Archive for November 29, 2007

…nuwe dinge…

Posted: November 29, 2007 in Uncategorized

Hierdie is my nuwe baby wat ek so twee weke terug gekoop het! Al is sy nie nuut uit die box nie en het sy al ‘n paar kilometers in haar lewe gedraf, ry sy soos ‘n droom en doen sy die image goed… (hehe) Sy is ‘n beauty… !

pajero.jpg 

Ek is nie ‘n gebore Swartlander nie en die hele koringstropery is vir my meer van ‘n ergenis as ‘n plesier! Ek noem dit Swartlandsiekte – dokters noem dit hooikoors of sinusitis. (Ek vermoed die woord “hooi”-koors het sy ontstaan in die Swartland gehad.) Nietemin, nadat ek alreeds 10 jaar in die Swartland woon, kon ek myself gister vir die eerste keer oortuig om die “stroper-ry-ding” te doen. Een van ons bestuurders by Meganisasie het met ‘n stropende boer gereël dat ek en ‘n paar van my kollegas die stropery kan meemaak! En dit was heeltemal anders as wat ek verwag het.

stroper.jpg

Eerstens is dit nie sommer net enige ou wat so ‘n stroper kan ry nie! Jy moet jou storie ken en al die kontoere en gate en dinge in gedagte hou – en al is die kajuit en graanbak altyd waterpas, kan daardie groot masjien nogal teen heelwat skuinstes beweeg! Nogal ‘n scary gedagte, maar nie so vreesaanjaend soos wat dit klink nie!  Dan moet jy ook natuurlik die ses of sewe ander stropers in gedagte hou wat dieselfde kamp as jy oes sodat daar nie ‘n ongewensde ongeluk ontstaan nie.  En derdens moet jy BAIE geduld en uithouvermoë hê – want dis nie ‘n 8 – 5 job nie! Jy begin soggens net na die son sy kop uitgesteek het, ry heeldag teen die spoed van 6.5km/h op en af in ongelyke koringlande, kry nie juis baie teebreuke nie en val party aande eers 23:00 uit. As die weer reg is en die koring is ryp, moet ALS so gou as moontlik ge-oes word.

 stroper3.jpg    stroper2.jpg

Natuurlik is daar ook die “odd” natuurwese wat sy kop uitsteek. Daar gaan heelwat slange deur daardie stroperlemme, maar hulle eindig gelukkig nie tussen die koringkorrels op nie, hul word weer agter die masjien saam met die hooi uitgespoeg! Ek is dankbaar ons het nie een van daai geles teëgekom nie!

Ek en my vriendin het na die tyd besluit ons sal nie hierdie stroper ding kan doen nie – ons sal heeltemal te veel peusel. Dis al wat jy kan doen om jou besig te hou sonder dat jou aandag afgetrek word van die stropery! 

Alles in ag geneem is dit darem nie te ‘n slegte job nie – die kajuite van die stropers is baie dig geseël, so daar is geen koringstoffie of veseltjie wat jou neus kielie nie – en die kajuit is ook toegerus met ‘n aircon!   Al wat ek reken kort in die stroper, is ‘n radio, ek sou nie die stilte oorleef nie. Al wanneer die koringstof bietjie lastig is, is as jy uit die stroper klim en onder die wind staan! Dan is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. En dis waar my hooikoors vandaan kom vandag!!

So as jy oor ‘n week of ‘n maand dalk weer ‘n volkoringbroodjie of graankosse eet, kyk en dink mooi daaroor, dit kan dalk die koringkorrel wees wat EK gestroop het! :mrgreen: