Archive for Julie, 2008

…vloede…

Posted: Julie 9, 2008 in Uncategorized

En dis hoe dit in die Kaap lyk…

Advertisements

…waaroor kla jy?…

Posted: Julie 8, 2008 in Uncategorized

Ons VREK van die koue en dit reën nou al ses dae aaneen!! Dit sneeu blykbaar op die Matroosberg by Ceres en ons gaan die naweek Ceres Karoo toe!! (Lekkerrrrrrrr!) In die Citrusdal omgewing verspoel die paaie nadat 300mm reën sedert Donderdag geval het, die sluise van Clanwilliam dam, wat verlede maand slegs 26% vol was, is gister oopgemaak.  Inwoners van Redelinghuys kon gister nie gaan werk nie en pos is nie afgelewer nie (bummer!!). Die Saldanhabaai-munisipaliteit se rampbestuurder sê alle dorpe onder hul beheer, is nog onder beheer, met behulp van keerwalle wat hoër gemaak is by die Langebaan-strandmeer nog voor die reën begin het.  ‘n Deel van die Hugenote tonnel (Paarl na Worcester) het gister inmekaar gesak en was gesluit tot 20:50 gisteraand,  16 000 mense in 24 gebiede in die Kaapse metropool is dakloos gelaat, sneeu word vanaand in Sutherland verwag (nou eers?).

Kinders is die slagoffers van 41% van alle verkragtings en pogings tot verkragting wat GERAPPORTEER word in die land.  Meer as 15% van alle gerapporteerde verkragtings is teen kinders onder 11, en 26% teen kinders tussen 12 en 17.  Gedurende 2000 is 58 kinders verkrag of die slagoffers van pogings tot verkragting in Suid Afrika – ELKE DAG!!! (www.worldnetdaily.com)

Uhhhmmm, presies waaroor is dit wat mense elke dag kla?

Dis in die middel van die winter…dis koud…dis nat, is hulle dit NOU NOG NIE gewoond nie? In die somer kla hulle weer oor die waterbeperkings.

Sien julle wat ek sien? Hoeveel mense het jy al vandag hoor kla oor die mishandeling/verkragting van weerlose onskuldige kinders?

Ek vra verskoning vir die kwaliteit van hierdie foto, maar ek moet dit net deel.  Dis hoe KOUE wolke lyk uit my kantoorvenster…

REëN UPDATE:

Ek kry nou hierdie foto’s uit Lutzville! Blykbaar is die Lutzville en Vredendal area onder water! Uhhhmmm, en Brombeer en ‘n driekwart van ons Hoofbestuur is daar op ‘n plaas vir ‘n Stratsessie! Dit was nie aspris so beplan dat dit so baie moet reën nie – GENUINE!! 😯

…wanneer?…

Posted: Julie 7, 2008 in Uncategorized

Wanneer raak inmeng, té veel inmeng?

Ek sit met twee baie moeilike situasies…

Situasie 1

‘n Kollega wat nou so kort rukkie terug uit ‘n egskeiding kom, het ‘n verhouding aan met ‘n ander kollega! (Albei is geskei) Sy is redelik nuut by die maatskappy en het nog nie van sy streke te hore gekom nie! Ons as mede-kollegas is erg ontsteld oor die verhouding, want ons ken sy reputasie en ons weet hy het omtrent ‘n girl op elke dorp! Dis nie net skinderstories nie – dis feite!!

Wat nou? Moet ons stilbly en hoop haar oë gaan BITTER gou oop VOOR sy seerkry – of moet iemand (miskien ‘n senior personeellid) met haar daaroor praat? Ons weet almal haar hartjie gaan weereens gebreek word, maar is dit regtig ons plek om in te meng?

