My kerswens gaan vir almal wat nié so opgewonde is oor kersfees nie … diegene wat hartseer is, wat alleen is, vir wie die seer ekstra erg is oor kerstyd, daardie mense wat honger ly en in die hartseer ogies van kinders moet vaskyk wat nie so bevoorreg is om ‘n geskenkie te kry nie! Mag jy vrede in jou hart vind, en die nuwe jaar vir jou ‘n ligstraal in ‘n donker tonnel wees!
My gebed is dat hierdie wrede wêreld in 2008 ‘n beter plek sal word vir elkeen wat in hom leef en ons daagliks sal besef hoe ons eintlik in oorvloed geseën word op ontelbare klein maniertjies!
Dankie vir almal wat 2007 ‘n merkwaardige groei-jaar help maak het vir my persoonlik! Dankie dat ek my lief en leed met julle kon deel en dat daar altyd ‘n bereidwillige oor beskikbaar was wat regtig WOU luister…! Die jaar was vol “ups and downs” – maar ek glo dat dit wat mens nie doodmaak nie, maak jou net sterker!!
Gee vandag en elke dag hiervandaan vir jou geliefdes ‘n drukkie, ‘n geduldige hart, ‘n glimlag gevul met liefde en leef asof dit jou laaste dag op aarde is!!
Die tone in die woestynsand gaan so bietjie bedaar tot baie vroeg volgende jaar!!
Ek is weer die 2de Januarie terug!!
Ek lief julle almal!!! xxx