Archive for Maart, 2007

…doen dit NOU…

Posted: Maart 30, 2007 in Uncategorized

 baba_bad.jpg

Ek huil deesdae baie … maar nie oor ek ongelukkig is nie … inteendeel … maar omdat die seerkry van ander mense my hart so maklik raak!  En daar is so baie seerkry rondom ons!!! Gisteraand was weer een van DAAI aande!

Die stukkie wat ek vandag plaas kom uit ‘n 20-jarige outjie se begrafnisbrief – wie laasnaweek (op my verjaarsdag) in ‘n motorongeluk oorlede is!!! Hy is ‘n familielid van een van ons vriende, so ek het hom nie persoonlik geken nie … dis net vir my so onregverdig as jongmense weggeneem word! Ek dra vandag se blog aan hom en sy familie op!!

“Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn” Jakobus 4:14

Sekere boom soorte word tot 1 000 jaar oud.  Die meeste ander dinge gaan relatief vinnig verby.  ‘n Gesigsrimpeling hou so 6 tot 10 jaar, ‘n R10-noot omtrent ‘n jaar, ‘n wit streep op die pad net ongeveer vier maande. “Wat van my?”  Die gemiddelde lewensverwagting is tussen 75 en 80 jaar.  Dit klink baie goed as jy nog jonk is, maar word ‘n ontnugtering as jy by 50 verby gaan.  Die Bybel sê jou lewe is soos ‘n damp, en dampe is nie beroemd vir hul langslewendheid nie: net ‘n rookwolkie en dit is weg! So, waarvoor wag jy? Jy het nie ‘n ewigheid tyd nie, begin nou!

Jy wou nog altyd leer hoe om die klavier te speel.  Hou op praat daaroor en neem lesse! Of dat jy nog altyd gedroom het oor ‘n toer na die Heilige Land, skakel ‘n reisagent.  Jy haat jou badkamer se muurpapier, hou op kla – krap dit af en verf dit ‘n kleur waarvan jy hou!  Jy sê jy voel beter wanneer jy oefening kry; begin draf!  Of dat jy hou van tamaties wat tuis gekweek is – plant ‘n paar!  Jy is ongelukkig oor die slaggate in jou straat; gaan na die dorpsvergadering toe! Jy wil ‘n doel dien vir God : gaan praat met jou predikant.  En onthou, jy begin onder, nie bo nie!

So, vergeet van die verskoning van ek is te jonk of te oud! Kom aan die gang! As jy van plan is om iets te doen … doen dit NOU!!

Lekker daggie, en pas jouself mooi op die naweek!

xxRxx

PS. Hierdie foto is seker my gunsteling baba-foto OOIT!!

Advertisements

…as jy aan eendag glo…

Posted: Maart 28, 2007 in Uncategorized

eendag.JPG

Aan al my vrinne wat moed wil verloor … vir wie môre geen hoop bring nie … wie moeilike tye in die oë staar … hierdie song is NET vir jou!!

AS JY AAN EENDAG GLO 

Meeste ou drome bring heimweë, vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar wie weet wat more gebeur

As jy aan eendag glo, nooit terug sal kyk
Kan selfs ‘n bêredroom na ‘n nuwe een lyk
Gister se bloeisels val, weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo, sal lente jou vind

As jy aan eendag glo, nie dink aan nou
Bly daar ‘n sê nou maar, waaraan jy kan hou
Goed dat ‘n mens nie weet, oor wat voorlê, moet raai
As jy aan eendag glo, wag iets om die draai

Meeste ou drome bring heimweë, vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur

As jy aan eendag glo, bly drome waar
Dalk is jou mooiste dag, net more al daar
Al is jy nou alleen, byt maar vas en vertrou
As jy aan eendag glo, wag liefde vir jou
 
Gister se bloeisels val, weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo, sal lente jou vind

Meeste ou drome bing heimweë, vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur

As jy aan eendag glo, nie dink aan nou
Bly daar ‘n sê nou maar, waaraan jy kan hou
Goed dat ‘n mens nie weet, oor wat voorlê, moet raai
As jy aan eendag glo, wag iets om die draai.

