my wat sê jy het my tog vergeet, al sê jou woorde anders.

Ek hoor toevallig laasweek by iemand dat jy en jou vrou jul eersteling verwag! Ek was geskok, maar baie bly … en ek was kwaad! Hoekom moet ek dit by iemand anders hoor? Jy wat altyd al jou opgewondenheid, jou prestasies, jou lewenskennis, jou drome en ideale met my deel, maar hierdie blye nuus, word van my weggehou!

Ek is so opgewonde vir julle … elke kindjie wat in die lewe gebring word, is vir my die grootste wonderwerk, al is dit nie my eie nie!  Ek sou nogsteeds saam met jul opgewonde geraak het oor die baba, en nie eers gedink het daaraan dat ek en manlief nog so bietjie moet wag voor ons ook met so ‘n groot verantwoordelikheid en geskenk geseën word nie!

Ek het vir jou ‘n kort briefie daaroor geskryf, oor hoe jou stilswye my laat voel het. Jy ken my behoeftes en jy weet hoe graag ek ‘n baba wil hê, daarom het jy niks gesê nie! Ek kan nie jou sensitiewe siel blameer nie – ek kan nie kwaad wees vir jou nie – jy het goed bedoel!

Dit neem egter nie hierdie geknibbel aan my hart weg nie! Ek wonder nogsteeds!!