Situasie 2

Linda* (skuilnaam) is ‘n vriendin van my en my man!  Linda is getroud met Leon* (skuilnaam). Leon het ‘n probleem, hy kan glad nie met geld werk nie en skuld die hele dorp duisende rande, my man ingesluit! Linda is al gatvol vir Leon se skuldstories – skuldeisers begin haar nou al bel, hy leen geld by haar wat hy nie terugbetaal nie (sy verdien ‘n baie klein salaris!) en hy lieg en bedrieg om elke draai! Leon werk vir homself, maar maak nie sy “jobs” klaar nie en word gereeld weggejaag van die “sites” af! Leon wil nie indiens van enige iemand wees nie – wat Administrasie onmoontlik maak, want hy het nie ‘n salaris om te administreer of op beslag te lê nie.  Linda en Leon is binne gemeenskap van goedere getroud en hulle het nie ‘n motor of ‘n huis of enige besittings van waarde op hul naam nie! Linda is ‘n sagte mensie met ‘n baie klein hartjie en maak net vir Leon verskonings sover soos sy gaan!! Ons weet almal Leon is besig om vir Linda saam met hom in die afgrond in te trek – maar Linda sien dit nie raak nie! Linda dink dis ‘n skande om te skei, en sy het ook nie die finansies om ‘n prokureur te kry nie! Ek vermoed ook Leon manipuleer vir Linda in so ‘n mate dat sy te bang is om skei as ‘n opsie te oorweeg! Ek is moedeloos, ek weet nie meer hoe om die arme vrou te help nie! Ons het al gepraat en gepraat en gepraat – maar sy wil eenvoudig net nie ‘n besluit neem nie! Dis baie duidelik uit haar optrede, dat sy goed keelvol is vir Leon! Wat nou? Raak mens enigsens verder betrokke?

Ek glo in die beginsel van “minding your own business”, maar as jy op die wal staan en as buitestaander sien hoe iemand stadig by die afgrond af gly en haar lewe en geluk weggooi, staan jy net daar en kyk hoe sy val – of gaan jy ‘n hand uitsteek om te gryp en te help dat sy nie in die afgrond intuimel nie???

…birthday boy…

Posted: Julie 4, 2008 in Uncategorized

Ek bars behoorlik van trots vanoggend…

Die pragtige klein rakkertjie in die middel met die groot blou oë word vandag ‘n volle drie jaartjies oud…

Hy is glad nie bloedverwant nie – maar hierdie is MY kind en ek is so lief vir hom dis asof hy my eie is!

Gisteraand het ek en sy mamma (Chantelle) tot 23:30 vir hom ‘n koek gebak vir vandag se partytjie by die kleuterskool!

En wat begin het as dit…

het geëindig as dit…

HAPPY BIRTHDAY KAYLEM!!

TANNIE Né AND “OUPA” LOVES YOU LOTS!!

UPDATE

Die kleuterskole is baie slim. Die kids slaap tot 14:00 en dan hou hulle eers party! Met die gevolg…niemand bestorm die koek nie! Wat ‘n antiklimaks!!!

Kay was gelukkig baie excited oor Lightning McQueen en toe die eerste hap eers gevat is – is die koek history!

Nogal sad om te sien hoe die koek gesny word na al die moeite en liefde wat daarin gesit is – maar SO lekker om te weet ‘n kinderhartjie is bly gemaak!

…grappies vir die dag…

Posted: Julie 3, 2008 in Uncategorized

Twee meisie muise sit en brag oor hul boyfriends.

Een wys ‘n foto van ‘n oulike seun muis.

Die ander een wys foto van haar boyfriend.

“dis dan ‘n vlermuis” sê die eerste een…..

“Die Vark! …… hy’t vir my gesê hy’s ‘n pilot!”

…a Dan a day…!

Posted: Julie 1, 2008 in Uncategorized

***GROOOOOT SUG***

When I grow up, I want to be a Jockey!!

…en omdat ek so ‘n goedhartige mens is, plaas ek maar vir die manne ‘n bodypaint-kunswerkie…Dis mos nou KUNS!

PS…ek wil vir die eerste keer in my lewe bedel…as daar enige iemand daarbuite is wat kan help met ‘n kaartjie om die 15de Augustus se Nuweland game te gaan kyk – A S S E B L I E F ! ! ! ! ! ! ! Ek vra op my mooiste………! :mrgreen: