Archive for Junie, 2007

..daar waar jy moet wees…

Posted: Junie 29, 2007 in Uncategorized

namibia_na_reen2005.jpg

 DAAR WAAR JY MOET WEES

Teen die mure in die gange
klink die hol klank van verlange
waar ek jou in die skadu’s lees
daar waar jy moet wees…

Oor die water van ‘n liefde kort
het my wêreld jou woestyn geword
waar die waaisand vasbrand teen my vlees

daar waar jy moet wees…

Mag ‘n man jou altyd vashou
eindeloos en sonder ophou
Lewe jy dan net in drome
agter skaduwees en bome

Nader jy my net in na-maak
In newels waar die waarheid wegraak
En drome waar ek liefde lees
Daar waar jy moet wees…

Ek droom jy spat uit die put se luik
ek slaan my arms om die kruik
en huil my in my hande hees
daar waar jy moet wees…

Ek plaas jou foto in ‘n staander
maar die stilpyn in my kamer
en die swyg sal eers in tyd genees
daar waar jy moet wees…

Geniet die naweek!!

xxRxx

…nuts…

Posted: Junie 27, 2007 in Uncategorized

 nuts.jpg

I have a sneaky suspicion

that all my

Friends   are…

NUTS…

…But I still love you guys...

😀

…koolstoof…

Posted: Junie 26, 2007 in Uncategorized

koolstoof.jpg 

‘n Vrou is soos ‘n koolstoof: As jy goed na haar kyk, sal sy baie jare lank sorg dat daar lekker kos op jou tafel is………….

Nou vra jy my, hoekom juis ‘n koolstoof ? Die antwoord is eenvoudig, as jy net bietjie daaroor dink. Kyk, om vuur te maak in ‘n koolstoof, verg voorbereiding. Jy moet voor die tyd sorg dat daar  papier en fyn houtjies is, dat daar lekker stompe is en dat die kole emmer vol is. Dan begin jy daai vuur van bo af aanpak. (Jy kon nog nooit ‘n koolstoof van onder af aan die brand steek nie !). Die papier is soos briefies en versies en goed, en is die begin van die hele proses. Dan kom die fyn houtjies. Hierdie is die komplimente en klein dingetjies wat jy  vir haar doen om die klein vuurtjie bietjie groter te blaas. Dan volg die hout. Dis wanneer jy begin geskenke en goed koop, laaste kom die kole, die GROOT WOORD, LIEFDE. Dis die ding wat sorg dat die vuur lank en warm sal brand. Jy pak ook nie sommer alles gelyk daar in nie, nee, jy begin met die papier en doen dinge so stap vir stap, en soos die een mooi brand, so pak jy die volgende laag by. En eers wanneer daai vuur goed brand, dan mag my maar die deurtjie hier aan die onderkant oopmaak en met jou poker daar karring sodat die hitte goed kan afsak…

En ‘n koolstoof vat baie lank om af te koel…As jy dit nie besef nie, kan ‘n man jou hande lelik verbrand…

En moenie dink goed soos Blitz of alkohol is ‘n goeie aansteker nie ! Jy sal wel so vinnige opwelling en hittetjie kry, maar gewaarborg, dit sal maar kort van duur wees.

Doen jy die ding nie reg nie, sal daai stoof tjouk en smoor en die hele huis sal naderhand vol rook wees tot pyn en lyding van almal.

Maar doen jy dit reg, sal daar ‘n gesellige rokie by die skoorsteen uittrek, ‘n sekere sein vir almal dat daar hitte en gerief in daardie huis is.  Daardie stoof word die middelpunt van die huishouding wat almal om haar saamtrek, wat sorg vir baie gesellige ure omgesels, wat warm maak as dit koud is  en rotsvas staan waar sy staan.

Die ander ding wat ‘n man moet verstaan, is dat die stoof gereeld skoongemaak moet word, en gewoonlik word dit gedoen deur iemand anders van die vroulike geslag wat sorg dat daar op gereelde basis van die as ontslae geraak word. Daar is egter niks verkeerd daarmee  Meneer, as jy ook gereeld gaan sit en luister as sy haar uitpraat en skoonmaak wat daarbinne opgegaar het nie. Dit sal net help dat die stoof beter brand.  En dan natuurlik, so een keer ‘n maand, moet die pype en goed skoongemaak word van die roet en goed, en dan is die stoof so bietjie buite werking. En dan is dit ook hoogs aanbeveelbaar dat jy nie gaan staan en karring nie…

Sy kan natuurlik ook doen met bietjie spoeg en politoer, en daar moet gesorg word dat sy gereeld kry wat nodig is.  ‘n Gepolitoerde stoof LYK net soveel beter as ‘n ou vaal, onversorgde ene. En meneer, as jy nou self so nou en dan bietjie olietjies in die hand neem, en dit mooi sagkens orals aanwend, later tot in die gleufies in, sal jy verbaas wees wat se verskil dit aan jou stofie maak…… Wees net versigtig dat jy dan nie ‘n broodjie  of twee of drie in die oondjie los nie, want dit sal sekerlik groei en uitdy tot ‘n ryke seen…..

‘n Man is soos ‘n spiraalplaat hotplate: Draai net aan sy knop en hy is feitlik onmiddelik warm. Maar as die pot klaar gekook het, word hy weer net so vinnig koud ook…

En sien jy ooit mense om hom vergader…???

Lekker daggie!

xxRxx

PS…ons verkluim AMPTELIK in die Kaap! Stuur komberse asseblief…!

