Archive for Mei, 2007

…f$#*& wyn…

Posted: Mei 30, 2007 in Uncategorized

wyn1.jpg

My man het actually nou die dag hierdie bottel wyn vir sy beste vriend gekoop!

As jy so ‘n bottel wyn by jou beste pel kry en dalk die boodskap verkeerd verstaan, sal jy heel waarskynlik f)(*^$ voel teen die tyd wat jy die bodem van die bottel sien! hehehe 😀

Dit is vir my nogal oulik!

Lekker daggie!

xxxRxxx

PS…volgende week sal ek weer my babbelende, borrelende self wees, hierdie week is 24 ure in ‘n dag net hopeloos te min!

Advertisements

…marilyn…

Posted: Mei 29, 2007 in Uncategorized

girlies.jpg

Ek wil niks sê wat die prentjie gaan spoil nie!

Ek wonder of daar nie ‘n Marilyn Monro in elkeen van ons ingebore is nie!?

Pas jouself mooi op en geniet jou daggie!

xxxRxxx

On second thought – hier is ‘n mooi storietjie! (Thanx Lana!)

WISDOM INDEED

One day, there was a blind man sitting on the steps of a building with a hat by his feet and a sign that read: “I am blind, please help”.

A creative publicist was walking by him and stopped to observe.

He saw that the blind man had only a few coins in his hat.

He dropped in a few more coins and, without asking for permission, took the sign, turned it around and wrote another announcement.

He placed the sign by the blind man’s feet and left.

That afternoon the creative publicist returned to where the blind man sat and noticed that his hat was full of bills and coins.

The blind man recognized his footsteps and asked if it was he who had re-written his sign and he wanted to know what he had written on it.

The publicist responded:

“Nothing that was not true, I just wrote your sign out a little differently.”

He smiled and went on his way.

The new sign read: “TODAY IS SPRING AND I CANNOT SEE IT.”

Sometimes you need to change your strategy when something does not go your way and you’ll see it may just be for the best.

Remember, if you always do what you’ve always done, you’ll always get what you’ve always got.

…14 goue reëls…

Posted: Mei 28, 2007 in Uncategorized

visserskuit2.jpg

14 Goue Reëls om Daagliks toe te pas

As jy ‘n fout begaan het, erken dit!

As jy iemand seergemaak het, vra verskoning!

As jy voel jy is te nagekom, praat dit uit.

As jy ‘n skinderstorie hoor, ignoreer dit.

As jy iemand ‘n kompliment kan gee, wees opreg.

As jy omgekrap voel moenie dit op ander uithaal nie.

As jy gelukkig voel, deel dit met ander.

As jy ongelukkig voel, moenie ander ongelukkig maak nie.

As iemand van jou verskil, eerbiedig sy mening.

As daar werk gedoen moet word, moenie uitstel nie.

Hou jou trane vir jou vriende.

Hou jou glimlag vir jou vyand.

Hou jou gewete vir jou God.

Hou jou oordeel vir jouself.

Hoop dis ‘n lekker week vir jou! 😀

xxxRxxx

…hands-up…

Posted: Mei 25, 2007 in Uncategorized

draad1.jpg

Hands-up!! …dié wat nie kan lees nie!! 😀

Hoop jy het ‘n fantastiese uitrus-naweek!

Pas jouself mooi op!

xxxRxxx

…hoe?…

Posted: Mei 24, 2007 in Uncategorized

swkpvuurtoring.jpg

Ek het issues … ‘n handjievol serious issues! Gelukkig is min van hulle persoonlike issues met myself, maar daar is dinge in ons samelewing wat my dwars in die krop steek en waaroor ek net nie kan kom nie! Ek sal vandag net drie van die handjievol issues aanraak, want die laaste tyd ontsenu die drie goed my die meeste!

Hoekom, hoekom, hoekom kinders mishandel – enige vorm van mishandel? Hoekom weerlose, onskuldige kinders?? Laat dit jou sterk en dominant voel, gee die oormag en ‘n tipe van houvas op iets/iemand wat nie eers vir hom-/haarself kan baklei nie – of is jy maar net plein siek in jou kop! Het jy ‘n hart van klip en swart ink wat deur jou are vloei – of gee jy net nie om nie? En hoe waar en wanneer, het sulke “diere” menseregte? Ek kan boeke oor hierdie issue skryf, so vandag stop ek eerder net hier.

