…Tag…

Posted: November 27, 2007 in Uncategorized

vet_feetjie.jpg 

Ek is ge”tag” deur Wosonki!! Dit beteken dat ek 8 feite oor myself moet publiseer wat die ander blog-maters moontlik nie geweet het nie, en terselfdertyd moet jy weer ‘n paar niksvermoedende slagoffers uitsoek en tag! Hoe kan ek dan nou nie saamspeel nie? Ek sal jou terugkry Jaco!! Elke hond kry sy dag … (hierdie is ‘n baie moeilike lysie!)

Hier gaat ons…

1. (niggie, jy mag nie glo wat jy hier lees of dit aan my ma vertel nie) Ek is ‘n miskien-twee-keer-‘n-jaar-geleentheidsroker! Ek wat so maklik sê rook stink en ek lek eerder ‘n asbak uit voor ek iemand soen wat rook – EK, JA EKKE, rook ook partykeer as die geleentheid hom voordoen. Vandat ons egter probeer swanger raak, is die rookgewoonte summier gestaak!

2. Ek koop graag leesboeke en tydskrifte met die goeie voorneme om als te lees … en doen dit dan eers ‘n jaar (of twee) later!

3. Ek swem nie sommer in die see nie! Die sand in my swemklere gril my verskriklik!!

4. In die kleuterskool het ek my beste maatjie gevloek en met ‘n blompot gegooi, en toe vir die juffrou gesê dit was hy wat my eerste gevloek en geslaan het (witleuentjie)! Hy het die pakslae van sy lewe met ‘n vere-stowwer gekry! Ek dink nie hy het my al ooit vergewe nie!!

5. Ek is DOODBANG vir kakkerlakke!! Nie vir muise, slange of enige ander goggas nie -maar ek het ‘n fobie vir ‘n kakkerlak!

6. Ek was nog NOOIT in die woestyn nie (al is my blog se naam Woestynsand tussen my tone)

7. Ek het my hele skoolloopbaan ‘n crush op ‘n outjie in my klas gehad, maar hy het dit nooit geweet nie! Hy was een van die “in” outjies, en ek heeltemal te koekerig vir hom!! Wonder wat hy vandag met daai info sou maak! (LOL!)

8. Ek het ‘n obsessie met netheid – ek pak my lessenaar by die werk 20 keer ‘n dag reg! Als moet op sy plek en in lyn met iets wees! By die huis moet alle vertrekke ten alle tye netjies wees. Dit wat rondstaan moet gebêre word en skottelgoed moet skoon wees. As ons vakansie gaan hou, moet my tasse onmiddelik uitgepak word en als op die regte plekke staan en georganiseer wees sodat ek gemaklik kan wees en tuis kan voel in my omgewing! Ek sal nie myself as ‘n pyn-in-die-g…t label nie – ek reken ek kan organise sonder dat ek mense irriteer! As my omgewing deurmekaar is, is my kop ook deurmekaar en voel ek verbouereerd!  (Ek werk daaraan om bietjie te relax, want ek weet met kinders gaan my huis altyd in chaos gedompel wees!)

Indien van julle alreeds ge”tag” is – ignoreer my “tag”! Maar die wat nie is nie – doen die regte ding! Ek “tag” vir Da Mario, Boer in Ballingskap, Eben, Jo-Ann, George Maru en Kobus Coetzee!!

Kommentaar
  1. Dellie sê:

    Nou begin hierdie speletjie lekker raak!

    Ek stem saam met nommer 3, ek kan ook nie daai sand in my swemklere verdra nie.

    Wat nommer 8 betref – ek dink jy sal ‘n hartaanval kry as jy my lessenaar moet sien!😆

  2. Da Mario sê:

    O NEE… net nie rook nie… Rene…. hoe kan jy???😆
    Baie oulik girl!! Ek het geniet. En swem in die see, dis lekker om julle te help om uit daai swemklere te kom wat julle so irreteer…😉

  3. Kobus Coetzee sê:

    Freaking “tags”…
    (Da Mario en Jaco en ‘n hele paar ander het my convince om saam te speel!)

    Ek’s veronderstel om danksy Jaco en Da Mario 8 dinge hier te skryf wat julle in alle waarskynlikheid nie van my weet nie, en wat ek nie omgee om te deel nie. Ek maak dit toe maar 15!

