…versamelings…

Posted: Junie 18, 2007 in Uncategorized

fido.jpg

Ek is GLAD NIE ‘n opgaarder nie, maar wel ‘n selektiewe versamelaar!

Ek versamel koffie uit verskillende lande en het ‘n groot swakheid vir “outydse” advertensies, wat meestal in die vorm van poskaarte te koop is.

Ek versamel ook enige iets waarop die Coca Cola logo verskyn!

Ek het so ‘n rukkie terug ‘n regte outydse Pepsi-Cola houtkratjie gekry waarin vroeërdae se Coke-botteltjies in verpak en vervoer is. Ek kon nie my geluk glo toe Coca Cola ‘n promosie by Pick ‘n Pay het waar hulle weer die outydse Coke glasbotteltjies verkoop nie! My krat is nou vol botteltjies en staan mooi uitgestal in my kombuis en dit lyk stunning!

My niggie het uit Londen laat weet dat daar ‘n winkeltjie is met die oulikste outydse poskaarte en foto’s en sy het alreeds so ‘n paar aangestuur … raai dus waar ‘n paar van my ponde gedurende die Londen besoekie belê gaan word? 

Miskien is dit die nostalgie daaraan verbonde van ‘n era wat ek nooit geken het, wat my so na die ou goed aantrek! Dit bly maar net vir my mooi en kosbaar…

Hier is nog so ‘n paar van my gunsteling advertensie poskaarte…

bettyboop.jpg  suchard.jpg  omoadd.jpg  drinkcocacola.jpg

Lekker daggie!

xxRxx

PS … Nog 73 slapies! 😀

Kommentare
  1. BB sê:

    My hart se punt is ook ‘n ‘Coke-addict’ – ek moes nou al vrede maak met die ou bottels (nog almal vol en proppe geseël), blikkies, posters, skinkbord, asblik en what-not-else – gelukkig mag ek die goed so nou en dan afvee (unlike die ou 1968 bottel droë rooi – ehm moenie my die naam vra nie… met die 1cm laag stof op). Die naaste wat ek nog ooit aan versamel gekom het, is mans…. toemaar, dit klink erger as wat dit is! ;o)

    • Hester sê:

      Goeie dag my naam is Hester as ek mag vra die ou coke versamelings ek stel belang in net prente van dit is dit dalk moontlik dat u dit vir my kan afneem en stuur asb my no is 0825129747 dankie.

  2. Hi BB – daai Coke versamelstukke is nogal vrek duur en tot op datum het ek nog net vier items buiten die krat met (leë) botteltjies! En dit voel amper vir my genoeg! As ek dit nie elke dag kan gebruik nie – koop ek dit nie, en as dit te veel raak om skoon te hou, gee (of gooi) ek dit eerder weg – ek hou glad nie van stofversamelaars-items wat rondstaan op rakke nie!!! 🙂

  3. marat sê:

    Hi,

    ons het in die Kollonade ‘n Crafters-market winkel met sulke ou goed – Coke en John Deere en sulke ou Elvis en Marilyn Monroe posters en blikke en goed . . . Ek sou al my geld daar geblaas het as ek nie so verantwoordelik was nie . . . damn!

  4. Jaco sê:

    Ai hoe dankbaar is ek nou vroulief is verantwoordelik. Maar daai winkel het rerig mooi goeters, en ek is nie so verantwoordlik nie!

  5. Die ewige gesukkel met my man se bierbeker versameling het my sommer gou genees en beperk tot alles wat in ‘n klein plekkie kan pas. Dit is beperk tot ‘n versameling poskaarte uit verskillende lande. Goed, daar is baie van Namibië – maar dit bly ‘n mooi land!

    Ek sal my oge oophou vir jou advertensie poskaarte en jou laat weet as ek iewers sien…. 🙂

    Ek sien jou dae raak min!

    Het jy al tot ‘n besluit gekom? En sal jy verlofdae beskikbaar hê?

  6. Thea sê:

    Ek’s net so mal oor ou goed. Daar’s ‘n website nl. http://www.art.com. Kyk onder “Vintage art”. Jy kan “prints” by hulle bestel. Ek het vintage images gecopy van hierdie website af, dit op ‘n printable CD geprint en dit weer in die middel van ‘n langspeelplaat gesit, wysers opgeplak en muurhorlosies daarvan gemaak. En ek lief my versameling horlosies!!

  7. Jislaaik Thea, ek soen jou sommer!! A MILLION TIMES THANK YOU!!! Nee hel, ek het nou omtrent vir ‘n hele uur op daardie site gekuier en is nog nie eers deur als nie – gaan beslis ook my eie items laat print! Het sommer ook ‘n oulike tin-print vir my kombuis bestel – Bottomless Coffee 5c! Het al sooooo lank na daardie print gesoek! Ai, ek is in die wolke…thanx again! Mwah xxx

  8. Ek hou van die nuwe “chocolate look”.

    Ek versamel wyn en niks anders nie. My versameling raak egter nooit vreeslik groot nie, weens verstaanbare redes.

    Jy versamel mos vuurtorings ook?

  9. Jaaa, ek het vergeet van die vuurtoring-kiekies!! Ek wens ek kon ‘n vuurtoring saamneem huistoe, maar dit sal om obvious redes bietjie onprakties wees!! My albumpie kom mooi aan, wag nog net vir die vuurtoring-kiekies wat ek uit Korea bestel het… 😉

  10. Kowie sê:

    Rene, kyk ook by die volgende: http://www.springbokradio.com/ADS.html Dit is ou advertensies wat op die destydse Springbokradio was – hulle het nog klank ook – daar is ‘n Coke of wat ook.

  11. Roer sê:

    Dis ‘n interessante stokperdjie. Sal uitkyk vir die Coke memorabilia vir jou. Groete vanuit my warm snoesige bedjie. Dankie vir die boodskappie wat jy vir my gelos het. Chantelle

  12. antoinette liebeberg sê:

    Ek het n ou skinkbord van coco-cola sou graag n foto wou plaas maar weet nie hoe nie

Lewer kommentaar