Archive for April, 2007

…dis winter…

Posted: April 30, 2007 in Uncategorized

babaruit.jpg

Hoekom ek BLOG? 

Continually I try to write it down,

this sense of family life.  For it seems to me

that the funny voices we make with our mouths,

or the squiggles that we put on paper,

are only for ourselves to hear,

to prove there’s someone there!

(Beryl Bainbridge)

Vir my mater wat ‘n moeilike tyd deurgaan … jy weet wie jy is … hierdie song word vandag spesiaal opgedra aan jou! Dis mos hoekom mens vrinne het! 🙂

Two Steps Behind (Deff Leppard) 

Walk away if you want to.
It’s ok, if you need to.
Well, you can run, but you can never hide
From the shadow that’s creepin up beside you.

And, there’s a magic runnin through your soul,
But you can’t have it all.

(whatever you do)
Well, Ill be two steps behind you
(wherever you go)
And Ill be there to remind you
That it only takes a minute of your precious time
To turn around and I’ll be two steps behind.

Take the time to think about it.
Just walk the line, you know you just can’t fight it
And take a look around, you’ll see what you can’t find,
Like the fire thats burnin up inside me.

And, theres a magic runnin through your soul,
But you can’t have it all.

(whatever you do)
Well, I’ll be two steps behind you
(wherever you go)
And I’ll be there to remind you
That it only takes a minute of your precious time
To turn around and I’ll be two steps behind.

Dis winter en ek is in my element!!!

Pas jouself mooi op!

xxxRxxx

…tweede kanse…

Posted: April 26, 2007 in Uncategorized

oupaouma.jpg 

Ek kom gisteraand weer op die juweeltjie af. Oupa Gawie en Ouma Hennie (Hendrika) se huweliksdag – 18 Junie 1935! Daar is iets in hierdie stukkie geskiedenis wat my hart bitter diep raak en groot verlang terugbring!! Oupa Gawie is kort na my ouers se huwelik oorlede, so ek het hom nooit geken nie, maar Ouma Hennie was die dierbaarste mens – jy kan selfs die goedheid in haar oë sien op hierdie foto.  Sy het die mooiste en sagste gekreukelde ouma-hande gehad!! Ek mis haar!  Nietemin, is dit nie ‘n beautifull foto nie?

Ek is nie iemand wat met my Bybel onder my arm loop nie, omdat ek glo dat godsdiens baie persoonlik is en dat die verhouding wat ek met my God het, “my business” is. Maar na aanleiding van gister se post, met spesifieke verwysing na die gedeelte waar ek noem dat ek glo mense verdien ‘n tweede, derde, selfs vierde kans, wil ek graag hierdie stukkie wat ek vanoggend ontvang het, met jou deel! As daar op die hemelse voorstoep vir my elke dag ‘n tweede kans beskikbaar is, wie is ek om nie ander nog ‘n kans te gee nie?

God het ons van kop tot tone lief, al is ons vol geestelike skete en kwale. Daar’s hemelse vrede tussen Hom en ons, al dwaal ons partykeer op verkeerde paaie rond (Romeine 5:1). So sê die Bybel … en ek glo dit met my hele hart. Ek glo dat God my sy kind noem … en dat Hy nie die heeltyd op my hakke loop om my te straf nie. Natuurlik het ek nie ’n liksens om in die sonde rond te lê nie. Nooit nie. Maar ek weet dat daar by Jesus elke keer vergifnis te kry is. Op sy hemelse voorstoep is daar elke dag ’n tweede kans beskikbaar; al is dit nou al my tienduisendste een.

Hoop jy het ‘n lekker dag en ‘n interessante dog kleurvolle lekker lang naweek!

Pas jouself mooi op!

xxx R xxx

…ek glo vs ek weet…

Posted: April 25, 2007 in Uncategorized

rene4jr-oud.jpg 

Eendag, lank lank gelede, vertel ‘n ou “flame” in die middel van ‘n hewige rusie my dat ek in ‘n fantasiewêreld leef en glo dat alles en almal altyd perfek moet wees.

So hier is wat ek glo … :

ek glo in everlasting love

ek glo in ‘n prins op ‘n wit perd

ek glo aspoestertjie sou in elk geval by die prins uitgekom het, al het sy nie na die bal toe gegaan nie

ek glo in die goedheid van mense

ek glo dat als in die lewe met ‘n doel gebeur – en dat dit hoofsaaklik is omdat ons iets uit ons omstandighede en teëspoed moet leer om sodoende as mens te groei

ek glo dat ek nie mense kan “judge” op hul verlede nie, maar dat die hier en nou is wat tel

ek glo dat ek moet gee sonder om iets terug te verwag

ek glo dat ek deur ’n opregte en lojale vriendin vir iemand te wees, ek ‘n daadwerklike verskil in daardie persoon se lewe kan maak

ek glo in Mrs Balls Chutney, All Gold Tamatiesous, Cross&Blackwell Mayonnaise, Sunlight Liquid en Handy Andy

ek glo dat elke pot ‘n deksel het, maar dat ‘n deksel nie noodwendig net op een pot pas nie

ek glo elkeen verdien ‘n tweede – ‘n derde – dalk ‘n vierde kans in die lewe

ek glo dat dit gesonder is om kaalvoet te loop

ek glo in my God en dat hy my daagliks in oorvloed seën (al kan/wil ek dit nie altyd raaksien nie)

So … maak dit my ‘n idealis en ‘n optimis — of is ek maar net naief?