…williston…

Posted: Junie 25, 2007 in Uncategorized

Ons was bietjie die naweek by my ma en stiefpa op Williston! Nou vra driekwart van julle seker Waar is Williston??!  Williston is ‘n klein karoodorpie tussen Calvinia en Canarvon! (Van Malmesbury af ry jy met die N7 tot op Vanrhynsdorp, daar draai jy af, ry deur Vanrhyndorp, met die Vanrhynspas tot bo-op die berg, verby Nieuwoudtville, deur Calvinia en 114km verder ry jy letterlik in Williston vas). Moet egter nie te vinnig deur die dorpie ry nie, daar is een stopstraat in die hoofpad en ‘n Hotel waar jy ‘n lafenisse kan gaan maak. Sou jy nie gou genoeg remme aanslaan nie, sal jy dalk in Brandvlei op-eindig!  Williston het slegs 2 teerstrate! Die eerste waarmee jy die dorp binnegaan, en die tweede kruis die hoofstraat en loop verby die Kerk en Poskantoor!

Daar het die oulikste B&B oopgemaak so ‘n rukkie terug met name Die Vlieënde Piering! Die Vlieënde Piering bied die volgende : karoo akkomodasie teen R150 vir ‘n enkelkamer en R300 vir dubbel, en jy kan ‘n huisie huur vir R600 per nag met slaapplek vir vier (go figure)! Daar is ‘n woelpoel (Karoo Jacuzzi) waar jy kan afkoel, en saans sorg die plaaslike gemeenskap vir ‘n bietjie entertainment in die Junkyard Theatre! Die hele “werf” is versier met items uit toeka se dae, meestal versamel uit die plaaslike gemeenskap (as ou trommels en katelbeddens jou nie interesseer nie, sal dit vir jou meer na ‘n junkyard lyk!)  Ek het dit egter baie geniet!!

Daarna het ons gou ‘n foto of twee van die NG Kerk gaan neem, ‘n pragtige klipgebou wat verskriklik goed opgepas word en ten spyte van die harde karoo son, min tekens van verwering toon! 

Die kuiertjie op die plaas was ook heerlik! Soos gewoonlik het ons ons amper simpel geëet aan al die vleis en moeder se sjokoladekoek en melktert! Nie baie biltong gesien nie, maar die “jagseisoen” op die plaas open eers amptelik Sondag (1 Julie) wanneer die eerste jagters arriveer!

Oppad terug Sondag gou by Clanwilliam-dam gestop – die dam is feitlik vol en dis ‘n asemrowende mooi gesig om hom so te sien!! Blykbaar word daar nou beoog om die dam groter te maak, wat tot gevolg gaan hê dat die pad ook moet verskuif! Sal bietjie navraag doen by die vrinne van Clanwilliam en Citrusdal wat die rede daaragter is!  Die pad verder huistoe was pragtig en gras-groen en mens kan sien van Vanrhynsdorp af tot in Malmesbury dat die streek baie goeie reënval gehad het!

Dis vir my altyd so lekker om Williston toe te gaan vir ‘n naweek (let wel, ek het nie daar grootgeword nie en sal ook nooit daar kan bly nie)! Ten spyte van die feit dat ek “huistoe” gaan, is dit so ‘n welkome wegbreuk van die alledaagse gejaagde lewe! Daar het mense nog tyd vir kuier en stel jou buurman belang in jou welsyn! Hulle het nog ‘n hand-sentrale (nommer asseblief!!), ‘n Vleiskoöperasie, ‘n Handelshuis, ‘n Petrolpomp wat Sondae toe is en slegs 1 OTM in die dorp!  Ek is amper seker daarvan die Posmeester is ook die Burgermeester, die Voorsitter van die Posduifklub, die Hoof-ouderling van die NG Kerk en ‘n vooraanstaande boer!

Daar woon nog mense mense wat elke dag bid vir reën en naby hul Skepper leef! Wanneer jy in die vlaktes sit en so vêr kyk soos wat jou oë kan sien, verlang jy na mense wat jy nie ken nie en gee dit jou brein kans vir briek-aandraai en diep dink oor die dinge wat soms ongesiens verbygaan!

Ek is vandag bietjie flou na die ryery, maar die gasvryheid van die Karoo lê nog vlak in my hart! Tot volgende kuier … bid ek solank saam met julle vir reën!!

Geniet jou week..!

Liefde

xxxRxxx

…my heart, my soul…

Posted: Junie 22, 2007 in Uncategorized

bis-print-i10037760.jpeg

Deep in my heart – there’s a fire – a burning heart
Deep in my heart – there’s desire – for a start
I’m dying in emotion
It’s my world in fantasy
I’m living in my, living in my dreams

You’re my heart, you’re my soul
I’ll keep it shining everywhere I go
You’re my heart, you’re my soul
I’ll be holding you forever
Stay with you together

Your my heart, you’re my soul
Yeah, I’m feeling that our love will grow
You’re my heart, you’re my soul
That’s the only thing I really know

Let’s close the door and believe my burning heart
Feeling alright come on open up your heart
Keep the candles burning
Let your body melt in mine
I’m living in my, living in my dreams

You’re my heart, you’re my soul
I’ll keep it shining everywhere I go
You’re my heart, you’re my soul
I’ll be holding you forever
Stay with you together

Your my heart, you’re my soul
Yeah, I’m feeling that our love will grow
You’re my heart, you’re my soul
That’s the only thing I really know

You’re my heart, you’re my soul
I’ll keep it shining everywhere I go
You’re my heart, you’re my soul
I’ll be holding you forever
Stay with you together

Your my heart, you’re my soul
Yeah, I’m feeling that our love will grow
You’re my heart, you’re my soul
That’s the only thing I really know

Lekker naweek

xxRxx

(oeeeee, dis vir my ‘n mooi song!!! Vuurwarm!)