…kommin…

Posted: November 12, 2007 in Uncategorized

Ek kry vanoggend onder andere hierdie foto in my inbox met die onderwerp wat lees “Brakpan wedding of the year”.

Na aanleiding van die “kommin” onderwerp wat laasweek op ‘n paar blogs (o/a Johann Swarts se blOg) bespreek is, het ek ‘n vragie…

brakpan2.jpg 

Is hierdie mense “kommin” – of is dit doodeenvoudig net armoedige mense wat geen smaak het (volgens my/jou) nie?

Ek wil nie veel meer oor die foto of die mense sê nie.  Dit maak my net skaam dat mense hierdie tipe foto’s rondstuur tussen mekaar en ‘n vreeslike lagsessie daaroor hou! Ek kry die armsalige mense uit my hart jammer, want hulle is happy, hulle het mekaar en is getroud en heel waarskynlik baie verlief, maar iewers is daar iemand (en beslis meer as een iemand) wat van hul ‘n bespotting sal maak. 

Wie is ons om te oordeel na aanleiding van voorkoms en smaak van kleredrag of waar hul woon?

Is hulle kommin – of is ons bevooroordeeld?

(OK, dit was meer as een vraag…!)

Kommentaar
  1. alleman sê:

    Mens kan nie in hierdie foto sien of hierdie paartjie kommin is nie – ek vermoed hulle is glad nie.

  2. mykopop sê:

    Ek dink jy is reg, ons is baie geneig om mense op hulle baadjie te takseer. ‘n Eenvoudige mens mag net dalk ‘n beter mens as jy wees.

  3. kaalvoetkind sê:

    Gun elke mens maar sy plekkie in die son. Ons almal
    woon immers in huise van glas.

  4. WTF!!!! OK!!! 2 voete in een mond…. Rykdom koop nie smaak nie…. so….

    Maar voor ek aangerand word, gaan ekke maar bly by… stilbly is ook ‘n antwoord!

    Uhh uhhhhhh! Ek gaan nie! Ek dink die kleredrag is kommin?!? Hehe! Maar maybe het hulle goeie harte… dalk is hulle van daai mense wat in die Bybel van gepraat word… daai wat sonder sukkel in die hemel gaan kom? Of iets……

  5. alleman sê:

    Eintlik is hierdie nou ‘n goeie manier om presies te verstaan wat kommin is:
    Die persoon wat hierdie foto rondstuur met die doel om daaroor te lag, is kommin.

  6. Honey sê:

    Rene,

    Wow!! Maak jy my nou sommer trots. Ek stem 100% saam met jou. Soos jy se die mense is verlief en gelukkig en baie mense wat ek ken sal bitter graag net dit wil he.

    Dis nogal jammer dat ons ander mense gebruik om ons daaglikse humor in te kry. So what oor hoe hulle lyk. Binne is hulle dieselfde as elkeen van ons. Eendag as hulle oud is en nog in mekaar se oe staar met tonne liefde sal hulle nie eers kan onthou wat hulle aangehad het nie maar hoeveel liefde hulle vir mekaar gehad het. Dis partykeer meer as wat sommige kan se.

    Ek mis jou girlie!!

    xxmwaxx
    M

  7. skoenlapr sê:

    wie het in elke geval besluit wat kommin is en wat nie?

  8. René sê:

    Plattie, niemand sal jou op my blog aanrand nie – jy is geregtig op jou opinie! So haal jou voete uit jou mond en sê jou sê suster.

    (((((Honey)))) – ek mis jou vriending – jy moet meer kom inloer jong!

    Ek dink die meeste van julle lees raak presies wat ek met hierdie post wil sê – sonder dat ek myself in detail hoef te verduidelik!!

  9. Ek dink nie die paartjie is kommin nie – hulle is komies. Wonder wat se Brakpanners van sulke e-mails?

  10. Rustig sê:

    Ons is al so gebreinspoel dat jy moet mooi en ryk wees om regtig smaak te he of gelukkig te wees. Jy kan ryk wees en ook kommin. Kyk na Paris Hilton, kommin soos gras en dom soos ‘n klip. Ons is maar geneig om mense op uiterlike te oordeel. As mens na die TV program Orkney Snork nie ky is almal van daai plek kommin. Kommin is soms lekker!

  11. Ek kan net beaam wat René en Alleman geskryf het. 100%.

  12. duskant sê:

    My oupa het altyd gesê “om arm te wees is een ding, maar om eenvoudig te wees is ‘n ander”. Ek dink hierdie mense is arm maar dit wat hulle het, diè gebruik hulle om hulle DAG mooi te maak. Dit sou wel vir my eenvoudig gewees het as hulle spesiaal so aangetrek het om die fotos aan die Huisgenoot te verkoop vir ‘n wins (de ja vu jurie en hestrie…).
    Geld het hiermee niks temake nie, daardie kommin bloubulknaters hang in elkgeval gewoonlik aan splinternuwe DUUR bakkies…

  13. idiwidi sê:

    René, jy het my laat glimlag en trots gemaak. Stem heeltemal saam.

  14. Roer sê:

    Duskant, my man se^ weer altyd “om arm te wees is nie ‘n skande nie, maar om versukkeld te wees is”. Hierdie paartjie is nie kommin nie, maar het dit duidelik nie breed nie. Rene, mooi gese^.

  15. Platterfuss, al ooit daaraan gedink dat dit dalk die beste is wat hulle kon bekostig? Of dalk het hulle besluit om nie big spenders op onbenullighede soos klere te wees nie? Daai ekstra paar rand wat hulle gespaar het deur nie fancy skoene/rok/manspak te koop nie, lê en vergaar dalk stof vir die dag wat hulle regtig die paar rand nodig het… As jy honger is, vra die kafee op die hoek nie hoe grênd jou trourok was nie. Nope. Hy soek die geld in jou beursie…

  16. Hanlie sê:

    Ek het hier beland via Die Gestorwe Soldaat en wil jou gelukwens met ‘n uitstekende waarneming. Ons het ‘n samelewing geword wat almal rondom ons kritiseer en bespot, sodat ons kan goed voel oor onsself. Vir my is dit kommin dat soveel huise waarin ek kom presies dieselfde dekor het, met duur goed, maar geen smaak en individualiteit nie. En ja, ek dink dit is ongelooflik kommin dat ons Suid-Afrikaanse celebs hulle troues, babas se geboortes, doop, kinderpartytjies, ens in ons tydskrifte se blaaie vier met ‘n lang lys “bedankings” (sponsors) aan die einde.

    Ek is vet en weet hoe voel dit as mense wonder wat my man in my sien. Terwyl my huwelik gelukkiger is as meeste ander!

    Te veel mense gaan heel “beige” deur die lewe. Kry ‘n lewe, mense!

  17. Dellie sê:

    Hulle liefde vir mekaar is tog wat deurskemer in daardie foto. Hulle kon maar aartappelsakke ook gedra het, vir hulle was dit hulle samevoeging tot een lewe wat belangrik was. Eintlik is hulle pragtig.

  18. duskant sê:

    Ek stem, Dellie. Hoe sê Koos DuP: “eenvoud, is die vreugde van die lewe…”

  19. sonkind sê:

    Ditto Alleman en Rustig. Ek persoonlik dink daar is baie meer kommin mense onder die rykes – hou hulle manewales net dop en vertel my dan of hulle klas of styl het.

    Never ever judge a book by it’s cover!

  20. René sê:

    Weet julle wat die hartseerste vir my van hierdie epos was…dat ek dit van dieselfde mense af kry wat die een godsdienstige boodskappie na die ander stuur!!

  21. Da Mario sê:

    Hulle is nie van Brakpan nie. Gaurenteed.

    En daai outjie lyk sommer ekstra maer teen sy oorgewig bruid. Dit maak hulle nie kommin nie, maar weens hulle uiterste voorkoms, beslis opvallend. Soos vet en bles ooms wat met trophy-wives spog, in speedo’s rondloop, baie grys borshare het en dik goue kettings om hulle nekke dra.

    Dis maar net iets opvallends…😉

  22. JayCee sê:

    Komedie is as iets onverwags of opvallends gebeur. Charlie Chaplan loop en val skielik oor ‘n piesangskil… die ou kry seer en mense lag.

    Daars dus volgens my geen rede om te lag vir iets wat wat minder ‘normaal’ lyk nie. Die foto is vir my erg komies.

  23. JayCee sê:

    Ek dink die komiese ding van die foto is die pose wat hul trek – “Probeer Anders lyk as wat hul gewoond is” – het jy al ooit Keeping Up Appearences op DSTV gekyk – dis wat ek sien as ek die twee mense sien.

  24. […] lees vanoggend hierdie post op René se blog, en dêps toe sommer die foto hieronder by […]

  25. trou is 'n lekker ding sê:

    Het altyd vermoed foto is deur professionele fotograaf gedokter?? of modelle wat betaal was om so komies te lyk?? Nou toe nou.

  26. lekker val julle almal uit die bus dit is mense wat net snaaks wou wees m.a.w. dit is een vet grap gewees niks anders nie die mense is nie eers regtig getroud nie hulle het net so gepose

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s