Archive for April, 2008

…soooo bietjie naby…

Posted: April 25, 2008 in Uncategorized

Dis nog net SOOOOO bietjie naby aan die laaaaangnaweek!!

Vir my is dit ‘n heerlike 10 dae “vakansietjie” (dankie Regering!)! Ek vat Woensdag die pad saam met my Boeta om vir Moeksie te gaan kuier in die reeds bibberende Karoo – maar ssshhhhhttttt, sy weet nie ek kom nie!

Mag julle ‘n heerlike twee langnaweke hê, en vir die wat so bevoorreg is soos ek om die ekstra twee daggies ook te kon afneem, geniet elke oomblik daarvan! Ek weet ek gaan beslis!

OJA … VOOR EK VERGEET!!!

 

Hêppie Hêppie aan NetJane wat 1 Mei verjaar!

Mag dit vir jou ‘n pragtige dag wees en ‘n baie opwindende en geseënde nuwe lewensjaar! En mag jou Liefie jou stukkend bederf! Dankie vir jou vriendinskap!!! Jy is ‘n mens DUISEND!! (Ek sê solank geluk, want daar waar ek gaan is nie internet nie – dis nog handsentrale – nommer asseblief?! Lol!!)

Advertisements

…five love languages…

Posted: April 23, 2008 in Uncategorized

Soos baie (lees “die meeste”) huwelike is my huwelik by verre ook nie perfek nie! Ek en Liefie het ons “high’s” en so nou en dan ‘n paar “extra low’s”, en ons kon na 2 jaar en 5 maande se getroude lewe en 11 jaar se saamwees nog nie die regte resep vind om alles “grotendeels” klopdisselboom te laat verloop nie! Ons is gelukkig nie “bekgeveg” mense nie – maar soms kan stilte ‘n verhouding doodmaak!  Ons persoonlikhede verskil ongelooflik baie en vir ons gaan dit ook maar op die ou end oor “give and take”, met ‘n stywe dosis compromise waar nodig! 

Glo my, ek het al ‘n paar keer oorweeg om eerder die handdoek in te gooi – want dis makliker – makliker om eerder op te gee as wat dit is om jou trots in jou sak te steek en jou alles in te sit om dinge uit te sorteer en ons huwelik te MAAK werk!

Ek het ‘n tydjie terug ontdek dis nie regtig makliker om handdoek in te gooi nie!! Dit was wel makliker om die blaam te verskuif na hom en my eie foute mis te kyk! Ek het so ‘n bietjie selfondersoek gaan doen, en ook professionele hulp gekry – en vandag kyk ek nie ‘n oomblik terug nie! Dis die beste ding wat ek OOIT vir ons huwelik kon doen!  Ek het ook met die twee persone gaan gesels wie vir Liefie die beste ken, sy ouers, en tot die besef gekom – mense wys en gee liefde op verskillende maniere, en my manier is nie noodwendig die enigste of die regte manier nie! Ernstige WAKE UP CALL!! Eish!!

Skoonsus het my van hierdie boek vertel en ek het hom nou maar eers begin lees! Ek is nie een vir selfhelpboeke nie, maar ek het geweldige respek vir Sielkundiges, Psigiaters en Huwelikberaders en luister graag na hul raad! Gary Chapman is ‘n baie bekende huweliksberader.

Ek wil so graag die volgende stukkie uit die boek met julle deel…dalk sal dit julle motiveer om self die boek aan te skaf, en so bietjie moeite in te sit om jou huwelik ook te MAAK werk, deur net met ‘n ander oog na jou partner se maniere en geite te kyk!! Omdat jy KAN, en omdat jy dit graag vir jou lewensmaat WIL doen!

Making Marriage Work: It doesn’t have to feel like a chore

Your emotional love language and the language of your spouse may be as different as Chinese from English. No matter how hard you try to express love in “English”, if your spouse understands only “Chinese”, you will never understand how to love each other.

Marriage Myth: Married life is unhappy life.

Fact: Studies show that married people have better emotional and physical health, longer lives, greater sexual satisfaction, greater incomes, and more accumulated wealth.
   
