Archive for Julie, 2008

…vasbyt…

Posted: Julie 30, 2008 in Uncategorized

Is dit nie ongelooflik sad hoeveel mense daar tans is – en dan praat ek van my onmiddelike omgewing – wat regtig finansieel suffer nie!! En dis nie net oor die hoë petrolprys of kospryse nie – dis net ‘n gruwelike bose kringloop!

Om vandag jou eie besigheid te hê met kliënte wat nie betaal nie – vat hare op jou tande! As jou kliënte nie betaal nie, kan jy nie jou verpligtinge nakom nie en kan jy ook nie meer voorraad aanhou om omset op te stoot nie, want iets soos ‘n cashflow bestaan net nie! Hoe het dit so vinnig gebeur? Hoe is dit moontlik dat als in jou besigheid die een dag nog klopdisselboom loop, en in ‘n oogwink in ‘n finansiële ramp ontaard? Alles kom weer terug na die kliënte wat nie betaal nie – hulle kan nie betaal nie, want hulle sit in presies dieselfde pinarrie as jy!!

Vir ons vriende wat tans suffer – hou net moed en hou daai kennetjie hoog! Al is dit hoe moeilik en al lyk dit of die tonnel glad nie ‘n lig het nie – wees sterk en maak staat op diegene wat jul wil help! Ons is daar vir julle en ons skouers is breed!  Dit sal weer beter gaan met ons almal – ons moet net aanhou glo en ons kniegies stukkend bid! Julle is nie alleen nie – ons suffer saam!!

Standing for what you believe in regardless of the odds against you,
and the pressure that tears at your resistance
…is Courage.

Keeping a smile on your face when inside you feel like dying,
for the sake of supporting others
…is Strength.

Stopping at nothing and doing what’s in your
heart that you know is right
…is Determination.

Doing more than is expected, to make another’s life a little more bearable,
without uttering a single complaint
…is Compassion.

Helping a friend in need, no matter the time or effort,
to the best of your ability
…is Loyalty.

Holding your head high
And being the best you know you can be when life
seems to fall apart at your feet,
…is Fortitude.

Facing each difficulty with thoughts that
time will bring you better tomorrows,
And never giving up…
…is Confidence.

UPDATE : Julle sal nie glo wat gebeur omtrent ‘n uur nadat ek hierdie post geplaas het nie – ‘n “weldoener” kom stap by my vriendin – wie regtig op moed verloor se vlaktes ronddrentel en nie eers haar winkel wou oopmaak vanoggend nie – se deur in en druk R20 000 kontant in haar hand en sê sy kan haar terugbetaal wanneer hulle weer op hul voete is!  Laat ENIGE-IEMAND nou weer vir my sê God antwoord nie ons gebede nie!!!! Ek is so bly vir hulle part ek het sommer in trane uitgebars toe ek die nuus kry!

Advertisements

…update…

Posted: Julie 29, 2008 in Uncategorized

Net ‘n vinnige “HALLOOOO” van my kant af!

Dit gaan goed – ek lewe – ek werk my half des dinges die week – ek het sooo baie om te vertel maar soooo min tyd om dit te vertel … en ek is baie opgewonde oor ‘n nuwe “bemarkingsveldtog” waarby ek betrokke is en wat my een van die mooi dae baie besig gaan hou – meer oor alles LAAAAATER! Gaan nou eers my brood en botter moet verdien!  Cheers vir eers!! :mrgreen:

PAS JOUSELF MOOI OP!!

…stilte…

Posted: Julie 21, 2008 in Uncategorized

EK DRA ‘N WEEK SE BLOG-STILTE OP AAN

GERTGARIEP EN SY VROUTJIE!!!

MAG GOD JUL DIE INNERLIKE KRAG GEE WAT JUL

IN HIERDIE MOEILIKE TYD NODIG HET!

…diversity…

Posted: Julie 18, 2008 in Uncategorized

di-ver-si-ty verskil, uiteenlopendheid, ongelyk(soortig)heid; verskeidenheid, diversiteit, variasie; afwisseling; ~of opinion verskil van mening…

…SOMS VOEL EK SOOS DIE WIT KLIPPIE…

…stortvloed seëninge…

Posted: Julie 16, 2008 in Uncategorized

Nou ja – hierdie week is sover ‘n week vol geboortes…en ‘n stortvloed seëninge…!

Manlief se jongste suster het Maandag ‘n seuntjie ryker geword … ‘n “whopping” 4 kg baba en met die naam Sven klink hy alreeds vir my famous! Ek het darem ‘n fototjie om te wys…

Baie geluk Suzan, Kurt en boetie Ivan – hoop nie die bulletjie gee vir julle te veel slapelose nagte nie! 😉

En dan .. die stem uit die Woestyn, my mentor en ‘n baie goeie vriend, het gister ‘n 2,9kg babaseun en naamgenoot ryker geword!! (ek wag nog vir daai foto!!) :mrgreen:

Mag die laaities vir julle nog baie liefde, vreugde en geluk bring!! Geniet elke oomblik van hul babawees – hulle raak hopeloos te vinnig groot!

Nou is dit nog net Niggie wat vir die geboorte van haar grootman wag in September!! Ja, NOG ‘n laaitjie… :mrgreen: …en hopenlik NOG ‘n peetkind vir Tannie Né? (skimp skimp!!)

(Het iemand dalk die resep vir Dogtertjies iewers gesien?)

…beauty of life…

Posted: Julie 11, 2008 in Uncategorized

:mrgreen:

The Beauty of Life does not only depend on how happy you are…but
also how happy others can be…

Because of You!!!

…sneeu…

Posted: Julie 10, 2008 in Uncategorized

Hiermee nog ‘n opsomming van die weer…

Sneeu by my “hometown” – CERES !!

Hier is die vreemdste verskynsel op die horison vanoggend! Die gloed van die verskynsel brand jou oë en jy kan nie daarna kyk nie! Dit verhelder die hele omgewing en straal ‘n hitte uit wat die reënwater van die geboue en die teer opdroog! Mense staan verstom, die dorp is in chaos gehul en almal soek ‘n bietjie van hierdie verskynsel op!  Lanklaas is hierdie klein gemeenskappie so geruk deur die krag van hierdie verskynsel – en almal is opgewonde want hul wag al lank vir die oomblik…

Hierdie is die enigste foto van die verskynsel wat ek geneem kon kry…