…waaroor kla jy?…

Posted: Julie 8, 2008 in Uncategorized

Ons VREK van die koue en dit reën nou al ses dae aaneen!! Dit sneeu blykbaar op die Matroosberg by Ceres en ons gaan die naweek Ceres Karoo toe!! (Lekkerrrrrrrr!) In die Citrusdal omgewing verspoel die paaie nadat 300mm reën sedert Donderdag geval het, die sluise van Clanwilliam dam, wat verlede maand slegs 26% vol was, is gister oopgemaak.  Inwoners van Redelinghuys kon gister nie gaan werk nie en pos is nie afgelewer nie (bummer!!). Die Saldanhabaai-munisipaliteit se rampbestuurder sê alle dorpe onder hul beheer, is nog onder beheer, met behulp van keerwalle wat hoër gemaak is by die Langebaan-strandmeer nog voor die reën begin het.  ‘n Deel van die Hugenote tonnel (Paarl na Worcester) het gister inmekaar gesak en was gesluit tot 20:50 gisteraand,  16 000 mense in 24 gebiede in die Kaapse metropool is dakloos gelaat, sneeu word vanaand in Sutherland verwag (nou eers?).

Kinders is die slagoffers van 41% van alle verkragtings en pogings tot verkragting wat GERAPPORTEER word in die land.  Meer as 15% van alle gerapporteerde verkragtings is teen kinders onder 11, en 26% teen kinders tussen 12 en 17.  Gedurende 2000 is 58 kinders verkrag of die slagoffers van pogings tot verkragting in Suid Afrika – ELKE DAG!!! (www.worldnetdaily.com)

Uhhhmmm, presies waaroor is dit wat mense elke dag kla?

Dis in die middel van die winter…dis koud…dis nat, is hulle dit NOU NOG NIE gewoond nie? In die somer kla hulle weer oor die waterbeperkings.

Sien julle wat ek sien? Hoeveel mense het jy al vandag hoor kla oor die mishandeling/verkragting van weerlose onskuldige kinders?

Ek vra verskoning vir die kwaliteit van hierdie foto, maar ek moet dit net deel.  Dis hoe KOUE wolke lyk uit my kantoorvenster…

REëN UPDATE:

Ek kry nou hierdie foto’s uit Lutzville! Blykbaar is die Lutzville en Vredendal area onder water! Uhhhmmm, en Brombeer en ‘n driekwart van ons Hoofbestuur is daar op ‘n plaas vir ‘n Stratsessie! Dit was nie aspris so beplan dat dit so baie moet reën nie – GENUINE!!😯

Kommentaar
  1. demoerin sê:

    Baie waar, hoe seg die ou-mense, kla met die brood onder die arm. Ek vertel altyd myself dat daar ander is wat dit slegter afhet as ek, selfs al kom daai eerste kla-gedagte net so bietjie op! Ek het ‘n dak oor my kop, kos om te eet, vervoer, familie, vriende & werk. Ek het niks om oor te kla nie!

  2. Pikkelik sê:

    Ek sê mos ook ons kla met ‘n tjoklitkoek onder die arm en ‘n muffin in die mond! Baie goeie post, en ek moet sê dit lyk blerrie koud!

  3. Rustig sê:

    My arme suster op Citrusdal kan nou nêrens heen gaan. Pad is glo weg. Wonder hoe lank dit die “nuwe SA” gaan neem om die pad the herstel. Die ou Olifantsrivier kan kwaai raak as hy die dag baie water kry. Kla? Volgende jaar klae ons weer dat dit reën nou te min.

  4. netjane sê:

    En ek kla graag oor die weer! (laat jy my nou skaamkry…)

  5. Zee sê:

    Goeie inskrywing Rene!!

    Jinne, maar daar is omtrent water. Hoop die mense daar is darem ok!

  6. DGS sê:

    #22 000! (Moes dit net noem… 😉 )

    Luckily is rubberducks lekker lig op petrol, maar ek kan net die traffic imagine as almal daar in die Kaap hulle skuitjies uithaal…😆

    Dalk moet julle sommer soggens, in plaas van toebies pak, julle visvang-gereedskap saampiekel werk toe. Met elke smoke break daar op die balkon probeer middagete vang… Ai, die possibilities!

  7. Wipneus! sê:

    Ja ek stem mens moet ophou om so te kla!!

    Jinne René die land spoel weg!! Dankie vir die foto’s!

  8. René sê:

    DGS, jy moet spot! Ons krieketveld is nou amptelik as ‘n dam verklaar! Daar het gister ouens met kano’s op gery en ‘n paar ouens wat radio beheer bote het, het tog te lekker baljaar op die nuwe dam in die middel van die dorp! Snaaks genoeg – dis elke jaar se storie! Wonder wie so slim was om die krieketveld in ‘n “opgedroogte” vlei te gaan vestig?

    In die Swartland praat hulle van die 8-dag reën! Dis nie winter nie en dit het nog nie genoeg gereën, voor die 8-dag reën nie geval het nie! Ons trek nou by dag 7, en dit sous!!

  9. Roer sê:

    Ek loer vroeer vandag in my wordpress archives. Laas jaar die tyd, selfde ding. Reen, reen, reen en nogmaals reen. Asof ek niks gewoond is nie. Anyways, dit behoort nogal interessant te wees om vir ‘n slag op ‘n rubber dingy werk toe te vaar. Ek weet net nie hoe lank gaan dit my vat om daar te kom nie.

  10. jaans sê:

    Haai, jy raak ‘n waarheid daar kwyt. Sonder om gat te kruip, moet ek egter erken dat ek nooit oor koue weer kla nie! Ja – ek maak opmerkings oor die koue en my hande wat afvries – maar ek verkies koue bo hitte! Winter is inderdaad my gunsteling seisoen. In die somer sal jy my egter wel sien kla – so ek weet nie of ek nou enigiets van waarde hier gesê het nie.

    In elkgeval! Dit is waar, niemand kla ooit oor die gruwelike verkragtingstoestand in die land nie. Die meeste mense worry oor die internet wat weer stadig is, hulle hare wat nie reg geknip is nie, magnums wat meer as R10 kos, en mense wat sê “wmj” op Mxit.

    Niemand gee om oor die slagoffers van verkragting nie. Of so blyk dit…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s