…ek kan probeer…

Posted: April 23, 2007 in Uncategorized

tafelberg.jpg

Hierdie foto laat my verlang na my eie Stad! Mooi bly darem mooi!

Ek herstel nog van gisteraand se Carte Blanche!  Die insetsel van die Cullinan-sorgsentrum het my hart diep geraak! Jy kan die volledige storie hier gaan lees —> http://www.carteblanche.co.za/Display/Display.asp?Id=3296. Al wat ek kon doen, was om my kop in skaamte te sak omdat ek ALWEER, NIKS daaraan doen nie!

Ons sit elke dag voor die TV – kyk die nuus – lees die koerante – sien hoe mense daagliks seerkry – hoe kinders mishandel en vermoor word, hoe armes swaarkry en nou nog hoe gestremdes ook mishandel word! Ek wil vir my ‘n donker hoekie iewers kry en daarin kan gaan wegkruip want ek kan dit nie meer aanskou nie! En dis juis waaroor ek my kop in skaamte sak, want ten spyte daarvan dat ek al hierdie dinge sien wat my hart elke dag in miljoen stukkies skeur, doen ek NIKS van my kant af om dit beter te maak nie!!

Ek deel gisteraand hierdie gevoel van frustrasie in my hart met ‘n baie goeie vriend en hy sms vir my terug — “Jy kan nie die wêreld alleen verander nie”! Hy is reg – ek kan nie – “but at least I can try!!”

As jy voorstelle het – laat weet my ‘seblief! Ek moet begin probeer!!!

Lekker week

René xx

Kommentaar
  1. Da Mario sê:

    Jip! Vergeet jou vriend se raad!! Dis BAIE beter om eerder iets te wil doen!! Voorspoed, ek WEET jy kan ‘n verskil maak!🙂

  2. Hy het tog iets beet Da Mario – solank hy net nie dink hy is ALTYD reg nie – ek hou hom op sy tone!🙂

  3. Louisa sê:

    Gisteraand se carte Blanche was besonders ontstellend. Tussen die staat(tronk storie en die Cullinan storie) en die hondekos gee dit jou nogal baie om oor te dink.
    Ek smag na ‘n bietjie goeie nuus vir ‘n verandering…

  4. Meeste van ons maak ‘n verskil, al bly ons salig onbewus daarvan.

  5. Dis baie waar boertjie … jy is ‘n sprekende voorbeeld daarvan!

  6. Thanks! Nou is ek nie meer salig onbewus daarvan nie.

  7. hehehe, jou saligheid het sopas by die agterdeur uitgeloop!!!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s