The Five Love Languages

Being sincere is not enough. We must be willing to learn our spouse’s primary love language if we are to be effective communicators of love.

My conclusion after thirty years of marriage counseling is that there are basically five emotional love languages—five ways that people speak and understand emotional love. However, there may be numerous dialects. The important thing is to speak the love language of your spouse.

Communicating love isn’t as easy as feeling “in love,” because it’s quite a different thing. Falling in love is not an act of the will or a conscious choice. It’s effortless. One who is “in love” is not genuinely interested in fostering the personal growth of the other person. If the euphoric pleasure of being “in love” never ended, we might never experience true love and meaningful communication.

Love is something you do for someone else, not something you do for yourself. Most of us do many things each day that do not come “naturally” for us. For some of us, that is getting out of bed in the morning. We go against our feelings and get out of bed because we believe there is something worthwhile to do that day. And normally, before the day is over, we feel good about having gotten up. Our actions preceded our emotions.

The same is true with love. We discover the primary love language of our spouse, and we choose to speak it whether or not it is natural for us. You might not love the language itself, but speaking it will clearly communicate love to your spouse.

Love is a choice. And either partner can start the process today.

Waaroor lê jy wakker in die nag?!!

Goeie dag, ek weet ek meng nie net my taal nie, maar baie beslis besigheid en welsyn. 

Vir die wat nie bewus is daarvan nie, hiermee besonderhede van die blanke plakkerskamp by die  Krugersdorpdam. Ek was Saterdag weer daar en word elke keer opnuut bewus van die aaklige omstandighede van hierdie mense.  As jy enigsins kan help kontak my groot asseblief … ONS MOET HIERDIE MENSE HELP.
 
Tans is daar 83 gesinne en omtrent 60 kinders betrokke.  Ons wag vir gesinne lys vanaf Hugo die persoon wat die park/kamp ordelik probeer bestuur, en sy skoonpa (eens op ‘n tyd die hoofkok op die bloutrein van transnet) is verantwoordelik vir die sopkombuis.  Hugo se vrou Irene sorg dat die ablusieblokke skoon bly, sien om na die siekes.  Die algehele omstandighede daar is benard en  bly die mense in haglike omstandighede.  Daar het intussen nog drie gesinne ingekom .. Chris, Riekie en Marietjie (4) het in hul motor gebly totdat vriende ‘n tent verskaf het Saterdag… ons het ook komberse gegee en kussings, maar hulle benodig alles waarmee mens huis moet hou… hulle het niks, niks, niks.   So ook Jan (52 + large) en Santi (43 + 38 ) het ook niks, niks, niks.  (hulle bly tans in die stoorkamertjie maar moet plek maak sodat kos en klere gestoor kan word.)  Geen kos word uitgedeel aan die mense nie, en dit word gehou vir die sopkombuis.  As daar ekstra brood, groente en vrugte is word dit wel uitgedeel.

Ons het dringend die volgende artikels nodig.  Hierdie mense is baie en meer as bereid om baie van die werk self te doen. Hulle oorleef wonderbaarlik onder hierdie haglike omstandighede….

Die ablusie blokke het slegs 2 baddens, 2 storte en 3 toilette in, vir die mans en dames afsonderlik, met slegs sementvloer.   En hierdie 230 mense moet dit elke dag  gebruik.

Die broodnodigste om mee te begin:-  (Ja die lys is baie lank, want daar is niks, niks, niks.)

