Ek kom gisteraand weer op die juweeltjie af. Oupa Gawie en Ouma Hennie (Hendrika) se huweliksdag – 18 Junie 1935! Daar is iets in hierdie stukkie geskiedenis wat my hart bitter diep raak en groot verlang terugbring!! Oupa Gawie is kort na my ouers se huwelik oorlede, so ek het hom nooit geken nie, maar Ouma Hennie was die dierbaarste mens – jy kan selfs die goedheid in haar oë sien op hierdie foto. Sy het die mooiste en sagste gekreukelde ouma-hande gehad!! Ek mis haar! Nietemin, is dit nie ‘n beautifull foto nie?
Ek is nie iemand wat met my Bybel onder my arm loop nie, omdat ek glo dat godsdiens baie persoonlik is en dat die verhouding wat ek met my God het, “my business” is. Maar na aanleiding van gister se post, met spesifieke verwysing na die gedeelte waar ek noem dat ek glo mense verdien ‘n tweede, derde, selfs vierde kans, wil ek graag hierdie stukkie wat ek vanoggend ontvang het, met jou deel! As daar op die hemelse voorstoep vir my elke dag ‘n tweede kans beskikbaar is, wie is ek om nie ander nog ‘n kans te gee nie?
God het ons van kop tot tone lief, al is ons vol geestelike skete en kwale. Daar’s hemelse vrede tussen Hom en ons, al dwaal ons partykeer op verkeerde paaie rond (Romeine 5:1). So sê die Bybel … en ek glo dit met my hele hart. Ek glo dat God my sy kind noem … en dat Hy nie die heeltyd op my hakke loop om my te straf nie. Natuurlik het ek nie ’n liksens om in die sonde rond te lê nie. Nooit nie. Maar ek weet dat daar by Jesus elke keer vergifnis te kry is. Op sy hemelse voorstoep is daar elke dag ’n tweede kans beskikbaar; al is dit nou al my tienduisendste een.
Hoop jy het ‘n lekker dag en ‘n interessante dog kleurvolle lekker lang naweek!
Pas jouself mooi op!
xxx R xxx
Geniet jy jou naweek ook Rene!! 🙂
Watte mooi inspirasie vir n donderdagoggend……hoop jy het n wonderlike langnaweek…..ek gan mos met die holiday..so ek sal eers weer die 8ste terug wees op kantoor….!!!!
Soet wees en groete vir jou wederhelfte
troedels
xxxxxx
Hi,
ek wonder mos altyd oor die storie AGTER die storie as ek sulke foto’s sien . . .
Lekker naweek!
Krista
Baie mooi foto!
Lekker naweek vir jou ook… 🙂