…what’s happening…

Posted: Augustus 14, 2008 in Uncategorized

GROOOTTE GRIET!!! Ek sien nou eers ek het langer as ‘n week laas geblog…

Die blog-wêreld is op sy kop gedraai! Almal is so besig met hul eie dinge dat blogging op ‘n paar plekke eers in die agtergrond geskuif word. Is dit agv die brandstofpryse of die rentekoerse dat mense skielik so besig is om te stoei om ‘n paar ekstra $$$$$ te maak dat die onwinsgewende dingetjies vir eers maar moet terugstaan?

Ek is hartseer oor my mater Da Mario wat ophou blog!!😥 Ek het empatie en simpatie met vriendin NetJane wat sukkel om gewoond te raak aan Suid Afrika, wie se ma by haar kuier en die troue wat oor net ‘n paar wekies is – en sy het nog nie ‘n vliegtuigkaartjie vir haar en Liefie na die troue geboek nie! (EISH!!!),

Soldier is elke dag op ‘n ander mission opsoek na sy miljoene, GertGariep was lank missing in action, maar ek sien hy is darem weer op ‘n trip down memorylane met sy hoendertjies (♪♫’n hoender wat nie kekkel nie se eiers is nie lekker nie ahoelalala, ahoelalala!!♪♫)…! Niemand weet wat van Idiwidi/Die Wit Draak geword het nie (ek mis haar verskriklik baie)! Duskant is besig om sy baadjie te verander (hou daai spasie dop!!) Boertjie se muse is nog soek en hy hou dan maar solank Winter in somertyd, ek het amper verdwaal oppad na Johan Swarts toe… Oopkop slaat die spyker op die kop (ek mis ook soms nog die “ou dae” en Stoffeltjie maak sy opwagting oor net drie maande, Wosonki herdefinieer nog (dink aan julle dag en nag Narrie en Krista!), Jassie soek nog vastrapplek in SA, Kruidjie-roer-darem-nog, sonder ‘n bang haar op haar kop, Jo-Ann soek nog die 25ste uur! (laat weet my as jy hom kry JO!), Demoerin wys vir ons hoe die nuwe Nasionale voël lyk (WTH??), Frankie Boy kan NOGSTEEDS nie sy mind opmaak nie (of het hy al?) en Plattie, nou ja, sy is nog plattie! (And don’t we just love her?) … en so kan ek aangaan en aangaan en aangaan want daar is nog BAIE blogs wat ek gereeld besoek – maar ek wil nie vriend Demoerin se weeklikse hoogtepunte vooruitloop nie!!

Dan wonder julle seker wat in die Woestynsand aangaan?

Ek hol rond -soos ‘n afkophoender!

Ek weet in watter rigting!

Ek raak net bietjie gefrustreerd as ek nie GOU genoeg daar kan uitkom nie!

Einde van die jaar bedank ek AMPTELIK by my huidige werk! Ek gaan so bietjie die leisels vasvat by manlief se besigheid, en dan het ek ‘n paar ander projekkies waaraan ek ook al tussendeur begin werk het en ek kan nie wag om te sien hoe dit ontwikkel nie!! (hou hierdie spasie dop!)

Ek gaan nie ophou blog nie!!!!

Ons is nog nie swanger nie! (maar oefen is lekker…)😉

Woef Jack gaan weer Pa word (en ek Ouma for that matter!)

Domestos se nuwe advertensie en gruwelike groen bakterië is nogsteeds snaaks (♪♫Ek gaan mense naar maak, naar maak, naar maak, ek gaan hulle diarree gee♫♪!) Whahahaha!! (En gewoonlik vind ek hul advertensies nie so entertaining nie!)

en The Tudors se tweede reeks is net so “gripping” soos die eerste!

…En dis maar dit…

Wat gaan als aan by die plekke waar ek NIE uitkom nie?

Kommentaar
  1. Rustig sê:

    Genade skoon uitasem gelees hier.

  2. René sê:

    Lol @ Rustig!

    Ek moet “probeer” opmaak vir die ander stiltes!:mrgreen:

  3. netjane sê:

    As jy nou so leisels vasvat, werk jy op kontrak basis ook? Ek het te veel leisels en te min hande!!

    Ek moet ‘n goeie bloglees opvang he, moet maar op jou en DMI se updates vertrou!

    Staan sterk!

  4. René sê:

    Ek vat al vir 12 jaar leisels vas in manlief se een besigheid Janey, maar dis juis omdat daar ‘n tweede stel leisels bygekom het, dat dit te veel raak vir hom om alleen te hanteer! Toe besluit ons maar ek moet bedank en op ‘n permanente basis inval! Vêr van jou goed, naby jou skade sêg ek mos altyd!

    Jy weet mos – die dames agter die suksesvolle mans “val” nie sommer nie!!😉

  5. oopkop sê:

    My wederhelfte wil hom ook doodlag vir daai Domestos ad. Ek dink my sin vir humor is dalk net bietjie anders.

  6. Roer sê:

    Solank daar hare op my kop is Renetjie (al wil-wil hulle begin grys lyk).😉

  7. Honey sê:

    Bly om te hoor alles gaan goed met jou. Ek mis ons chat. Reply bietjie op my emails toe man!! hehe

    Mooi bly

    Mwah

  8. René sê:

    Honey-girl! Watter mails praat jy van jongie???

  9. Honey sê:

    8-/

    Ek mail jou ten minste een keer ‘n week. Hoop maar jy sal eventually reply.

    *confused*

    Still, Bly dit gaan goed met jou!!

  10. demoerin sê:

    😆 Afkop-hoender, gelukkig weet jy in watter rigting, en is dit nie in sirkels nie!

  11. Paula sê:

    Ek het ook nou so ‘n paar weke terug die leisels by manlief se werk oorgeneem. Sien darem weer lig in die tonnel🙂

  12. René sê:

    Hehe @ Honey – ek wetie wat hier gebeur het nie, maar toemaar, ons het dit mos uitgesort!!

    Sterkte met die laaste paar reëlings vir jou troue!

    Dink aan jou! xx

  13. Ek lief ook die Tudors, mis dit vir niks.

  14. (((hugz)))

    As ek so luister tree jy een van die dae af! Hehe!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s