  • Tente of enige seile om tente waterdig te maak.
  • Ou karavane.
  • Zozo hutte.
  • Enige beskutting waar kleuters gehuisves kan word om te speel en in te kleur. (Ren het rol draad om dit te omhein) Sonja van St Mary’s kinderhuis het ook klimraam vir die kleintjies geskenk)
  • Enige speelgoed vir die kinders.  (daar is omtrent 60. ek wag vir ‘n lys met name en  ouderdomme vanaf Hugo) 
  • Enige hout, spykers en  skroewe. (daar is 3 skrynwerkers wat nie werk het nie en hulle kan hutte of beskuttings hiermee bou.) 
  • Sinkplate.
  • Enige staal (Hugo het sweismasjien om tafels en beskuttings mee te maak.)
  • Ou hout pallets om in skuilings te sit om te dien as ‘n vloer… die grond bly nat en  koud).
  • Komberse en kussings.
  • Enige wol en breipenne (meeste van die dames kan brei, en sal vir die kinders en oumense bedsokkies kan brei.)
  • Naaldwerkmasjien en gare (baie dames kan klere maak, en sal help met die heel maak van klere wat stukkend is.)
  • sement. (in die lapa en die vloer voor die kombuisie. huidiglik net grond en modder)
  • Beligting (ligte om buite op te sit vir die nag as iemand toilet toe moet gaan asook veiligheid..)
  • Hulle benodig 10 florescent ligte 4vt, 5vt en 6 vt.
  • Een van die groot geyser het gebars – kan heel gemaak word, maar dalkies het iemand ‘n ander geyser om te skenk. (anders benodig ons 16 Brazing Rods.  Hugo reken hy sal die geyser kan regmaak)
  • Plasiese tafels en stoele.
  • As iemand weet van afdak om voor die sopkombuis op te sit.
  • Skoonmaakmiddels.  Die  badkamers is groot gesondheidsrisiko..
  • Enige baba badmiddels, medisyne,  poeier, weggooidoeke ens. (babas is 1 maand 3mde, 4mde, 1half  jaar, een dame gaan oor ‘n maand baba hê, baie kleuters en  laerskoolkinders…)
  • Kinderklere.
  • Elektriese draad en trip skakelaars (vir nuwe bedrading)
  • Gas bottels en stofies. Hulle ondervind oneindig baie kragonderbrekings…    
  • Enige medikasie, hoesgoed en  pleisters, Savlon, rome.  Daar is nie geld vir hospitaal as iemand seerkry nie … en met die 60 kinders daar is dit groot  probleem.  Iemand  het noodhulpkissie voorsien.. maar ons het nodig om dit gedurig op te vul.
  • Babakos en melk.  Purity No 1 (melk) Ryspap (nestle No 1.) NANNo  1.
  • Sambrele vir skaduwee.
  • Enige kos, blikkies, sop, pasta,  groente en vrugte ens vir die sopkombuis.  Dit word daar toegesluit en word beheer deur die kok Simon.  Tans kry die inwonders net elke tweede dag  kos.
  • Teëls en teëlsement … as ons die badkamers kan teël sal dit ook meer higiënies wees.  Tans is dit ‘n massiewe probleem.
  • Energie besparings gloeilampies.
  • Swartsakke vir gemors en skoonmaak van terrein.
  • Enige ou tuingereedskap,  grasmasjiene en kantsnyers … Die munisipaliteit maak nie die terrein skoon nie.

Hugo het ‘n bakkie en is bereid om enige skenkings te gaan afhaal indien die skenker nie kan nie.

Hugo benodig ‘n borg.  Die kinders se skoolfonds is groot probleem.  Die eerste R350.00 van elke kind moet betaal word en is vir boekgelde.  Die res word afgeskryf.   Die ouers het bloot net nie die R350.00 nie.   Daar is enkeles wat wel werk maar dit word gebruik vir oorlewing.

Ek hoop regtig dat ons so ‘n klein bietjie die nood van verlig… ons sal dit nooit nooit heeltemal kan verander nie.   Die kinders en oumense is die grootste  prioriteit.

Dankie vir jou tyd … ek waardeer dit  opreg.  Maar gepraat van waardeer – moet jy daardie gesigte sien as ons goedere soontoe neem.  Die kinders het Saterdag elkeen ‘n groot pakkie smarties gekry, en dit was XMAS.

Petra Swiegers

Dis ons eie mense soos in hierdie brief wat my laat wakker lê! En wat doen ons?

Ons kla oor twee ure se beurtkrag elke tweede dag, ons kla oor die prys van wit brood en swak diens by ‘n luukse supermark. Ons kla oor die petrolprys! Is dit nodig dat ek aangaan?? Besef ons hoeveel mense daar in ons eie land is wat nie kos het om te eet nie – ons EIE mense!! 