Hou aan glo en hou daai kennebak hoog!!

Liefde xxx R xxx

…kiddies…

Posted: Maart 27, 2007 in Uncategorized

kiddies.JPG 

Die naweek was weer ‘n naweek vol kuier, vriende en familie en natuurlik vriende en familie se kiddies! Dit opsig self maak my meer opgewonde as die kuier self – want as ek kinders in my huis het, is ek in die sewende hemel! Ek besluit toe maar Saterdag aangesien ons grootmense entertain, kan mens seker maar aan ‘n manier ook dink om die kiddies te entertain! Twee laaities regverdig nou nie regtig ‘n springkasteel nie – ek sal my in elk geval dood sukkel om die groot “laaities” daar af te kry sodat die regte kiddies dit beter kan benut, so ter wille van my eie sanity, moes ek daardie idée vinnig uit my kop kry! Adventure is die enigste ding wat laaities geintresseerd en besig hou, en die enigste alternatief waaraan ek kon dink, was ‘n skattejag! Dit het nogal goed afgegaan, aangesien ek drie lekker groot bome in my voortuin het! Dit het hulle ‘n volle 2 ure besig en uit die grootmense se hare gehou!  Raai wie was die meeste opgewonde? Eventually kon die volwassenes ook bietjie van my aandag kry – toe ek, en die kids moeg gespeel is!!?

Dit was fantasties om weer kinders in die huis te hê, niks kan die klank van die laggies en kiddie-stemmetjies in jou huis vervang nie!

As ek daardie onskuldige kinder-glimlaggies sit en bewonder – kan ek nie verstaan hoe iemand ‘n kind kan seermaak nie. Hoe kry jy dit reg om ‘n kind aan te rand, te verkrag, te vermoor? Wat gaan in jou kop en jou hart aan dat jy actually genot daaruit put om ‘n kind skade aan te doen! Dit skeur my hart in ‘n miljoen stukkies. Ek het so 8 jaar terug in ‘n woonstel gebly op die tweede verdieping en reg onder ons, het daar ‘n jong couple met ‘n klein seuntjie gebly! Ek skat die seuntjie was so 3 jaar oud! Die couple het dit nie breed gehad nie en manlief het alte graag heeltemal te diep in die bottel gekyk! Wat in opsig self ‘n groot nadeel vir die onskuldige seuntjie ingehou het. Een Vrydagaand het pappa weereens sy slegte gewoontes beoefen en toe mamma nie wou luister nie, moes sy maar voel! Dis die ergste vorm van “domestic violence” wat ek nog ooit in my lewe mee te doen gehad het. Toe die seuntjie nie wou ophou skree nie, het hy ook deurgeloop en al wat ek deur die harde musiek kon hoor, was daardie kind se histeriese gille! Ek kry nounog trane in my oë as ek net daaraan dink! Ek het dadelik die polisie gebel nadat die eerste hou geval het, maar hulle het eers na ‘n halfuur daar opgedaag! 10 Minute nadat ek gebel het, het ek besluit vanaand moet die man my ook maar doodslaan, ek kan dit nie meer hanteer nie. Dis die enigste aand in my lewe wat ek aan moord gedink het!!  As my woonstelmaat my nie gekeer het nie, sou ek sekerlik vandag nog in die tronk gesit het!  Wat van die mamma en haar seuntjie geword het, weet ek tot vandag nog nie!!  Ek weet net daardie kind se gille is vandag nog in my kop en in my nagmerries!

