Archive for Oktober, 2007

…the tudors…

Posted: Oktober 31, 2007 in Uncategorized

tudorsposter.jpg 

Ek is in my element … gisteraand het die langverwagte “The Tudors” op MNet begin, en ek het natuurlik alreeds 21:00 vasgenael gesit en wag vir 21:30!  Jonathan Rhys Meyers (ja, die Hugo Boss outjie) speel die rol van Henry VIII.

henryviii.jpg — Die regte Henry VIII 

Julle sal onthou ek het in een van my Engeland vertellinge ‘n stukkie geskryf oor ons besoek aan Hampton Court Palace en van prins Henry VIII en sy flambojante lewenstyl.  En dis waaroor The Tudors gaan! Die hele reeks handel oor Henry VIII se vroeë heerskappy as King of England en sy eskapades met die dames.

tudors1.jpg — Die “cast”  tudors3.jpg — Henry VIII

Alhoewel min van die tydstempels in die reeks met die datums en tydperke in die geskiedenisboeke ooreenstem en die jong Henry taamlik kattermaai tussen die dames in ‘n paar wilde “scenes” reeds in die eerste episode, het die geskiedenis van hierdie karakter (selfs na ons besoek aan Hampton Court Palace) my behoorlik beet en het ek al heelwat oplees werk daaroor gedoen! As jy meer oor die regte geskiedenis wil lees en die 1500 jou interesseer, volg hierdie link, dit was nogal ‘n interessante stukkie leeswerk … http://en.wikipedia.org/wiki/Henry_VIII.  Die regte Henry VIII het darem ook meer belangstellings gehad as net vrouens.

Ek haal aan : “Henry VIII is known to have been an avid gambler and dice player. In his youth, he excelled at sports, especially jousting, hunting, and real tennis. He was also an accomplished musician, author, and poet; his best known piece of music is Pastime with Good Company (“The Kynges Ballade”). Henry VIII was also involved in the original construction and improvement of several significant buildings, including Nonsuch Palace, King’s College Chapel, Cambridge and Westminster Abbey in London. Many of the existing buildings Henry improved were properties confiscated from Cardinal Thomas Wolsey, such as Christ Church, Oxford, Hampton Court Palace, palace of Whitehall, and Trinity College, Cambridge. He founded Christ Church Cathedral School, Oxford in 1546. 

Many significant pieces of legislation were enacted during Henry VIII’s reign. They included the several Acts which severed the Church of England from the Roman Catholic Church and established the king as the supreme head of the Church in England.”

Nou ja, daar is baie wat ek van Henry en The Tudors kan skryf, maar kyk gerus die reeks op MNet, Dinsdagaande om 21:30 en kom gesels saam. Hoop jul gaan dit net so baie geniet soos ek reeds die eerste reeks geniet het. As jy ‘n voorskou wil hê van wat in die eerste seisoen gaan gebeur, lees gerus hier http://en.wikipedia.org/wiki/List_of_The_Tudors_episodes

Advertisements

…?…

Posted: Oktober 30, 2007 in Uncategorized

huis_op_rots.jpg

…diago velázquez…

Posted: Oktober 30, 2007 in Uncategorized

Ek het my hart verloor op hierdie skildery by die National Gallery in Londen!!

the-rokeby-venus.jpg

 Hier’s so bietjie agtergrond…
Diego VELÁZQUEZ , 1599 – 1660
The Toilet of Venus (‘The Rokeby Venus’)

Date: 1647-51
Medium: Oil on canvas
Dimensions: 122.5 x 177 cm
Acquisition credit: Presented by the National Art Collections Fund, 1906

This is the only surviving example of a female nude by Velázquez. The subject was rare in Spain because it met with the disapproval of the Church.

Venus, the goddess of love, was the most beautiful of the goddesses, and was regarded as a personification of female beauty. She is shown here with her son Cupid, who holds up a mirror for her to look both at herself and at the viewer.

‘The Rokeby Venus’ is first recorded in June 1651 in the collection of the Marqués del Carpio, son of the First Minister of Spain. It was probably made for the Marqués and was presumably displayed privately, thus avoiding the censure of the Spanish Inquisition. In the Carpio collection, Velázquez’s painting was paired with a 16th-century Venetian picture of a naked nymph in a landscape seen from the front.

The painting is known as ‘The Rokeby Venus’ because it was in the Morritt Collection at Rokeby Hall in Yorkshire before its acquisition by the Gallery.

Is dit nie beeldskoon nie??

…vir jou…

Posted: Oktober 29, 2007 in Uncategorized

witblom.jpg

DIE LEWE IS KORT – – – LEEF DIT !

 

LIEFDE IS MOOI – – – VOEL DIT !

 

PROBLEME IS TYDELIK – – – AANVAAR DIT !

 

HERINNERINGE IS VIR ALTYD – – – BEWAAR DIT !

 

JY IS SPESIAAL – – – ONTHOU DIT ! ! !

 

(EN DIS OPGEDRA AAN ALMAL WAT ‘N SPESIALE ROL IN MY LEWE SPEEL!!)

…vriendinne…

Posted: Oktober 25, 2007 in Uncategorized

Jaco het mooi gevra ek moet hom tog uit sy nuuskierigheid verlos. Die foto wat ek laasweek op die blog gehad het, was actually *iets* (wat noem mens dit?) van die een of ander belangrike vliegtuig wat ons by Chatsworth-house gesien het. Ironies dat ek nou die detail vergeet, maar in elk geval, hier is die hele prentjie!

vliegtuig_ding.jpg

Het jy een van hierdie vriendinne?? Ek het…

PAP POT
Het jy ook ‘n pappot-vriendin? So ‘n lekker, rustige ou maat wat eenkant in jou lewe staan en prut? Jy weet presies wat onder haar deksel aangaan en jy maak nie die pap te dik aan nie.

RYSPOTJIE
Sy is lief vir skinder en jy vertel haar nie jou grootste geheime nie, want nes jy jou rug draai, loop sy oor.

DRUKKOKER
Sy’s die bekwame leier wat talle take op haar skouers neem en alles vinniger en beter as ander kan doen. Maar, selfs sy raak soms onder te groot druk en as sy nie dadelik afgekoel word nie, is die skade groot.

DUBBELKASTROL
Die afhanklike een wat net kan funksioneer as sy iemand onder haar het wat die stoomwerk verrig.

PAN
Sy is daardie oop, vriendelike mens: verberg niks onder ‘n deksel nie en steek ‘n lang arm uit om jou te help. Sonder haar is jou kombuis onvolledig en jou siel arm.

Ondanks skete en tekortkominge, het elkeen van jou potjies ‘n plekkie op jou rak. Jou hande jeuk om party na jou sin te skuur, maar wie sê jy lyk nie meer aangebrand as almal saam nie?

…sonneblom…

Posted: Oktober 25, 2007 in Uncategorized

sonneblom.jpg 

‘n Sonneblom kan op die ashoop staan

sonder om neer te kyk na die vuilgoed aan sy voete.

Sy kop is altyd gedraai na die warmte van die son.

…*sug*…

Posted: Oktober 22, 2007 in Uncategorized

Ai!! (*dubelle sug*)

Ag moerdertjie ma, WAAR OP AARDE KRY MENS MOOIER??

(En nou doen onse seun Jay ook solo-optredes…!)

jay1.jpg

Dis al wat ek wil sê!!

jay2.jpg