Wat my by ‘n ander punt bring…die foto hierbo is by die KKNK geneem, by die tentoonstelling van Generaal De La Rey se doodmasker! Ja, dis nou wel ‘n foto van ‘n konsentrasiekamp-kindjie, maar as ek aan honger kinders dink, kom hierdie foto by my op!  Op soek na ‘n foto om bo-aan hierdie post te plaas van ‘n kind wat swaarkry of  hongerly – kon ek nie een enkele foto op die www kry van ‘n BLANKE kindjie nie! Almal swart Afrika kinders!

Ek is nie ‘n rassis nie, en veral nie as dit kom by kinders nie – ‘n kind bly in my oë ‘n kind! Maar besef die wêreld daarbuite nie dat daar ook blanke mense is wat arm is nie – blanke kinders is wat honger is nie – ons eie blanke mense is wat dringend enige soort hulp en sorg nodig het nie?

Daar MOET iets wees wat ons kan doen…?! Is dit nie die eerste klein babatreetjie wat ons elkeen kan gee om Suid Afrika ‘n beter plek te maak vir ALMAL nie??

(UPDATE : Petra kan gekontak word by Tel: 011 794 9819, Fax: 011 794 3885, Cell: 083 267 7707 petren at iafrica dot com)

…opportunity…

Posted: April 16, 2008 in Uncategorized

Nou ja – die skrif is teen die muur … ek het my besluit geneem en na 7 jaar gaan ek Kaap Agri verlaat!! Die Brombeer sal eers Maandag weet – aangesien hy op die oomblik op ‘n toer na ons handelstakke is – maar die nuwe werkgewer het reeds die JA-woord ontvang! :mrgreen:

Ek moet darem net met jul deel hoe ek tot die besluit gekom het om die “kans” te vat! Ek glo dat mens uit ander mense se ervaringe leer, daarom is ek nie suinig om my ervaring met julle te deel nie!

Ek is nie ‘n bygelowige mens nie! Ek glo dat alles in die lewe met ‘n doel gebeur – goed of sleg – daar is ‘n rede voor! Maar ek glo dat mens deur “tekens” gelei word as jy by ‘n kruispad in jou lewe kom waar jou keuses ‘n massiewe invloed op jou lewe (lees gemaksone) gaan hê! Jou ogies moet net wawydoop wees om daardie tekens te kan sien! Meeste van die tyd sien ek eers werklik die tekens in “hindsight” en soms dalk heeltemal te laat, maar hierdie keer was ek oopkop en baie gelukkig!!

Sondag was ‘n lieflike sonnige dag in die Ceres-Karoo! Tienuur die oggend was dit 30 grade en die kraai en donkies en enige iets wat soos ‘n skaap lyk, het lang hitte-gape gegaap!! Ek besluit toe maar om die quad-bike te vat veld in (moenie eers vra hoekom ek gewag het vir die kwik om te styg nie – ek moes seker al 8h in die pad geval het – maar toemaar…) en ‘n paar foto’s te gaan neem!! So ry ek deur die rivier, onder doringbome deur, poeierstof en wind deur die hare!! En uit die bloute “verskyn” daar ‘n vervalle klip geboutjie wat ek nog NOOIT tevore in hierdie stukkie veld gesien het nie!! Aanvanklik was ek maar huiwerig om te gaan loer wat daar binne aangaan – maar my nuuskierigheid het op die ou end teen die slang-vrees gewen, en ek moes my neus deur die venster (let wel nie die deur nie) gaan insteek! Vir letterlik ‘n paar sekondes het ek soos ‘n soutpilaar gevries! Ek kon nie glo wat my oë sien nie en my kop het saamgepraat! Hierdie was die prentjie wat my gegroet het…

Die helder son wat deur die krakies en vervalle ou deur skyn, het vir my ‘n boodskap ingehou!! Op enige gegewe dag sou ek dit sien as ‘n donker deur en agter dit skyn die son – maar dit was asof die son net so ‘n bietjie ekstra ge”sparkle” het en die eerste gedagte wat toe by my opkom is: die deur van “opportunity” staan vir my wa-wyd oop! En al lyk dinge nou vir my onseker en donker – daar is ‘n lig aan die anderkant van daardie deur en hy nooi my om in te stap, en my geleenthede met altwee hande te gryp! Dis al waaraan ek kon dink terwyl ons Sondagaand huistoe gery het – en Maandagoggend het ek opgestaan en net geweet wat ek moes doen! 

