…goeie nuus…

Posted: November 26, 2007 in Uncategorized

baba1.jpg 

Liewe woestyn-vriend…

Iewers is daar ‘n stemmetjie in my wat sê jy het my tog vergeet, al sê jou woorde anders.

Ek hoor toevallig laasweek by iemand dat jy en jou vrou jul eersteling verwag! Ek was geskok, maar baie bly … en ek was kwaad! Hoekom moet ek dit by iemand anders hoor? Jy wat altyd al jou opgewondenheid, jou prestasies, jou lewenskennis, jou drome en ideale met my deel, maar hierdie blye nuus, word van my weggehou!

Ek is so opgewonde vir julle … elke kindjie wat in die lewe gebring word, is vir my die grootste wonderwerk, al is dit nie my eie nie!  Ek sou nogsteeds saam met jul opgewonde geraak het oor die baba, en nie eers gedink het daaraan dat ek en manlief nog so bietjie moet wag voor ons ook met so ‘n groot verantwoordelikheid en geskenk geseën word nie!

Ek het vir jou ‘n kort briefie daaroor geskryf, oor hoe jou stilswye my laat voel het. Jy ken my behoeftes en jy weet hoe graag ek ‘n baba wil hê, daarom het jy niks gesê nie! Ek kan nie jou sensitiewe siel blameer nie – ek kan nie kwaad wees vir jou nie – jy het goed bedoel!

Dit neem egter nie hierdie geknibbel aan my hart weg nie! Ek wonder nogsteeds!!

Kommentaar
  1. skoenlapr sê:

    Ai materki! Ek kan my indink dat dit moes seer wees. Sterk wees. Geduldig wees.

  2. Jaco sê:

    Ons (dit is nou ek en Krista, NIE ek en die stemme in my kop nie) verstaan hoe dit voel om te wag en te hoop vir ‘n wonderwerk wat dalk nie gaan gebeur nie.

    Dit beteken nie dat ons nie wil hoor van ander met wie die wonderwerk wel gebeur nie.

    Sterkte mater, en moet maar nie te hard oordeel nie. Dit was in alle waarskynlikheid goed bedoel.

  3. Da Mario sê:

    Dis vreemd hoe daardie stemmetjies aan mens knaag nie waar nie? Al se die woorde soms iets anders.
    Ek is egter seker sy intensies was nie sleg nie.

    Dink aan jou!

  4. René sê:

    Thanx julle, ek weet sy intensies was nie sleg nie en ek is ook glad nie kwaad vir hom daaroor nie – dit sal seker maar net ‘n dag of twee vat om daaroor te kom! Blogging help nogal! Gratis terapie!!

  5. Mooi geskryf. Ek kan identifiseer met jou gevoelens.

  6. Jaco sê:

    Jy is getag! Gaan lees op ons blog wat om te doen, en doen die regte ding!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s