…wanneer?…

Posted: Julie 7, 2008 in Uncategorized

Wanneer raak inmeng, té veel inmeng?

Ek sit met twee baie moeilike situasies…

Situasie 1

‘n Kollega wat nou so kort rukkie terug uit ‘n egskeiding kom, het ‘n verhouding aan met ‘n ander kollega! (Albei is geskei) Sy is redelik nuut by die maatskappy en het nog nie van sy streke te hore gekom nie! Ons as mede-kollegas is erg ontsteld oor die verhouding, want ons ken sy reputasie en ons weet hy het omtrent ‘n girl op elke dorp! Dis nie net skinderstories nie – dis feite!!

Wat nou? Moet ons stilbly en hoop haar oë gaan BITTER gou oop VOOR sy seerkry – of moet iemand (miskien ‘n senior personeellid) met haar daaroor praat? Ons weet almal haar hartjie gaan weereens gebreek word, maar is dit regtig ons plek om in te meng?

Situasie 2

Linda* (skuilnaam) is ‘n vriendin van my en my man!  Linda is getroud met Leon* (skuilnaam). Leon het ‘n probleem, hy kan glad nie met geld werk nie en skuld die hele dorp duisende rande, my man ingesluit! Linda is al gatvol vir Leon se skuldstories – skuldeisers begin haar nou al bel, hy leen geld by haar wat hy nie terugbetaal nie (sy verdien ‘n baie klein salaris!) en hy lieg en bedrieg om elke draai! Leon werk vir homself, maar maak nie sy “jobs” klaar nie en word gereeld weggejaag van die “sites” af! Leon wil nie indiens van enige iemand wees nie – wat Administrasie onmoontlik maak, want hy het nie ‘n salaris om te administreer of op beslag te lê nie.  Linda en Leon is binne gemeenskap van goedere getroud en hulle het nie ‘n motor of ‘n huis of enige besittings van waarde op hul naam nie! Linda is ‘n sagte mensie met ‘n baie klein hartjie en maak net vir Leon verskonings sover soos sy gaan!! Ons weet almal Leon is besig om vir Linda saam met hom in die afgrond in te trek – maar Linda sien dit nie raak nie! Linda dink dis ‘n skande om te skei, en sy het ook nie die finansies om ‘n prokureur te kry nie! Ek vermoed ook Leon manipuleer vir Linda in so ‘n mate dat sy te bang is om skei as ‘n opsie te oorweeg! Ek is moedeloos, ek weet nie meer hoe om die arme vrou te help nie! Ons het al gepraat en gepraat en gepraat – maar sy wil eenvoudig net nie ‘n besluit neem nie! Dis baie duidelik uit haar optrede, dat sy goed keelvol is vir Leon! Wat nou? Raak mens enigsens verder betrokke?

Ek glo in die beginsel van “minding your own business”, maar as jy op die wal staan en as buitestaander sien hoe iemand stadig by die afgrond af gly en haar lewe en geluk weggooi, staan jy net daar en kyk hoe sy val – of gaan jy ‘n hand uitsteek om te gryp en te help dat sy nie in die afgrond intuimel nie???

Kommentaar
  1. Pikkelik sê:

    Ek het geen raad nie, ek is net dankie toggie bly ek staan nie in jou skoene nie… 🙄

  2. Wat situasie een aanbetref: As daar iemand is wat haar dalk goed ken sal dit nice wees om die feite vir haar op die tafel te le, andersins dink ek in elk geval sy gaan net se: “mind your own business”

    Situasie twee: As dit my vriendin was sou ek verseker ‘n hand uitgesteek het, maar dit bly haar keuse om dit te vat en al is dit soms hoe moeilik om te sien dat iemand vir wie jy omgee sy/haar lewe weggooi deur nie die obvious goed raak te sien nie, dink ek mens moet maar nie te betrokke raak nie. Sommige mense is maklik om verwyte na die tyd in jou rigting te gooi as dinge nie lekker uitdraai nie.

    Meer as dit weet ek nie, so al wat ek verder se is STERKTE!!!

  3. Rustig sê:

    Situasie een los ek vir.
    Situasie twee: Skop hom in onder sy gat en stuur hom terug na sy ma en “sue” haar vir pyn en leiding omdat sy haar kind so swak groot gemaak het.🙂
    So bly ek is enkel arm en skuld niemand iets.

