…emosionele intelligensie…

Posted: November 27, 2007 in Uncategorized

 puzzle.jpg

Het jy al van Emosionele Intelligensie gehoor?

Ek ook nie – maar ek het my sopas ingeskryf vir ‘n Emosionele Intelligensie (vir juniors) kursus wat ons maatskappy volgende jaar gaan aanbied.   Aanvanklik het ek gedink as jy emosioneel is en jy is intelligent, dan is jy emosioneel intelligent! Hehehe, toe nou nie! Ek kom ook agter so tussen die lyne deur in my werk dat hierdie emosionele intelligent-faktor ‘n baie belangrike vereiste by Senior aanstellings is. Weet nie of dit net by ons maatskappy is nie – dalk is dit die nuwe “trend”? 

Ek het so bietjie deur die “Alles-in-een-werkboek-vir-optimale-persoonlike-groei” geblaai en op die volgende afgekom!

Wat is emosionele intelligensie nou eintlik?

Dit is ‘n tipe persoonlike en sosiale intelligensie wat die volgende behels:

  • die vermoë om jou eie gevoelens en dié van ander waar te neem, te herken, te verstaan en daarop te reageer (emosionele bewussyn);
  • om tussen verskillende gevoelens te onderskei en dit te kan benoem (emosionele geletterdheid);
  • die vermoë om jou gevoelens toepaslik te kan uitspreek en te kan beheer (emosionele beheer);
  • om na ander te kan luister, empatie met hull te hê en om sinvol te kommunikeer in terme van emosies en denke; en
  • om die inligting te gebruik om jou denke en optrede so te rig dat jy sinvol, gemotiveerd en doelgerig kan lewe (verstaan die verband tussen gevoelens, denke en gedrag)

En wat is die voordele van emosionele bedrewendheid?

  • Jy verkry emosionele selfbewussyn wat daartoe lei dat jy jou emosies kan herken;  jy ken ook die oorsake van en verskil tussen gevoelens en optrede.
  • Dit is vir jou moontlik om ‘n balans tussen die uitspreek en beheer van gevoelens te handhaaf.
  • Daar is ‘n balans tussen jou denke en gevoelens.
  • Jy besef dat jy verantwoordelik vir jou eie gevoelens is.
  • Jy het empatie met die gevoelens van ander en kan dit verstaan.
  • Verbeterde kommunikasie en sosiale vaardighede lei tot gesonder verhoudings met ander persone
  • Jy beskik oor vaardighede om jouself te handhaaf en voorsiening te maak vir die bevrediging van jou eie behoeftes sonder om die regte van jou medemens nadelig te raak.
  • Dit is vir jou moontlik om doelwitte te stel wat jou lewe interessanter en meer doelgerig sal maak.
  • Emosionele bagasie kan agtergelaat word terwyl die toename in energie die nuwe JY in staat stel om nuwe ideale na te streef.

(Uit die Boek : Emosionele Intelligensie deur Drs Ronél le Roux en Rina de Klerk)

Blaas my om met ‘n klein wit veertjie – net die inleiding tot hierdie werkboek het my alreeds slimmer gemaak.  Die mini-me-sielkundige in my floreer op kursusse soos hierdie! “So watch out world” van volgende jaar af kyk ek julle fyn uit!! (LOL!)

Op ‘n skaal van 1 – 10, hoe emosioneel intelligent sien jy jouself?

Kommentaar
  1. René sê:

    Boertjie, jy onderskat jouself heeltemal!!🙂

  2. skoenlapr sê:

    Dit lyk geweldig interessant Rene!! Dis iets wat hierdie emosionele, intelligente skoenlapr nodig het! hehe

  3. Jaco sê:

    Die wat se goed???? Toe emosies uitgedeel was het ek in die kosry gestaan. Teen die tyd toe ek uiteindelik by emosies uitkom, was daar net bemoerdgeit oor, toe vat ek maar alles!

  4. skoenlapr sê:

    LOL@Jaco!!

    nee wat jaco, ek was heel voor in die ry toe dit uitgedeel is … myne was sommer so in ‘n bondel in my hand gestop (want hulle was short-staffed) en toe moes ek dit self uitsorteer … LOL

  5. sonstudio sê:

    Ek sou bitter graag ‘n paar van my ex-base op hierdie kursus wou stuur!!!

  6. Marina sê:

    Dit lyk baie interesant! Ek kan ook erg emosioneel raak en ander mense se emosies raaksien,maar ek weet nie altyd hoe om daarop te reageer en hoe om dit te hanteer nie. Ek dink jy gaan baat vind met so ‘n kursus. Hou ons op datum daarmee.

  7. Jasper sê:

    Is daar so boek wat deur mans geskryf is sodat ek ook kan verstaan!? :confused:

    Tel logiese intteligensie dalk nog punte……

  8. skoorblok sê:

    Skoorlief is ‘n kenner op die gebied. Het ook laasjaar kursusse aangebied daarin.

    Wee’ jy hoe voel dit as hulle dit uitvind en begin uittoets en compare op die naaste mens aan hulle!
    😉

  9. ‘n Rukkie gelede was ek te ordentlik om vir Ding nee te sê – gevolglik het ek die twyfelagtige voorreg ontvang om twee van sy boeke te lees. Die een is Daniel Goleman se Emotional Intelligence (1995) [ding reken die man is die vader van die konsep]. Die ander een is Stephanie Vermeulen se Emotional Intelligence for everyone (1999). Ek het lg, wat ek nou die rooiboekie noem, al voos gevat – die vrou lyk yyyummie (daar is ‘n foto van haar op die agteromslag!).

    So, Jasper, hehe, darem is daar die boek van Daniel Goleman, sou jy belangstel.

    Dankie, René, ek mag dit dalk nou net ernstig oorweeg om meer met Ding se boek te doen as net vat!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s