Hoe doen mens sulke goed? Hoe kan jy ‘n weerlose kind seermaak en nie besef jy doen verkeerd nie! Kan jy so “af van die wa” wees dat dit nie vir jou saakmaak as jou eie vlees en bloed suffer nie?  Ek dra ‘n skuldgevoel in my omdat ek nie genoeg doen nie! Ek doen nie iets om daardie tipe “domestic violence” stop te sit nie! Ek slaap rustig saans in my warm bed en maak nie tyd daarvoor om planne te maak hoe ek ‘n verskil in ‘n mishandelde kind se lewe kan maak nie – ons redeneer mos almal daar is ander mense wat hul lewe aan kinders dedicate! Dan sê hulle “charity begins at home”! Maar as ek nie kiddies het nie – hoekom kan ek nie ander mense se kiddies beskerm nie? Hoekom kan ek in daardie opsig nie sommer ‘n helpende hand gee vir behoeftige of gestremde kiddies nie? Hoe kan ek op die kantlyn staan en vinger wys as ek nie self bereid is om betrokke te raak om die game te swaai nie! Ek sak my kop in skaamte!

Wat vir my die ergste is van kindermishandeling, buiten die feit dat daardie onskuldige kind so moet suffer, is die suffering as daardie kiddie ‘n grootmens is!! Een van my baie goeie vriende is ook erg mishandel as kind en 18 jaar later, dra hy steeds die letsels van buite! Maar dis die letsels van binne wat net nie gesond kan raak nie!  Hy sal nooit ‘n normale verhouding met enige persoon hê nie, hetsy man of vrou – en hy vertrou niemand behalwe homself nie! Hy sonder hom af van die wêreld en bou ‘n muur om hom om homself te beskerm! Sodra hy te veel begin voel vir mense, onttrek hy uit die vriendskap en vind vrede en stilte in homself – waar daar elke dag storms woed. Hy raak snags wakker uit nagmerries wat hom dan vir drie dae wakker hou, omdat hy te bang is om weer te slaap uit vrees vir die monster uit die verlede wat hom jaag! En om dit in ‘n volwassene te sien – DIT is scary! Want hy is lankal nie meer ‘n mens nie – hy bestaan net omdat hy nog asemhaal! Daar is nie hoop nie, daar is nie mooi “childhood memories” nie! Sy suster het haar eie lewe geneem om hom te red en sy ma het haarself aan dwelmmiddels oorgegee om weg te kom van die seer wat haar kinders ervaar het! En die monster, hy stap na ‘n paar jaar se tronkstraf vrylik in strate rond sonder enige berou oor wat hy aan sy gesin gedoen het, en sonder om een dag te wonder oor die letsels wat hy gelos het! Wat het hy oor om voor te lewe … en steeds tel hy sy kop op en veg elke dag vir sy voortbestaan!! ‘n Amazing mens … regtig iemand om na op te kyk oor die “fighting spirit”!

Ek sien skaars wat ek hier skryf deur die trane wat vrylik uit my oe vloei! Elke traan stort ek vir elke kind wat al seergekry het in ons wrede wêreld – elke onskuldige kind wat nie gevra het om hier te wees nie – en dan elke dag moet veg om ‘n “normale” lewe te lei of om net vandag te oorleef!

Ek huil vir elke kind wat nie besef hoe bevoorreg hy/sy is om ouers te hê wat hul liefhet en vir hul sorg nie! Ek huil oor elke ouer wat nie saans vir hul kiddies ‘n drukkie gee nie – al is hy/sy al 18/19 jaar oud – want hul besef nie wat die waarde van daardie drukkie is nie! Ek huil vir elke ma wat die nuus moet verwerk dat sy nie haar eie kinders kan verwek nie! En ek huil vir elke ouer wat ‘n kind aan die dood moet afstaan! Ek huil vir die kinders wat moet grootword in ‘n land waar geweld en misdaad seevier, in plaas van naasteliefde en verdraagsaamheid, lojaliteit en vertroue!! En ek bid dat die Here elke kind sal bewaar en weg hou van gevare en dat Hy weer die wonde van stukkende ouers sal heel!

