Archive for September 19, 2008

…my kinders…

Posted: September 19, 2008 in Uncategorized

Ek wil darem net AMPTELIK Niggie se baba aan die wêreld bekendstel en verwelkom…

Op 2 September 2008 is hierdie pragtige seuntjie gebore … André’tjie – welkom in ons wêreld kleinding … ons kan sommer nou al sien jy gaan ons nog lekker om die pinkie draai!! Tannie Né lief jou al klaar hopeloos te veel. Aan Niggie en Arno – baie geluk met jul seuntjie, hy is pragtig en julle is die dierbaarste ouers!! Ouma Mimi, Oupa Charl en Ouma Marlene – geniet die bederf van die eerste kleinkind!!

Kan mens nie net die gesiggie hieronder opvreet nie? My ander kind … Kian… hier alreeds ‘n volle 6 maande oud en nou alreeds twee tandjies ryker!

Geniet die naweek!!

Advertisements