Wat ek wel weet is:

daar is mense wat mekaar na 40 jaar se getroude lewe nog net so liefhet soos op hul troudag

dat die “prins” soms ‘n padda is en sy wit perd ook swart kan wees

dat “good” veronderstel is om “evil” te oorwin

dat ons nie altyd die doel in ’n situasie raaksien nie, maar dat dit wel eendag aan ons openbaar word, ons moet eers net sterk genoeg raak om die feite te hanteer

dat mense nie altyd leer uit hul foute nie en hul toon weer en weer teen dieselfde klip stamp, maar dat hul oë eventually sal oopgaan

dat ek soms te veel van myself wil gee

dat my lojaliteit en opregtheid soms misbruik word

dat my kos net so lekker sal smaak sonder tamatiesous en chutney en “Pick ’n Pay brand” goedkoper is as Sunlight en Handy Andy

dat my deksel nie altyd lekker op die pot pas nie – maar dat ek deur bietjie rond te skuif en om te draai, tog lekker gemaklik sit

dat ek soms na die tweede kans groet

dat jou hakke bietjie growwer is as jy baie kaalvoet loop, maar dat ’n pedicure my nie arm sal maak nie

dat God my liefhet soos ek is en ek nooit myself vir Hom hoef te bewys nie

En dit alles maak my die mens wat ek is!

Vir die ou “flame” wat lankal deur die wind doodgeblaas is, het ek 5 woorde: kry vir jou ’n Draakpakkie!

Ek is wie ek is!

Pas jouself mooi op xxx R xx

(In die foto hierbo, is ek net 4 jaar oud — en ‘n trotse mamma se tweede plek wenner in ‘n baba/kleuter kompetisie — hehehehe, the good old days!)

…ek kan probeer…

Posted: April 23, 2007 in Uncategorized

tafelberg.jpg

Hierdie foto laat my verlang na my eie Stad! Mooi bly darem mooi!

Ek herstel nog van gisteraand se Carte Blanche!  Die insetsel van die Cullinan-sorgsentrum het my hart diep geraak! Jy kan die volledige storie hier gaan lees —> http://www.carteblanche.co.za/Display/Display.asp?Id=3296. Al wat ek kon doen, was om my kop in skaamte te sak omdat ek ALWEER, NIKS daaraan doen nie!

Ons sit elke dag voor die TV – kyk die nuus – lees die koerante – sien hoe mense daagliks seerkry – hoe kinders mishandel en vermoor word, hoe armes swaarkry en nou nog hoe gestremdes ook mishandel word! Ek wil vir my ‘n donker hoekie iewers kry en daarin kan gaan wegkruip want ek kan dit nie meer aanskou nie! En dis juis waaroor ek my kop in skaamte sak, want ten spyte daarvan dat ek al hierdie dinge sien wat my hart elke dag in miljoen stukkies skeur, doen ek NIKS van my kant af om dit beter te maak nie!!

Ek deel gisteraand hierdie gevoel van frustrasie in my hart met ‘n baie goeie vriend en hy sms vir my terug — “Jy kan nie die wêreld alleen verander nie”! Hy is reg – ek kan nie – “but at least I can try!!”

As jy voorstelle het – laat weet my ‘seblief! Ek moet begin probeer!!!

Lekker week

René xx

…feedback – vakansie…

Posted: April 19, 2007 in Uncategorized

Almal kla oor dieselfde ding : ‘n gejaagde lewe met te min tyd vir dinge wat jy regtig geniet.

“I don’t have time to have the nervous breakdown I deserve” – is die woorde van Julia Roberts se karakter in die rolprent Something to talk about. Jy skater van die lag, maar dink iewers in jou agterkop : “Dis mos hoe ek elke dag voel.” Die kinders moet by die skool kom, die honde soek kos, en jy moet betyds wees vir ‘n vergadering waar jy moet slim klink en goed lyk.  As dit voel asof jou lewe in ‘n miljoen stukkies gefragmenteer is waar net die spitsverkeer stadig beweeg, is daar gelukkig ook goeie nuus : Jy kan dit verander…as jy jou leefstyl en denke verander, kan jy jou van die rotresies bevry!