Jy wat hier lees … as jy so bevoorreg is om kinders te hê – gee vandag of vanaand vir hul elkeen ‘n stywe drukke, en sê vir hul hoe verskriklik jy hom/haar liefhet!! Jy kan dit nooit genoeg doen nie!!!

Pas jouself mooi op!

René xx

…gister, vandag, môre…

Posted: Maart 23, 2007 in Uncategorized

vuurtoring-3.JPG 

GISTER het ek ‘n vreemdeling ontmoet…Vandag is hierdie vreemdeling my vriend.  Indien ek nie die tyd gebruik het om “dag” te sê nie, of terug geglimlag het, of blad geskud het, of geluister het nie, sou ek nie hierdie persoon leer ken het nie.

GISTER het ek drukkies gegee aan iemand vir wie ek baie omgee. Vandag is hulle weg…en MôRE sal hul nie terugbring nie. Sou dit nie lekker wees as ons almal sou weet dat ons MôRE nog hier sal wees nie? Maar dit kan nie gebeur nie, dus maak VANDAG tyd om iemand ‘n drukkie te gee, of om te glimlag en sê gerus ook: “Ek gee om.”

NET VIR VANDAG

Glimlag vir iemand wat jy nie ken nie; 
Luister regtig wanneer iemand met jou praat; 
Laat val ‘n muntstuk waar ‘n kind dit kan optel; 
Leer iets nuuts by en dra hierdie kennis oor aan ander;
Vertel iemand dat jy aan hulle dink;
Gee ‘n geliefde ‘n drukkie; Moenie ‘n wrok koester nie;
Moenie bang wees om te sê: “Ek is jammer” nie;
Kyk in ‘n kind se oë en vertel hulle hoe fantasties hulle is..

Moenie daardie spinnekop in jou huis doodmaak nie, dit is dalk net verdwaal, wys dit dus hoe om te ontsnap;
Kyk verby iemand se gesig na sy hart;
Maak ‘n belofte en kom dit na;
Gaan kuier of bel iemand, bloot net om te sê: “Hallo!”
Staan by jou beginsels;
Ruik die reën, voel die briesie in jou hare en luister na die wind in die bome se blare;
Gee om vir diere en luister na die vrolike sang van die voëls;
Gebruik al jou sintuie tot hul volle potensiaal;

Waardeer en geniet VANDAG!

(Thanx vir die spesiale stukkie, Petro en Ohnie! hehehe)

OK, ek het die unfair advantage om ‘n groot gedeelte van die Vuurtorings aan SA se kus te ken en self te kon afneem – die statige ou Grotes fasineer my eindeloos … gister se pic is Shelley Point!! Spesiaal vir jou Nella, plaas ek vandag L’Agulhas se Vuurtoring!!

Pas jouself mooi op! xx

…geluk…

Posted: Maart 22, 2007 in Uncategorized

vuurtoring-2.JPG 

MURPHY!!! Kan iemand vir my sê hoe ek die vent uit my lewe kry? Ek het gister ‘n lieflike post geskryf om vandag op te sit … en iewers tussen die boom en die bas het die sous op die gras geval! Ek is besig om hom te “recover” – en pos hom later…

Intussen … raai raai riepa … waar staan hierdie Vuurtoring??

Later! xx

*** 

HIER’S HY NOU! RECOVERED…

Ek wou skryf oor die liefde, maar daardie onderwerp is so holrug gery, ek dink nie daar is enige iets anders wat ek daaroor kan of wil sê nie!

Wat beteken die vyfletterwoordjie — GELUK — vir jou?

Was jy al so gelukkig dat dit vir jou gevoel het jy bars uit jou vel?? Mmm, ek was nog nie! Het al begin wonder of daar iets fout is met my, want nie eers op my troudag het ek so gevoel nie! (het ek dit hardop gesê?)  Aan die flipside – ten minste kan ek eerlik wees met myself daaroor(?) Dit was meer ‘n kombinasie van onsekerheid, opgewondenheid en angstigheid wat my geteister het en teen sononder ’n tranestorting veroorsaak het! (BTW — my man het nie gedink dis baie entertaining nie!

