Archive for Januarie, 2009

…WOW…

Posted: Januarie 13, 2009 in Uncategorized

Jislaaik, ek dog ek kom NOOIT weer by Woestynsand uit nie!

My lewe was ‘n rollercoaster ride tot nou toe en die rit is nog nie verby nie!

Intussen het ek van werk verander en is EK nou die baas van my tyd … en manlief se besigheid! Dit was ‘n moerawiese aanpassing, maar ons is daardeur en ‘n beter mens anderkant uit!

Oor presies 17 slapies, gaan my lewe ‘n drastiese wending neem…’n droom wat ek al die afgelope 15 jaar het, word uiteindelik bewaarheid wat groot veranderinge en aanpassings gaan meebring, maar daarvan vertel ek later. Ek moet nou eers al die voorbereidings agtermekaar kry!

Mmmmm, ek hoor julle al — is jy SWANGER??? Die antwoord op daardie vraag is ‘n besliste nee, maar hopenlik nie vir lank nie!  In kort sal ek jul ‘n clue gee … ek gaan vir ‘n operasie’tjie en sodra ek daarvan herstel het, gaan ons ernstig probeer swanger raak! Ek hoop maar my liggaam kan al die veranderinge in een jaar hanteer.

Hou asseblief duimvas vir my! Ek gaan vir ‘n maand bietjie meer eie-tyd tot my beskikking he en ek belowe niks, maar dalk begin ek weer ernstig blog!

Dis eers al van my – ek het jul nog nie vergeet nie!! En vir die wat intussen kontak gehou het, dankie daarvoor – dit beteken ongelooflik baie so tussendeur al die chaos en vreemde dinge wat die afgelope drie maande plaasgevind het.  Moet seblief nie skaars raak nie!

Sterkte met jul nuwejaarsvoornemens … ek het NIKS! Ek weet net dit gaan ‘n goeie jaar wees!

Liefdetjies

Rxxx