…struikelblokke…

Posted: Junie 30, 2010 in Uncategorized

Ek is trots op myself!!! En ook nie bang om dit te sê nie!

Ek is nou in Week 5 van my program en het die eerste vier weke 8.72kg verloor!

Maar, die eerste vier weke was beslis nie sonder sy sarsie struikelblokke nie…

Die eerste dag van my program was daar die baas se vrou wat ons verras het met varsgebakte roosterkoek, tuisgemaakte konfyt en heerlike vars kaas…ek het NEE gesê.

Daar was die naweek in Ceres Karoo – vier dae nadat ek begin het met die program – en almal wat ken van Karoo toe gaan ken van LEKKER skaaptjoppies braai, die snacks tussenin, die rooiwyn om die vuur … ek het NEE gesê.

Daar was drie kollegas wat (afsonderlik) verjaar het en volgens tradisie vir almal ‘n bordjie eetgoed gebring het … ek het NEE gesê.

Daar was die baas wat Kudu biltong en droëwors vir die personeel uitgedeel het … ek het uitgedeel, maar ek het NEE gesê. (My man smile natuurlik baie breed daaroor!)

Daar was die eerste naweekkuier en Sondagete by skoonma (wat altyd ‘n feesmaal is) … ek het NEE gesê (en my eie vaal ete voorberei.)

Dan was daar die vriendin wat verjaar het vir wie ons graag wou uitneem vir ete … ek het saamgegaan, maar ek het NEE gesê en slaai bestel.

Daar was ‘n oggend fliek saam met vriende – wat tradisioneel afgeskop word met ‘n heerlike Engelse ontbyt en popcorn by die movie (wie kyk nou movies sonder popcorn?)… ek het NEE gesê. (en my appeltjie in die handsak saamgedra)

Die naweek is die eerste bruilof-struikelblok – almal weet hoe lekker mens by troues eet en dat die spyskaart nie juis voorberei is met diëte in gedagte nie … ek MOET NEE Sê, maar ek is bevrees ek sal my eie kossies skelm in die motor moet gaan eet, of flou word van hongerte.

Ek het vier weke laas pasta geëet.

Ek het vier weke laas chips en tjoklits geëet.

Ek het vier weke laas ‘n skaaptjoppie geëet.

Ek het vier weke laas take-aways geëet.

En ek leef nogsteeds lekker!

Gevolgtrekking … dis nie aldag maklik om NEE te sê nie, veral nie na ‘n leeftyd van 32 jaar waar jy nog altyd net JA gesê het vir lekker eet nie … maar DIS MOONTLIK!! En solank dit moontlik is … sal ek dit doen! 

At the end of the day … it’s the scoreboard that matters!

(PS… ek kon ‘n nuwe rok koop vir die troue – en goed voel daarin!!)

Kommentare
  1. Jislaaik! Dis amazing! Ek sal maar sukkel om nee te se en jy kan trots wees op jouself! Ek het self ‘n hele paar kilo’s om af te skud…

  2. PlaasJuppie sê:

    WoW! Welgedaan.

  3. GS sê:

    Interesant
    Ek dink ek gaan elke dag hier kom lees en saam jou die stryd aanpak
    ek het altans omtrent 40kg om af te skud….”Wish me luck”
    groete
    GS

Lewer kommentaar