…feedback – vakansie…

Posted: April 19, 2007 in Uncategorized

Almal kla oor dieselfde ding : ‘n gejaagde lewe met te min tyd vir dinge wat jy regtig geniet.

“I don’t have time to have the nervous breakdown I deserve” – is die woorde van Julia Roberts se karakter in die rolprent Something to talk about. Jy skater van die lag, maar dink iewers in jou agterkop : “Dis mos hoe ek elke dag voel.” Die kinders moet by die skool kom, die honde soek kos, en jy moet betyds wees vir ‘n vergadering waar jy moet slim klink en goed lyk.  As dit voel asof jou lewe in ‘n miljoen stukkies gefragmenteer is waar net die spitsverkeer stadig beweeg, is daar gelukkig ook goeie nuus : Jy kan dit verander…as jy jou leefstyl en denke verander, kan jy jou van die rotresies bevry!

Uhmmmm – makliker gesê as gedoen, dit was my eerste reaksie!  Ek het lanklaas binne 10 dae so uitgerus soos hierdie jaar se paasnaweek-mini-vakansie. Miskien omdat my kop dit nodig gehad het om bietjie weg te kom van alles wat ons elke dag besighou! Of dalk was dit maar net omdat ek genoeg geslaap het vir ‘n verandering.

Hoe dit ookal sy – vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ek bietjie tyd gehad om myself te “reset”! Ek kon myself so ver kry om op ‘n rots te gaan sit en in die natuur in te staar … te LUISTER wat die wind en die see en God se skepping vir my wil sê!! Ek het ‘n paar bêre oomblikke ervaar, waar dit gevoel het My Skepper skree op my – maar ek sit daar en staar en wil nie hoor wat Hy sê nie!! Menslike hardkoppigheid miskien? As alles vir jou HOKAAI skree en jy luister nie – is dit nie omdat jy nie kan hoor nie – dis omdat jy nie WIL hoor nie!!

Die vakansie was dus vir my meer soos ‘n mini-geestelike reis as om my liggaam uit te rus. Ja, alledaagse dingetjies het ‘n trippie Jeffreysbaai, Humansdorp, St Francis Baai ensovoorts ingesluit! Maar anders as ander vakansies het ek uitgesien na die alleentydjies. Daardie middel van die nag op die stoep sit en teedrink terwyl die koue wind aan my ore kou! Die vroegoggend gaan stap met my woef of by Hammies op die rotse gaan sit as hy visvang en te sien hoe die son skaam-skaam sy strale agter die wolkies begin wys en die yskoue herfs seebriesie in te asem en te voel hoe die vars lug om jou longe vou! By tye het dit amper gevoel die natuur gee my ‘n drukkie!!

Die laaste twee dae het ek my brein ‘n ruskans gegee en myself forseer om nie te veel te dink nie en net die mense om my se geselskap te geniet. Daar was in elk geval 5 kiddies wat my aandag opgeeis het – soos julle in een van die foto’s sal sien! Probeer jy nou Egoli kyk met so ‘n crowd!

Ek het my vakansie afgesluit met ‘n kuiertjie by die Pikkewyne-rehabilitasiesentrum.  Beseerde pikkewyne wat in die streek gekry word, word daarheen geneem om gerehabiliteer te word en wanneer hul sterk genoeg is, word hulle weer vrygelaat in die see.  Die outjie met die geel kragie kom van Antarktika en hy is Elvis deur die personeel gedoop! Hy is glad nie skaam vir die kamera nie – toe hy my met kamera in die hand gewaar, het hy waggel-waggel tot reg voor my gestap en ’n pose gegooi!! Daardie sentrum, soos die meeste pikkewyn rehabilitasie-sentrums maak volkome staat op donasies, maar dis ongelooflik om te sien hoeveel liefde en moeite daarin gaan om hierdie diere weer sterk te kry vir vrylating – veral as jy in gedagte hou hoeveel fondse beskikbaar is.

Nou ja, ek is terug in die tuig en die vakansie voel amper soos daardie net-voor-jy-opstaan-drome! Intens, maar baie kort! Ek is dankbaar dat ek die rotresies vir 10 dae kon vryspring … miskien moet ek aan ’n plan begin dink om dit dalk meer “permanent” te maak … my LEWE weer terug te neem in my eie hande. As dit kon werk vir ’n week, hoekom nie vir die res van my lewe nie? “Jy kan dit verander…as jy jou leefstyl en denke verander, kan jy jou van die rotresies bevry!”

Dankie vir elkeen van julle se belangstelling, die sms’ies terwyl ek weg was en sommer net elkeen se vriendskap! Ek waardeer dit oneindig baie!!

Ek los jul met die volgende song van Lucas Maree wat my kop aan die dink gesit het oor die liefde…

DIE WEDUWEE SE KRUIK

Ons almal is maar bang dat die liefde dalk sal opraak
Dus probeer ons dit tot sterwens toe bewaak
En dan bêre jy dit veilig in die hart se diepste kluis
En hou jou naaste op ‘n afstand met jou vuis

Maar dis die goeters wat jy weggee wat jou ryk maak
En dis daarmee wat jy mense om jou raak
Want wat beteken liefde as jy dit nie gaan gebruik nie
Of ‘n blom se geur as niemand daaraan ruik nie.

Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie in sy buik

Dis eintlik so eenvoudig en tog almal mimmereer
Want die liefde het ‘n les wat baie min van ons ooit leer
Jy kan nie liefde optel, soos in boekhou, balanseer nie
Want liefdeswind se son wyk op gekeer

Pas jouself mooi op! xx R xx

Kommentaar
  1. Honey sê:

    Sjoe, wonderlik. Jy weet ook net hoe om mens weer stil te maak en laat dink ne. Ek is oneindig bly hierdie vakansie het vir jou so baie op so verskeindenheid maniere beteken.

    Lekker dag verder

    xxmwahxx

  2. lanaba sê:

    Ek het jou blog baie geniet…..dit laat n mens n bietjie dink.

    Lekke dag

    troedels
    xxxxx

  3. Louisa sê:

    Dit klink asof jy dit baie geniet het, en nodig gehad het.🙂
    Die fotos is pragtig!

  4. Stunning, jaloers-word foto’s!

  5. Ohnie sê:

    Hello Rene,

    Ek is mal oor jou blog vandag. Daardie foto van jou ouma en oupa is pragtig. Die foto’s vat die koek. Ek het altyd gedink jys ‘n mooi mens en het nou self gesien jy is!!!!!

    Wa jou nuwe e-pos adres kry nie foto’s deur na jou toe nie. Laat weet asseblief.

    Lovies
    Offie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s