So, ten spyte daarvan dat ek myself as ’n gelukkige mens sou beskryf, bly die begrip GELUK is my  my ’n redelike relatiewe begrip! Het jy al in die HAT gaan kyk wat die woord geluk beteken … ek het dit sommer namens ons gedoen en die volgende “verklaring” gekry : toestand van tevredenheid; bevrediging van jou wense en verlange; vreugde! OK – dit help!

Gisteroggend het ek sommer vroegdag al besluit om ‘n slag myself te bederf met ‘n movie (dankie Regering vir ‘n vakansiedag op ‘n Woensdag!!). Ek stap toe voor die movie begin, op my eie in CapeGate rond en sonder om regtig daarvoor te kyk, begin my oog die een na die ander “sad” gesig raaksien. Ek noem dit maar sad, want ek weet nie regtig of dit sadness of sourness is nie!!  Ongelooflik hoe sad die meerderheid mense “lyk”!  Plak myself toe sommer net daar op die big M se stoeltjies neer en toe kyk ek sommer aspris.  En ek wonder onwillekeurig wat elke persoon wat daar loop se lifestory is.  Ons het tog ALMAL ‘n storie, good or bad, happy or sad! En ek wonder of elkeen se lifestory regtig die uitdrukking op hul gesig regverdig! Ek kry hoendervleis, want dan is daar baie sad stories waarmee mense rondloop.  Ek sien soveel hartseer in mense se oë, dat ek op die ou end eerder wil ophou kyk!

Nou wonder ek … wie is verantwoordelik vir my geluk? Moet ek op ander mense staatmaak om my wense, verlange, vreugdes te bevredig, of staan ek in werklikheid vrou-alleen verantwoordelik vir my eie geluk? Eish, en hoe gemaak as jy weet wat jou vreugdes, verlange en wense is, maar jy weet nie waar om te begin werk aan die wat nog kortskiet nie? Toe besluit om weer vir julle insette te vra om my te help met hierdie vragie! Die wêreld is my leerskool – ek moet net die boustene van my wêreld bietjie beter benut! Vertel my wat jy dink!!

xx

…desperate hearts…

Posted: Maart 20, 2007 in Uncategorized

Hehehe – die klein stukkie “rock chic” in my soek vanoggend weer die song op! Eerste keer in ‘n lang tyd dat ek weer na die woorde oplet! 

AMAZING – AEROSMITH

I kept the right ones out
And let the wrong ones in
Had an angel of mercy to see me through all my sins
There were times in my life
When I was goin’ insane
Tryin’ to walk through
The pain
When I lost my grip
And I hit the floor
Yeah,I thought I could leave but couldn’t get out the door
I was so sick and tired
Of livin’ a lie
I was wishin that I
Would die

It’s Amazing
With the blink of an eye you finally see the light
It’s Amazing
When the moment arrives that you know you’ll be alright
It’s Amazing
And I’m sayin’ a prayer for the desperate hearts tonight

That one last shot’s a Permanent Vacation
And how high can you fly with broken wings?
Life’s a journey not a destination
And I just can’t tell just what tomorrow brings

You have to learn to crawl
Before you learn to walk
But I just couldn’t listen to all that righteous talk, oh yeah
I was out on the street,
Just tryin’ to survive
Scratchin’ to stay
Alive

It’s Amazing
With the blink of an eye you finally see the light
It’s Amazing
When the moment arrives that you know you’ll be alright
It’s Amazing
And I’m sayin’ a prayer for the desperate hearts tonight

Lekker daggie vir julle almal xx

…my son…

Posted: Maart 19, 2007 in Uncategorized

jacobsbaai.JPG

Sonsondergang – Jacobsbaai (18 Maart 2007)

As die son in my hart ondergaan

en jou liefde vir my verlore gaan

sal ek tevrede kan wees met net ‘n vriend

of gaan ek na jou ook ‘n môre sien…