…digkuns van ouds…

Posted: Augustus 19, 2008 in Uncategorized

Wat het van Afrikaanse digkuns geword? Daardie digkuns waarmee ons ouers en voorouers grootgeword het? Ek vang soms my skoonpa dat hy nog aanhaal uit hierdie gedigte, en dis vir my só ONTSETTEND mooi!

Ek loop nou die dag op Williston ‘n juweelboek raak … Afrikaanse Verse (5de Uitgawe/1942 deur DF Malherbe) … en hierdie pragtige gedig van CM van der Heever (Die Nuwe Boord), vang my oog.

EK BOU DIE PALEIS VAN DIE LEWE

Ek bou die paleis van die lewe
met my kragte deur arbeid gewin,
maar dis of ek huiwerend bewe
as ek telkens weer oorbegin.

So dood-sekuur lyk my die lyne
waarlangs ek my stene moet bou
maar later teleurstellingspyne:
waar is my verwagtinge nou?

En telkens kry ek ‘n spoortjie
en glo: ja, nou is ek reg,
maar soos in ‘n dorre ou voortjie
sink die water van vrugbaarheid weg.

Gedurig weer ‘n gedagte:
ja, eind’lik, nou het ek hom,
maar later verslap weer die kragte;
sal ek ooit by my einddoel kom?

Sal ek maar met sidd’rende hande
nog boustene bring en dan sug:
al tas ek verward langs die wande,
miskien sien ek eenmaal die Lig?

Ek bou die paleis van die lewe,
ek begin weer van voorafaan;
dalk sal op die end van my strewe
net lewensmurasies daar staan.

(Foto: René Boshoff) :mrgreen:

Kommentaar
  1. Dit is flippen stunning! Ek wonder ook soms waar al hierdie digkuns heen verdwyn het…Daar is vandag nog mooi goed, maar dis net nie deiselfde nie ne?

  2. René sê:

    Dis soos jy sê Kaalvoet, dis maar net nie dieselfde nie!! Dit voel vir my die “oumense” het met soveel deugde geleef! Soveel respek en liefde vir mekaar en hulself! Ek wonder of dit is omdat ons so bederf is met als wat ons het, dat ons nie meer die waarde van die klein dingetjies om ons besef nie?

  3. Ek weet nie jong. Maar mense ky die klein goedjies heeltemal mis en sien net die groot en blink goed raak. Ek is mal oor die klein dingetjies in die lewe, want ek reken as jy dit alles bymekaar tel sal dit veel meer as die groot goed wees.

  4. René sê:

    Niks op aarde het vir my meer waarde
    as dit wat ander
    as vanselfsprekend aanvaar nie!!

  5. Verseker en dit kos niks!

  6. demoerin sê:

    Nie net mooi digkuns nie, maar ook ‘n uitstekende lewensles!

  7. Mooi woorde en pragtige foto. Waar het jy die foto gekiek?

  8. Jaco sê:

    Wil ek ook mos weet? Waar is die foto geneem, want dit (die foto en die onderwerp) is darem self kuns.

  9. eilandkind sê:

    Baie mooi

  10. netjane sê:

    Ek wonder wat leer die kinders deesdae in die skool?

    Mooi foto!

  11. René sê:

    Hei julle! Skuus dat ek nou eers antwoord! Manlief het gister verjaar en ek moes so bietjie gaan bederf gistermiddag!

    Terug by die foto – die foto is geneem by Hampton Court in Londen, TOEVALLIG een van Koning Henry VIII (van The Tudors) se kastele!! Julle sal seker dink ek is mal – maar ek sweer ek kon die koning en sy minnaresse in daardie tonnel sien stap en hul HOOR gesels en giggel!

    Spooky, ek weet – maar ek het ‘n goeie verbeelding…!!

  12. demoerin sê:

    😆 Wou seg ek erken die spot! Hoor gesels en giggel sê jy, ek het my verbeel ek sien net rollende koppe deur daai tonneltjie!

  13. harrylouw sê:

    Wat kan mens bylas sonder om dit banaal te maak? Uitstekend!

  14. harrylouw sê:

    Julle sal nogal verbaas wees o te sien hoeveel digbundels le in de handse bokwinkles rond. Ek het Langenhoven se versamelde werke sien staan. Is te bang om te vra wat dit kos….

  15. René sê:

    Lol @ demoerin – ja nee kyk, teen die tempo wat ou Henry die koppe laat waai het, kan mens dit ook nogal imagine! Ek kan nie besluit of hy vinniger deur vroumense as deur onthowings gegaan het nie!!😆

    Nee flippit harrylouw – en jy stap verby??? I don’t believe it! As jy nou hier voor my gestaan het het ek jou 6-0 onder jou G.A.T. geskop!! Hehehe:mrgreen:

    Thanx vir die inloer en welkom op my blog! Kom kuier gerus weer!

  16. Dit is ‘n mooi stuk.
    Poësie is nie konstant nie, maar daar is nogsteeds vorm en struktuur wat gevolg moet word. Baie van die poësie vandag is los en dus het nie meer die passie en toewyding van ouds nie.

    Daar is wel ‘n paar plekke waar poësie leef in alle vorme van die goeie skrywers tot die wat nog hulle voete moet vind. Een van die pleke is Woes.co.za.

  17. Skoor sê:

    CM vd Heever was mos een swaaaar skrywer/digter. Ek het eenkeer, lang jare terug, een van sy boeke gelees, waarvan die naam my nou ontgaan het, wat so sad geeindig het, dat ek meer oor die man loop soek het, en toe gesien het dit was maar sy trant van dinge doen.

    Daarom loop ek maar draaie om sy werke, ek soek bietjie lag in die sombere lewe.

    Ek is net spyt die Groot Afrikaanse Verseboek is nie in 4 dele uitgegee nie. Dit is hectic om met daai reuse bundel te sit en gedigte lees. Ongemak op sy beste. Al sit jy voor ‘n kaggel!
    🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s