Archive for November 12, 2007

…kommin…

Posted: November 12, 2007 in Uncategorized

Ek kry vanoggend onder andere hierdie foto in my inbox met die onderwerp wat lees “Brakpan wedding of the year”.

Na aanleiding van die “kommin” onderwerp wat laasweek op ‘n paar blogs (o/a Johann Swarts se blOg) bespreek is, het ek ‘n vragie…

brakpan2.jpg 

Is hierdie mense “kommin” – of is dit doodeenvoudig net armoedige mense wat geen smaak het (volgens my/jou) nie?

Ek wil nie veel meer oor die foto of die mense sê nie.  Dit maak my net skaam dat mense hierdie tipe foto’s rondstuur tussen mekaar en ‘n vreeslike lagsessie daaroor hou! Ek kry die armsalige mense uit my hart jammer, want hulle is happy, hulle het mekaar en is getroud en heel waarskynlik baie verlief, maar iewers is daar iemand (en beslis meer as een iemand) wat van hul ‘n bespotting sal maak. 

Wie is ons om te oordeel na aanleiding van voorkoms en smaak van kleredrag of waar hul woon?

Is hulle kommin – of is ons bevooroordeeld?

(OK, dit was meer as een vraag…!)