    1.) Ek het nog net twee ernstige verhoudings in my lewe gehad, en albei het taamlik stormagtig geiendig. Albei was pragtig (van binne en buite), en albei het my beskuldig dat ek ‘ work-o-holic” is (Hmmm – ek verskil natuurlik heeltemal van hulle opninies…);

    2.) Ek het ‘n doodse vrees vir slange (om een op TV te sien is genoeg om my nagmerries te laat kry), Roman Spinnekoppe en Rotte.

    3.) Ek het al ‘n spoedboete van R3000 gekry in KZN nadat ek na bewering 181km/h in ‘n 120km/h gery het. Ek dink hulle het vir my gelieg;

    4.) Tot my skande het ek eenmaal die voorblad van Volksblad gehaal, nadat ek ‘n klein verskilletjie met ‘n sakevrou van Welkom gehad het, in die openbaar. Dis was my taalgebruik wat die koerant interesseer het (ek kan steeds nie onthou wat ek vir haar geskree het nie);

    5.) Ek was ‘n groot golfspeler to my pa nog gelewe het, met ‘n voorgee van net 4! Dis was so 10 jaar terug, en het sedert sy dood, nog nooit weer golf gespeel nie;

    6.) Ek hou nie van “small talk” nie, en maak myself gewoonlik vinnig uit die voete;

    7.) Ek dink “Power Within” is een van die beste boeke ooit.

    8.) Ek kan glad nie sing nie, sal Karaoke nie eers oorweeg nie, en is lui vir lees. Ek lees wel graag Biografiee, maar nooit ‘n storieboek nie – dit verveel my moerse. Behalwe biographies lees en shampoo bottel labels. Het julle al gesien mens moet volgens die vervaardigers jou hare drie keer was elke keer? Seker dat jy meer shampoo gebruik?;

    9.) Ek drink glad niks behalwe rooiwyn en whiskey nie (omdat ek op varsity 9 dae siek was van brandewyn en straw rum wat seniors my keel af forseer het!), en die reuk van drank maak my naar! Studente kon nie Whiskey bekostig nie, en dus was ek nooit siek van dit nie.

    10.) Ek haat dit om op seesand te le!

    11.) Ek eet niks wat familie van kool is nie (spinasie, brussel sprouts, blomkool, brocolli);

    12.) My favourite sit-com van lle tye was 3rd Rock from the Sun met Dick en Sally Solomon!

    13.) My favourite kos is Pizza en Pasta (en sal graag op dit wil lewe!)
    14.) Ek het nog nooit iets geslag om te eet nie. Gross! Ek sal nie eers ‘n vis kan slag nie!

    15.) Laaste maar nie die minste nie: ek het twee keer ‘n aanranding saak teen my gehad, waarin ek onskuldig bevind was…

    Hehe.

    Groete.

  4. Jaco sê:

    Kom ek maak jou ‘n aanbod wat jy nie kan van die hand wys nie. As jy belowe dat daai vet fee wat jy gestuur het my nie te erg sal seer te maak oor die tag besigheid nie, dan sal ek belowe om niks vir jou ma te vertel oor die rokery nie.

    Deal?

  5. Marina sê:

    Rene!’n Maatjie gevloek en met ‘n blompot gegooi?? LOL

  6. René sê:

    Da Mario – tipies! *pffffft*🙄

    Jaco – dis ‘n deal!!:mrgreen:

    Marina – dit was in my dark and difficult days – en hy het REGTIG gesoek daarvoor! Hy het onder my rok ingeloer!!😳

  7. Rene, maak ‘n plan om die kalahari te besoek!

  8. René sê:

    As ek ‘n punt 9 kon byvoeg, sou ek kon sê ek is nog ‘n “virgin”! Maar wie sal my glo???😈

  9. sonkind sê:

    Rene, toe ek jou no 8 lees, het ek sommer verlig gevoel. Ek het gedink ek is die enigste mens wat so ‘n obsessie het om heel eerste alles uit te pak en my omgewing reg te kry rondom my as ek met vakansie gaan.

  10. mykopop sê:

    Wil jy nie my lessenaar ook kom regpak nie!?

  11. Da Mario sê:

    (8)
    LOL… Jy’s ‘n te oulike girl vir dit om die waarheid te wees vir al baie baie lank!😆

  12. “…Nie vir muise, slange of enige ander goggas nie -maar ek het ‘n fobie vir ‘n kakkerlak!…”

    Sien jy ‘n slang as ‘n gogga? Die enigste slang vir wie ek nie $%## bang is nie, is my eie…

  13. René sê:

    Louw de Twak – ek sien darem nie ‘n slang as ‘n gogga nie, dalk moet ek net “rephrase” – “Nie vir muis, slange of goggas nie”! Beter?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s