Hiermee nog ‘n opsomming van die weer…
Sneeu by my “hometown” – CERES !!
Hier is die vreemdste verskynsel op die horison vanoggend! Die gloed van die verskynsel brand jou oë en jy kan nie daarna kyk nie! Dit verhelder die hele omgewing en straal ‘n hitte uit wat die reënwater van die geboue en die teer opdroog! Mense staan verstom, die dorp is in chaos gehul en almal soek ‘n bietjie van hierdie verskynsel op! Lanklaas is hierdie klein gemeenskappie so geruk deur die krag van hierdie verskynsel – en almal is opgewonde want hul wag al lank vir die oomblik…
Hierdie is die enigste foto van die verskynsel wat ek geneem kon kry…
Advertisements
Ai, hoe verlang ek nou terug na my wintervakansies as kind in Ceres…het ‘n paar keer lekker in die sneeu gejol! Hier by my brand die son met mening en dis baie lekker, maar ek mis nogal die sneeu en ek is nie eers ‘n wintermens nie!
BTW pragtige foudies Rene!
Sjoe! Dit lyk spokie mooi!
Sjoe! Laat jy my sommer baie verlang na die wit Koreaanse winter! Veral met die erge somerhitte wat my tans vasvang.
Baie mooi inderdaad 😀
Wens ek was daar – gaan dalk oor die naweek Ceres toe; hopelik is die sneeu nog daar…
Dit lyk wraggies soos ‘n sprokie!!
Pragtig!
Woooow!!! Laat my nou sommer na die Karoo verlang al weet ek dis vrek koud daar! Geniet dit!
Wow, wens ek was daar!