  4. Wipneus! sê:

    Situasie 1 Ek sou nie betrokke geraak het nie.

    Situasie 2 Hierdie een is moeilik, want dis jou vriendin Ek is ook een van die wat nie ander se besigheid myne maak nie. Maar as jy sien jou vriendin staan op ‘n afgrond, wat dan…kyk jy weg? Baie moeilik. Die probleem is julle het nou al gepraat en sy wil nie hoor nie. Ek glo nie daar is regtig iets wat jy meer kan doen nie. Jy sal maar net daar moet wees om die gebreekte stukkies op te tel.

    Sterkte René

  5. René sê:

    Mmm, julle raad help nogal baie! Dankie daarvoor!

    @Wipneus – ons koppe werk dieselfde lyk dit my!🙂

    Dis breek net my hart om te sien waardeur Linda* gaan! Sy moet ‘n baie groot besluit neem, en ek weet sy glo sy is nie sterk genoeg om die situasie te hanteer nie! Maar sy is maar net 25 jaar oud en hulle het gelukkig nie kinders nie! Dis alles dinge wat in haar guns tel! Sy het nog ‘n kans om oor te begin en gelukkig te wees! Elke dag sien ek net hoe sak sy meer en meer terug!! Sy kyk nie eers meer na haarself nie! Dis vir my so bitterlik bitterlik sad!!!😦

  6. Ag nee! Sulke goed is flippen sad! As daar nie kids by betrokke is nie, behoort dit die besluit makliker te maak, want sy doen dit dan mos vir haarself. Mens kan ‘n perd na die water lei, maar jy kan ook nie maak drink nie ne….
    Soos Wip se, wees maar net daar vir haar en ek is seker alles sal uitwerk soos dit moet. Sy is nog jonk en kan soos jy se oor begin!
    Strongs hoor!

  7. demoerin sê:

    As jy my vriendin was sou ek ALTYD verwag het dat jy eerlik moet wees. Goeie vriende/vriendinne skuld dit aan mekaar. As jou praat die vriendskap benadeel was sy dan obviously nie so ‘n goeie vriendin nie.
    Aan situasie 1: Waarsku die girl, sy kan luister of nie, ten minste is jou gewete skoon!

  8. Wipneus! sê:

    Jinne René maar sy is nog jonk vir soveel hartseer? Jy is reg dit is sad.

    Ek het weer oor die storie gedink, dis hoekom ek hier is….. ek dink altyd in die aand oor al die blogs waar ek in die dag gekuier het 😉

    Om hierdie inskrywing saam te vat:

    Die oumense was reg,

    DIE LIEFDE IS BLIND

  9. Skoenlapr sê:

    Ek stem saam met DeMoerin. Dis wat ek ook sou gedoen het.

  10. Maren sê:

    Situasie 1 – Die kollega is ‘n baie, baie close vriendin van my. Ek wat na aan haar is weet nie eers wat om te doen nie. Ek gun vir haar die geluk, maar sjoe. My wederhelfte sê ek moet haar los en net haar pel bly en as dinge nie uitwerk nie, sal ek daar wees om die trane af te vee.

  11. Rustig sê:

    Wipneus: “Love is blind, but the neighbours aren’t!”

  12. BB sê:

    #1 – let it be… die girl gaan in elk geval dink julle gun haar nie haar ‘gelukkie’ nie – en dis nie regtig so lekker om te kan sê: “I told you so…” – at best kan mens die man aanspreek. Hoekom wil ons altyd die moontlike slagoffer waarsku, maar ons vat nooit die perpetrator aan nie??

    #2 – staan terug – solank as wat julle praat en praat en praat sal sy nie besluit nie, want inherent gaan haar emosies elke keer op verdediging uit wees… ek het dit jare terug aan eie lyf ervaar – my ma-hulle het ge-kik en kerm, gepleit, gedreig – NIKS het gewerk nie. Toe laat hulle my aan die ‘genade’ oor – netso. en raai wat? Die eerste keer in ‘n lang tyd het ek nie meer rede gehad om hom te verdedig nie en kon ek fokus op dit wat vir my verkeerd was en nie vir ander nie. Dis soos: as jou kind aanjaag weet jy dit en jy straf accordingly. As jou vriendin of ma jou aanvat oor jou stout kind kom jy op vir die klein helsem, want lojaliteit en liefde werk maar net so – en vergeet skoon van straf. Weird, but true…
    Sterkte skat! x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s