Hoe oordeel mens op iemand na aanleiding van sy voorkoms!? Hoe kan jy jou van ‘n vriendskap weerhou van ‘n man/vrou wat 10 … 15 … 20 kg oorgewig is, bloot net omdat hy/sy oorgewig is! Kan jy nie maar die delete knoppie op jou “droom-figuur = droom persoonlikheid”-prentjiementaliteit druk nie!? Kyk eenvoudig net verby die grootte van sy liggaam en sien die hart agter die mens raak! Hoekom is dit so moeilik vir sommige mense?! Let’s face it – daar is nooit ‘n verskoning om net jou liggaam te “let go” nie – maar het jy al ooit daaraan gedink dat sommige mense oorgewig is omdat dit bloot net is hoe hulle aanmekaar gesit is .. hetsy mediese probleme, hormone, gene, wat ookal! Nie almal is oorgewig omdat hulle te veel eet nie!! Feit bly staan, as jy oorgewig is, behandel mense jou anders! Ek sien dit veral by my werk … daar word so baie lelike goed onder mense van ander mense gesê en dit maak my so bitterlik seer om te dink jy kan actually sulke goed in jou hart dink en dit nog sê ook!

Hoe kan kinders van hul ouers vergeet? Hoe kan jy meneer, wat in jou blink nuwe 4 x 4 Jeep of BMW of Mercedes elke Saterdagaand party hou in jou drie verdieping huis, Sondae met ‘n vroom gesig in die kerk gaan sit met jou perfekte gesinnetjie en jou ouers sit in ‘n ouetehuis – vergete, verwaarloos, alleen! En dit traak jou niks!!! Hoe kan jy mevrou, tee drink saam met jou vriendinne met jou ingevoerde Royal Albert Teestel, by die beste boutiques jou “designer” klere koop, en nie eers 10 minute van jou dag afstaan om te hoor of jou moeder enige iets van die winkels nodig het en of laasjaar se wintertruitjie nog dra-baar is, of dalk net ‘n koppie tee saam met jou wil drink uit haar Checkers-special koppies nie! Hoe kan jy gaan vir pedicures, manicures en facials, maar jou moeder kan nie eers haar eie naels knip en verf nie omdat die pyn van die “arthritis” in haar gekreukelde handjies dit onmoontlik maak!  As jy jou fancy Garden & Home tydskrifte lees, het jy al gewonder hoe graag jou pa, wat vir jou as klein dogtertjie vir ure stories gelees en vertel het, sy fynskrif Bybel sal wil lees, maar hy kan nie, want daar is nie geld vir ‘n nuwe bril nie en die ogies wil nie meer daarsonder sien nie! Hoe kan mens jou ouers verstoot of teen hul draai, as hulle die mense is wat jou in die lewe gebring het, jou versorg en na die beste van hul vermoëns grootgemaak het!?? My koppie is heeltemal te klein vir die tipe goed!!

Ek sug maar net, en probeer sover ek gaan ietsie goed doen vir iemand – al is dit net met ‘n smile of  ‘n mooi woord! Miskien maak dit op vir die een keer wat iemand nie bereid was om die moeite doen om terug te glimlag nie!

Pas jouself mooi op!

xxxRxxx

PS … foto met komplimente van my vriend in Windhoek! Voor daai vuurtoring in Swakopmund moet ek nog my voetspore gaan neerlê! Eendag…

…lekker lag…

Posted: Mei 23, 2007 in Uncategorized

.feetjie.jpg 

Ek is lus vir lekker uit my maag uit lag vandag en het nou al die een oneffektiewe poging na die ander probeer om myself aan die lag te kry! Nogal great self-entertainment, maar sulke goed is gewoonlik meer effektief as jy in “pare” werk! Toe stuur Lana vir my dié grappie uit Windhoek en nou kan ek nie ophou giggel daaroor nie!  Thanx girlie!

Jan en die Leeu!  
 
Jan, ‘n gelowige man, gaan jag.
 
In die bos storm ‘n leeu hom.
 
Hy bid vinnig en desperaat….
 
“Here, laat dit ‘n christelike leeu wees” is al wat hy uitkry (en ‘n paar senuweepoepies).
 
Die leeu stop by Jan, sit sy poot op Jan se kop en sê: “Seën Heer die voedsel wat vir my voorgesit is en maak my opreg dankbaar daarvoor.

AMEN!!”

Hoop jy het ook ‘n giggelgeel daggie!

xxxRxxx

…eish…

Posted: Mei 22, 2007 in Uncategorized

own-world.jpg

Dis Dinsdag!

Ek het baie sleg geslaap!

My kop voel soos ‘n helium ballon!

Ek kry koud en voel siek!

Ek moet werk – ipv onder die duvet inkruip en ‘n lekker boek lees!

Ek verlang na mense wat ver is!

Londen is nog 100 slapies weg!

xxxRxxx