…nuwe dinge…

Posted: November 29, 2007 in Uncategorized

Hierdie is my nuwe baby wat ek so twee weke terug gekoop het! Al is sy nie nuut uit die box nie en het sy al ‘n paar kilometers in haar lewe gedraf, ry sy soos ‘n droom en doen sy die image goed… (hehe) Sy is ‘n beauty… !

pajero.jpg 

Ek is nie ‘n gebore Swartlander nie en die hele koringstropery is vir my meer van ‘n ergenis as ‘n plesier! Ek noem dit Swartlandsiekte – dokters noem dit hooikoors of sinusitis. (Ek vermoed die woord “hooi”-koors het sy ontstaan in die Swartland gehad.) Nietemin, nadat ek alreeds 10 jaar in die Swartland woon, kon ek myself gister vir die eerste keer oortuig om die “stroper-ry-ding” te doen. Een van ons bestuurders by Meganisasie het met ‘n stropende boer gereël dat ek en ‘n paar van my kollegas die stropery kan meemaak! En dit was heeltemal anders as wat ek verwag het.

stroper.jpg

Eerstens is dit nie sommer net enige ou wat so ‘n stroper kan ry nie! Jy moet jou storie ken en al die kontoere en gate en dinge in gedagte hou – en al is die kajuit en graanbak altyd waterpas, kan daardie groot masjien nogal teen heelwat skuinstes beweeg! Nogal ‘n scary gedagte, maar nie so vreesaanjaend soos wat dit klink nie!  Dan moet jy ook natuurlik die ses of sewe ander stropers in gedagte hou wat dieselfde kamp as jy oes sodat daar nie ‘n ongewensde ongeluk ontstaan nie.  En derdens moet jy BAIE geduld en uithouvermoë hê – want dis nie ‘n 8 – 5 job nie! Jy begin soggens net na die son sy kop uitgesteek het, ry heeldag teen die spoed van 6.5km/h op en af in ongelyke koringlande, kry nie juis baie teebreuke nie en val party aande eers 23:00 uit. As die weer reg is en die koring is ryp, moet ALS so gou as moontlik ge-oes word.

 stroper3.jpg    stroper2.jpg

Natuurlik is daar ook die “odd” natuurwese wat sy kop uitsteek. Daar gaan heelwat slange deur daardie stroperlemme, maar hulle eindig gelukkig nie tussen die koringkorrels op nie, hul word weer agter die masjien saam met die hooi uitgespoeg! Ek is dankbaar ons het nie een van daai geles teëgekom nie!

Ek en my vriendin het na die tyd besluit ons sal nie hierdie stroper ding kan doen nie – ons sal heeltemal te veel peusel. Dis al wat jy kan doen om jou besig te hou sonder dat jou aandag afgetrek word van die stropery! 

Alles in ag geneem is dit darem nie te ‘n slegte job nie – die kajuite van die stropers is baie dig geseël, so daar is geen koringstoffie of veseltjie wat jou neus kielie nie – en die kajuit is ook toegerus met ‘n aircon!   Al wat ek reken kort in die stroper, is ‘n radio, ek sou nie die stilte oorleef nie. Al wanneer die koringstof bietjie lastig is, is as jy uit die stroper klim en onder die wind staan! Dan is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. En dis waar my hooikoors vandaan kom vandag!!

So as jy oor ‘n week of ‘n maand dalk weer ‘n volkoringbroodjie of graankosse eet, kyk en dink mooi daaroor, dit kan dalk die koringkorrel wees wat EK gestroop het!:mrgreen:

Kommentaar
  1. Da Mario sê:

    Nice Pajero, kan jou net met ‘n donkerbril agter die stuur imagine. Arme ouens wat jy mee flirt in die verkeer! En ek dog die stroper is groot? Daai ene is mos nou nie so massive nie…😈

  2. kaalvoetkind sê:

    OMW!! Is jy 100% seker daar eindig nie nog stukkies slang saam met die koringkorrels op nie?? 😉

    Geluk ook met jou nuwe “baby”! Het sy ‘n naam?

  3. René sê:

    Da Mario – wie ek? Flirt? Neveeeeerrrr!!😉 En kyk WEER na die stroper, sien jy die klein mannetjie met die groen oorpak in die kajuit – daai ou is groter as ek! En weet jy watter issue is dit om op daai ding te klim!!?

    Kaalvoetkind – sy het nog nie ‘n amptelike naam nie – ek noem haar sommer net my baby!

  4. Jaco sê:

    Vat daai Pajero onmiddelik terug na die handelaar toe, en dring daarop aan dat hulle die res ook vir jou gee! LOL

    Oulike “mouster” Ek hoop sy gee jou jare se plesier.

  5. René sê:

    Jaco, het jy vergeet van die vet-fee??

    Plaas julle sê dis mooi foto’s – dis met my selfoon geneem nogal!!! (Behalwe die Pajero se foto is bietjie swak – dit was in Night mode! – ini aand!):mrgreen:

  6. René sê:

    Boertjie – dankie!!! /me maak ‘n koreaanse buiging/

  7. Jaco sê:

    Baie mooi foto’s René. As ek nou nog net van die oorgewig feetjie kan ontslae raak wat hier om my kop zoem . . .

  8. mykopop sê:

    Lekker ryding! Hoe kry julle dit reg om so min goed in die garage te hê? (O, dis seker dieselfde as die lessenaarregpakgier!)

    Ja, ek sal dink dit kan die koringkorrel wees wat jy gestroop het, maar ook dat daar dalk bietjie slangbloed by is!

  9. Roer sê:

    Ek hou BAIE van jou ‘baba’. Geniet!

  10. Da Mario sê:

    Mykopop…
    Actually laat dit my wonder hoe lyk daai dele van die Garage wat sy nie afgeneem het nie…
    Of jy is reg en haar man het net so regpakgier soos sy!😆

  11. René sê:

    Whahaha @ MKOB en Da Mario – dis net ‘n 1/4 van die motorhuis wat julle kan sien, aan MY kant LET WEL!!! Julle WIL NIE sy 3/4 sien nie!!😈

  12. mykopop sê:

    Mooi inskrywing René. Ek het spesiaal teruggekom om hom te blik!

  13. mykopop sê:

    Toe maar René, ek hoef hom nie te sien nie, ek kan maar net na myne gaan kyk. Volgende jaar gaan ek ‘n Wendy-house kry!

  14. René sê:

    Mykopop … hy HET ‘n wendy huisie en ‘n kelder! Hy is die opgaarder van ons twee, help nie ek moan nie – dan raak die opgaar net erger. Ek lewe en laat lewe nou maar – solank ek nie met die opgaar in die huis hoef te sit nie – gee ek nie om nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s