Gisteroggend (Dinsdag), bo alle verwagtinge, hoor ek ‘n ou bekende stem uit die woestyn wat die volgende boodskap vir my bring…

Feit 1: Die wind waai elke aand die dag se spore toe.
Feit 2: Jy kan groot gate grawe in die sand – na ‘n dag of drie is die letsels weg en lyk die woestyn weer dieselfde.
Feit 3: Dit is altyd die moeite werd om ‘n duin te klim en anderkant te kyk, want môre gaan dit nie weer so lyk nie.
Feit 4: Die duine staan nooit stil nie. Hulle beweeg deurentyd soos die wind hulle opwaai en weer neer sit.

Watter lesse leer ons uit bogenoemde feite…

Les 1: Wat jy elke dag doen en praat word elke aand geskiedenis. Jy kan dit nie weer herhaal of terugdraai nie. Elke aand berei die woestyn hom voor vir nuwe uitdagings wat môre kom deur vandag se spore dood te waai. Sou die woestyn bang wees en klou aan gister se spore sou dit later net ‘n deurgetrapte stofgat gewees het. Is dit nie tyd vir ‘n vars toekoms nie?
Les 2: As jy ‘n fout sou maak, kan jy dit regmaak. Party foute vat langer om reg te maak – ander weer gouer. Maar foute kan altyd reggemaak word
Les 3: Sou jy net aan die een kant van die lewe bly sal jy altyd wonder hoe lyk dit aan die anderkant. Sou jy eers later die moed kry om wel te gaan mag dit anders wees as nou.
Les 4: Ons moet altyd groei, uitdagings aanvaar en dinge doen wat “scary” is anders word ons skaak pionne wat deur ander rondgeskuif word. Sou dit blyk ‘n verkeerde besluit te wees, geld die woestyn reël steeds van: Beweeg verder aan totdat dit blyk ‘n regte besluit te wees.

Ek teken môre kontrak…!

…stress…

Posted: April 11, 2008 in Uncategorized

Ek het ‘n GROOT loopbaanbesluit om te maak die naweek… Ek het uiteindelik die pos gekry wat ek al soooo lank begeer en nou moet ek net besluit YAY or NAY!! Dis baie stresvol, want eerstens weet ek nie hoe ek die nuus aan Brombeer (die baas) gaan oordra nie – hy wil my (in soveel woorde) onder geen omstandighede laat gaan nie!!  Om alles te kroon het ek hierdie week ook ‘n tussentydse salarisaanpassing gekry – wat my besluit natuurlik net NOG meer kompliseer!

In kort behels die nuwe beroep Bemarking – ek werk op my eie tyd vir my eie sak – geen 8 tot 5 kantoorure nie en GEEN baas wat heeldag oor my skouer loer nie! Dit wat ek insit is wat ek uitkry! Klink eenvoudig, maar as mens al die sekuriteit van ‘n Totale Pakket met byvoordele moet prysgee, raak dinge bietjie ingewikkeld!

So…

PS. Roer … ek aanvaar jou tag … ek gaan net so bietjie my breinkrag spaar vir die naweek, en dan plaas ek my “8 things” volgende week!!

Lekker naweek vir julle … dink asseblief aan my!! En bid – bid BAIE!!

…uit die tuin van EDEN…

Posted: April 1, 2008 in Uncategorized

Ja OK ek het gedog ek is klaar geblog en toe val hierdie in my inbox! Ek is jammer, maar ek het ‘n verpligting teenoor my mede Eden (lees Jay) aanhangers!

eden_knieelam2.jpg

Yes girls!!! Julle het reg gesien, die lang wag is UITEINDELIK verby – Eden se nuwe CD, Knieë lam is vanaf Vrydag, 4 April 2008 op die winkelrakke beskikbaar!!

(Ek donnereer toe amper van my stoel af toe ek die email met die blye boodskap en stunning foto oopmaak!!)