Uhmmmm – makliker gesê as gedoen, dit was my eerste reaksie!  Ek het lanklaas binne 10 dae so uitgerus soos hierdie jaar se paasnaweek-mini-vakansie. Miskien omdat my kop dit nodig gehad het om bietjie weg te kom van alles wat ons elke dag besighou! Of dalk was dit maar net omdat ek genoeg geslaap het vir ‘n verandering.

Hoe dit ookal sy – vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ek bietjie tyd gehad om myself te “reset”! Ek kon myself so ver kry om op ‘n rots te gaan sit en in die natuur in te staar … te LUISTER wat die wind en die see en God se skepping vir my wil sê!! Ek het ‘n paar bêre oomblikke ervaar, waar dit gevoel het My Skepper skree op my – maar ek sit daar en staar en wil nie hoor wat Hy sê nie!! Menslike hardkoppigheid miskien? As alles vir jou HOKAAI skree en jy luister nie – is dit nie omdat jy nie kan hoor nie – dis omdat jy nie WIL hoor nie!!

Die vakansie was dus vir my meer soos ‘n mini-geestelike reis as om my liggaam uit te rus. Ja, alledaagse dingetjies het ‘n trippie Jeffreysbaai, Humansdorp, St Francis Baai ensovoorts ingesluit! Maar anders as ander vakansies het ek uitgesien na die alleentydjies. Daardie middel van die nag op die stoep sit en teedrink terwyl die koue wind aan my ore kou! Die vroegoggend gaan stap met my woef of by Hammies op die rotse gaan sit as hy visvang en te sien hoe die son skaam-skaam sy strale agter die wolkies begin wys en die yskoue herfs seebriesie in te asem en te voel hoe die vars lug om jou longe vou! By tye het dit amper gevoel die natuur gee my ‘n drukkie!!

Die laaste twee dae het ek my brein ‘n ruskans gegee en myself forseer om nie te veel te dink nie en net die mense om my se geselskap te geniet. Daar was in elk geval 5 kiddies wat my aandag opgeeis het – soos julle in een van die foto’s sal sien! Probeer jy nou Egoli kyk met so ‘n crowd!

Ek het my vakansie afgesluit met ‘n kuiertjie by die Pikkewyne-rehabilitasiesentrum.  Beseerde pikkewyne wat in die streek gekry word, word daarheen geneem om gerehabiliteer te word en wanneer hul sterk genoeg is, word hulle weer vrygelaat in die see.  Die outjie met die geel kragie kom van Antarktika en hy is Elvis deur die personeel gedoop! Hy is glad nie skaam vir die kamera nie – toe hy my met kamera in die hand gewaar, het hy waggel-waggel tot reg voor my gestap en ’n pose gegooi!! Daardie sentrum, soos die meeste pikkewyn rehabilitasie-sentrums maak volkome staat op donasies, maar dis ongelooflik om te sien hoeveel liefde en moeite daarin gaan om hierdie diere weer sterk te kry vir vrylating – veral as jy in gedagte hou hoeveel fondse beskikbaar is.

Nou ja, ek is terug in die tuig en die vakansie voel amper soos daardie net-voor-jy-opstaan-drome! Intens, maar baie kort! Ek is dankbaar dat ek die rotresies vir 10 dae kon vryspring … miskien moet ek aan ’n plan begin dink om dit dalk meer “permanent” te maak … my LEWE weer terug te neem in my eie hande. As dit kon werk vir ’n week, hoekom nie vir die res van my lewe nie? “Jy kan dit verander…as jy jou leefstyl en denke verander, kan jy jou van die rotresies bevry!”

Dankie vir elkeen van julle se belangstelling, die sms’ies terwyl ek weg was en sommer net elkeen se vriendskap! Ek waardeer dit oneindig baie!!

Ek los jul met die volgende song van Lucas Maree wat my kop aan die dink gesit het oor die liefde…

DIE WEDUWEE SE KRUIK

Ons almal is maar bang dat die liefde dalk sal opraak
Dus probeer ons dit tot sterwens toe bewaak
En dan bêre jy dit veilig in die hart se diepste kluis
En hou jou naaste op ‘n afstand met jou vuis

Maar dis die goeters wat jy weggee wat jou ryk maak
En dis daarmee wat jy mense om jou raak
Want wat beteken liefde as jy dit nie gaan gebruik nie
Of ‘n blom se geur as niemand daaraan ruik nie.

Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie in sy buik

Dis eintlik so eenvoudig en tog almal mimmereer
Want die liefde het ‘n les wat baie min van ons ooit leer
Jy kan nie liefde optel, soos in boekhou, balanseer nie
Want liefdeswind se son wyk op gekeer

Pas jouself mooi op! xx R xx