…2011 TO-DO LIST

Posted: Januarie 5, 2011 in Uncategorized

Ek noem dit maar die 2011 To-Do List – want ons almal weet wat van Nuwejaarsvoornemens word… (ek het gedink aan “Bucket List” – maar dit klink darem te veel na ‘n emmer geskoppery – en daarvoor ek is nog nie gereed nie!?!)

Hierdie is dan die lys van dinge wat ek nog hierdie jaar gedoen wil kry (in geen spesifieke volgorde nie):

Die 1e jaar van my 7 maer jare voltooi … (in 2010 het ek 25kg in 7 maande verloor en na die vakansie se 2 kilo’s wat ek opgetel het, weer 5kg om te verloor – dan is ek by my doelgewig!)

My “family picture wall” klaarmaak … (ek versamel al 5 jaar aan die fotorame, dis tyd dat hul gevul word en teen die muur opkom!)

Meer kreatief wees … (die verf en die canvas x 3 lê en oud word in die kas, dis hoog tyd dat al hierdie prentjies in my kop op doek vasgelê word!)

Meer KWALITEIT tyd saam met manlief spandeer … (ons spandeer wel baie tyd saam, maar ons sal net moet werk aan die kwaliteit tyd wat ons saam spandeer … ’nuff said!)

‘n Beter vriendin wees … (my vriende/vriendinne (kom ons praat nie oor my familie nie) word hopeloos te veel afgeskeep – ek moet meer tyd maak vir hulle!)

My lidmaatskap aan die biblioteek hernu … (ek wil baie graag elke maand ‘n Afrikaanse boek lees, ek is SO vêr agter!) (Ek het reeds gister met my eerste boek begin!)

Om swanger te word sal “nice” wees, maar ek glo daarin dat als op die regte tyd kom … ek hoop die Skepper se tyd sal hierdie jaar met myne sinchroniseer? (Mag mens dit hardop hoop?)

Meer blog … (as ek so kyk na die lysie hierbo, sal ek so ‘n paar uur ekstra in ‘n dag, week, maand iewers moet koop, maar blog wil ek blog – al lees niemand dit nie!)

In kort … meer tyd aan MY, en dit naby aan my wat die belangrikste is … goeie gesonde BALANS!!

Mag 2011 jou baie goedgesind wees!!

Kommentare
  1. Ek stem saam: “meer blog” 🙂

  2. mykopop sê:

    Ek hoop jy kry dit alles reg!

    Boer, ek hoop “meer blog” geld vir jou ook!

  3. Wel op die oomblik gaan ek sukkel om minder te blog! lol

  4. Krista sê:

    “Om swanger te word sal “nice” wees, maar ek glo daarin dat als op die regte tyd kom … ek hoop die Skepper se tyd sal hierdie jaar met myne sinchroniseer? (Mag mens dit hardop hoop?)”

    Jy mag maar hardop hoop en vra en skimp en briefies skryf . . . 😀

  5. netjane sê:

    Meer blog! Ja! (asof ek my eie aanmoediging volg…)

    Ek begin ook al hoe meer voel dat ek te min vir myself doen.

    So eintlik wil ek in 2011 elke dag een iets doen wat my gelukkig maak.

  6. Jen sê:

    Ek stem BESLIS ook vir meer blog! (*en bloos as ek aan my eie bloggie dink*)

    Voorspoed met al die ‘ek-wil-die-jaar’-goete!

    O ja, ek hou van die nuwe look!

  7. Da Mario sê:

    Meer blog mmm? 🙂

  8. Rene sê:

    I have FAILED!

    Kan seker maar die lysie oordra na 2012 – behalwe dat daar al so baie gebeur het die jaar dat ek maar in elk geval die lysie sal moet oor maak! 🙂

Lewer kommentaar