…vasbyt…

Posted: Julie 30, 2008 in Uncategorized

Is dit nie ongelooflik sad hoeveel mense daar tans is – en dan praat ek van my onmiddelike omgewing – wat regtig finansieel suffer nie!! En dis nie net oor die hoë petrolprys of kospryse nie – dis net ‘n gruwelike bose kringloop!

Om vandag jou eie besigheid te hê met kliënte wat nie betaal nie – vat hare op jou tande! As jou kliënte nie betaal nie, kan jy nie jou verpligtinge nakom nie en kan jy ook nie meer voorraad aanhou om omset op te stoot nie, want iets soos ‘n cashflow bestaan net nie! Hoe het dit so vinnig gebeur? Hoe is dit moontlik dat als in jou besigheid die een dag nog klopdisselboom loop, en in ‘n oogwink in ‘n finansiële ramp ontaard? Alles kom weer terug na die kliënte wat nie betaal nie – hulle kan nie betaal nie, want hulle sit in presies dieselfde pinarrie as jy!!

Vir ons vriende wat tans suffer – hou net moed en hou daai kennetjie hoog! Al is dit hoe moeilik en al lyk dit of die tonnel glad nie ‘n lig het nie – wees sterk en maak staat op diegene wat jul wil help! Ons is daar vir julle en ons skouers is breed!  Dit sal weer beter gaan met ons almal – ons moet net aanhou glo en ons kniegies stukkend bid! Julle is nie alleen nie – ons suffer saam!!

Standing for what you believe in regardless of the odds against you,
and the pressure that tears at your resistance
…is Courage.

Keeping a smile on your face when inside you feel like dying,
for the sake of supporting others
…is Strength.

Stopping at nothing and doing what’s in your
heart that you know is right
…is Determination.

Doing more than is expected, to make another’s life a little more bearable,
without uttering a single complaint
…is Compassion.

Helping a friend in need, no matter the time or effort,
to the best of your ability
…is Loyalty.

Holding your head high
And being the best you know you can be when life
seems to fall apart at your feet,
…is Fortitude.

Facing each difficulty with thoughts that
time will bring you better tomorrows,
And never giving up…
…is Confidence.

UPDATE : Julle sal nie glo wat gebeur omtrent ‘n uur nadat ek hierdie post geplaas het nie – ‘n “weldoener” kom stap by my vriendin – wie regtig op moed verloor se vlaktes ronddrentel en nie eers haar winkel wou oopmaak vanoggend nie – se deur in en druk R20 000 kontant in haar hand en sê sy kan haar terugbetaal wanneer hulle weer op hul voete is!  Laat ENIGE-IEMAND nou weer vir my sê God antwoord nie ons gebede nie!!!! Ek is so bly vir hulle part ek het sommer in trane uitgebars toe ek die nuus kry!

Kommentaar
  1. Eben sê:

    Dis absoluut die waarheid, en ek merk ook op, dat meer en meer mense deposito’s verlang voor hulle dienste lewer. Dan is die ook so dat die groter Mpy weier om die deposito te betaal, en net skuif na ‘n ander verskaffer, en dan verloor jy die mpy.

    Ai ai ai dis tragies as mens daaraan dink Rene, maar glo ons sal weer opstaan … dis maar in onse bloed ne?😉

  2. demoerin sê:

    Baie ware woorde. Veral:
    Facing each difficulty with thoughts that
    time will bring you better tomorrows,
    And never giving up…
    …is Confidence.
    As jy in jouself begin twyfel, is daar bitter min oor in in te glo.

  3. Jaco sê:

    Vasbyt is al wat ons kan doen. In hierdie dae is wanneer jou vriende jou die nodigste het, wees daar vir hulle. En as jy die een is wat swaarkry, hoop dat jou vriende daar is vir jou.

  4. Zee sê:

    Jaco, dus sulke waar woorde.

    Ek voel al hoe ek alles stywer moet trek, die warm water kan nie meer heeldag aan wees nie, ek ry nie meer rond soos altyd nie, kan nie meer net winkels toe gaan en koop nie, alles moet voor die tyd haarfyn uitgewerk word, en……..

  5. Tersia sê:

    Ongelukkig leef in in baie moeilike tye. En dis asof een wurggreep na die ander dieselfde mense toetakel! Ons moet regtig sterk staan en daar wees vir mekaar! Ek wens net dat omstandighede sommige mense kon laat sien dat ons ‘n God het waarheen ons kan gaan!

  6. Wipneus! sê:

    Ek stem saam met Tersia, ons leef in moeilike tye en moet mekaar maar help, as ons kan.

    Ekself dink nou 2 keer voor ek my beursie laat oopvlieg!! Pryse het die hoogte in geskiet.

    Mense kry baie swaar daarbuite!

  7. demoerin sê:

    WOW vir die uiteinde van die storie!

  8. Roer sê:

    Amen suster, amen. God antwoord gebed. Miskien nie altyd die antwoord wat ons wil hoor nie, maar antwoord nietemin.

  9. reisiger sê:

    Ek kry sommer hoendervleis as ek van sulke goed hoor! Op die regte tyd voorsien Hy… altyd!

  10. Paula sê:

    Prys die Here! 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s