…ek glo vs ek weet…

Posted: April 25, 2007 in Uncategorized

rene4jr-oud.jpg 

Eendag, lank lank gelede, vertel ‘n ou “flame” in die middel van ‘n hewige rusie my dat ek in ‘n fantasiewêreld leef en glo dat alles en almal altyd perfek moet wees.

So hier is wat ek glo … :

ek glo in everlasting love

ek glo in ‘n prins op ‘n wit perd

ek glo aspoestertjie sou in elk geval by die prins uitgekom het, al het sy nie na die bal toe gegaan nie

ek glo in die goedheid van mense

ek glo dat als in die lewe met ‘n doel gebeur – en dat dit hoofsaaklik is omdat ons iets uit ons omstandighede en teëspoed moet leer om sodoende as mens te groei

ek glo dat ek nie mense kan “judge” op hul verlede nie, maar dat die hier en nou is wat tel

ek glo dat ek moet gee sonder om iets terug te verwag

ek glo dat ek deur ’n opregte en lojale vriendin vir iemand te wees, ek ‘n daadwerklike verskil in daardie persoon se lewe kan maak

ek glo in Mrs Balls Chutney, All Gold Tamatiesous, Cross&Blackwell Mayonnaise, Sunlight Liquid en Handy Andy

ek glo dat elke pot ‘n deksel het, maar dat ‘n deksel nie noodwendig net op een pot pas nie

ek glo elkeen verdien ‘n tweede – ‘n derde – dalk ‘n vierde kans in die lewe

ek glo dat dit gesonder is om kaalvoet te loop

ek glo in my God en dat hy my daagliks in oorvloed seën (al kan/wil ek dit nie altyd raaksien nie)

So … maak dit my ‘n idealis en ‘n optimis — of is ek maar net naief?

Wat ek wel weet is:

daar is mense wat mekaar na 40 jaar se getroude lewe nog net so liefhet soos op hul troudag

dat die “prins” soms ‘n padda is en sy wit perd ook swart kan wees

dat “good” veronderstel is om “evil” te oorwin

dat ons nie altyd die doel in ’n situasie raaksien nie, maar dat dit wel eendag aan ons openbaar word, ons moet eers net sterk genoeg raak om die feite te hanteer

dat mense nie altyd leer uit hul foute nie en hul toon weer en weer teen dieselfde klip stamp, maar dat hul oë eventually sal oopgaan

dat ek soms te veel van myself wil gee

dat my lojaliteit en opregtheid soms misbruik word

dat my kos net so lekker sal smaak sonder tamatiesous en chutney en “Pick ’n Pay brand” goedkoper is as Sunlight en Handy Andy

dat my deksel nie altyd lekker op die pot pas nie – maar dat ek deur bietjie rond te skuif en om te draai, tog lekker gemaklik sit

dat ek soms na die tweede kans groet

dat jou hakke bietjie growwer is as jy baie kaalvoet loop, maar dat ’n pedicure my nie arm sal maak nie

dat God my liefhet soos ek is en ek nooit myself vir Hom hoef te bewys nie

En dit alles maak my die mens wat ek is!

Vir die ou “flame” wat lankal deur die wind doodgeblaas is, het ek 5 woorde: kry vir jou ’n Draakpakkie!

Ek is wie ek is!

Pas jouself mooi op xxx R xx

(In die foto hierbo, is ek net 4 jaar oud — en ‘n trotse mamma se tweede plek wenner in ‘n baba/kleuter kompetisie — hehehehe, the good old days!)

Kommentaar
  1. Marat sê:

    Rene, ek glo en weet saam.

    Krista

  2. Da Mario sê:

    Hehehe…. jy’s ‘n dapper meisie! As iemand jou wil kruisig of uitlag, point them out. Ek haal solank my gun uit.

    Ons is idialiste Rene. Wat flippen moeilik leer!!!😉

    mwah xxx

  3. lanaba sê:

    Nou weet ek hoekom ons twee so goed click….yo go girl!!!!!

    loadsa luv

    troedels

  4. Is jy nog so mooi en oulik as toe jy 4 jaar oud was?

    Jy is voorwaar ‘n optimis. Ek stem met baie saam, maar nie met alles nie. Wens ek kon, maar ek het ongelukkig ook ‘n goeie skoot sinisme weg. Seker maar wat al jou ervaringe aan jou doen!

  5. DM – ek stuur hulle PTA toe, ek belowe!

    Lanatjie – jy is ‘n pragtige mensie en ek love jou, vriendin!!!

    Boertjie … jy vra alweer…!!!🙂 Ja jong, ek het nog baie om te leer! Maar ek leer solank elke dag uit ander mense se ervaringe, hopenlik eendag as ek self met iets soortgelyk te doen kry, sal ek iets uit ander se foute kon leer en op my eie lewe van toepassing maak!! Die lewe is ‘n leerskool, en die mense waarmee jy omgaan, jou leermeesters!!

  6. Terwyl daar ‘n vonkel in jou oog en ‘n huppel in jou stap is, terwyl jy hoop het en liefde ken, dan leef jy. En as jy dit in God se glorie doen, dan kan jy gelukkig wees.🙂

  7. Vaalseun sê:

    Meisiekind, watter ‘n werkwaardige opsomming! Dit is treffend en baie waar. Natuurlik is nie een van ons perfek nie – dalk hoekom die deksel bietjie rondgeskuif moet word om mooi te pas…..Alhoewel ons almal maar hunker na volmaakte geluk, bly ons ook uniek! En wanner twee unieke mense saamkom, kan jy moontlik ‘n uitsonderlike ervaring beleef – wanneer jy dit kan deel aan ander unieke mense, mag jy as ‘n leermeester beskou word..
    Baie dankie vir jou insiggewende bydrae!
    Vaalseun

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s