…ons pad…

Posted: Junie 11, 2008 in Uncategorized

Desember 1997 trek ek vol verwagtinge en skitterblink ogies Malmesbury toe! Agter ‘n boyfriend aan…

Ek deel ‘n tweeslaapkamer woonstel met Anna*, ‘n baie oulike dame, so ‘n klein bietjie ouer as ek, en dinge lyk goed! Die liefde blom, die woonstel leef lekker, ek en Anna kom goed oor die weg en ek floreer in my werk! Dit kan net nie beter gaan nie!!

‘n Maand later sit ek op moedverloor se vlaktes! Die kys is uit … my “trouman” het groener weivelde gevind!

Ek is verpletter, my hart in ‘n miljoen stukkies en skielik lyk die lewe voor my NAGDONKER – sonder enige hoop vir die toekoms – en ek maak JOB se naam gat!!

Anna het ‘n vriend, ‘n dierbare mens, wat MAL is oor haar en haar op sy hande dra! Hy dra blomme en tjoklits aan, hy neem haar uit vir ete, naweke word beplan, Anna geniet die aandag en die vriend is in die wolke en tot sy ore toe verlief! Maar, daar is ‘n kinkel in daardie liefdes-kabel en ek kom gou agter Anna is net agter die aandag aan, sy sien geen toekoms vir haar en Vriend nie! As ek uitvra word dit doodgepraat en as Vriend die aand huistoe gaan, lyk sy meer verlig as verlief! Dit het my teen die mure uitgedryf! Hier het sy hierdie fantastiese man in haar lewe wat ALLES vir haar sal doen en gee, en dis net nie vir haar goed genoeg nie!!

Anna se Vriend is toe vir twee weke Londen toe om vir sy jonger sussie en haar man te gaan kuier! Anna lyk nie juis hartseer dat sy vir Vriend nie gaan sien nie! Inteendeel, ek hoor hoe Vriend skimp sy moet hul by die lughawe ontmoet, maar Anna steur haar min! Ek het lanklaas ‘n man so jammer gekry … hy was net te verlief om te sien wat werklik aangaan!

Twee weke later keer Vriend terug uit Londen, geen Anna op die lughawe nie! En dit was die laaste sien van Vriend vir Anna, hy het die boodskap gekry!

Vriend se terugkeer uit Londen het min of meer in dieselfde tyd plaasgevind as my en Trouman se uitmaak! Een sonnige oggend stap ek bank toe, verby Vriend se werk, en Vriend kom by die deur uitgestap! Ek groet Vriend vriendelik, vra uit oor Londen, gesels lekker, en Vriend vra hoekom ek so hartseer lyk! Ek verduidelik dis ‘n lang storie, maar in kort – ek is heartbroken en die ashoop raak vir my te klein! Ek wil wegtrek uit Malmesbury!

Vriend is geskok, hy kan nie glo dat ek en Trouman uitmekaar is nie – ons was dan bedoel vir mekaar! Ons gesels nog so rukkie oor my pyn, en toe ek loop gee Vriend vir my ‘n drukkie en wens my voorspoed toe verder!

Wat die aanloop was tot ‘n afspraak met Vriend, is ek nie presies seker oor nie – maar hy het my een aand oorgenooi vir koffie, en ons het omtrent deurnag oor hartsake gepraat – ons albei se bubbles was immers ordentlik gebars en ons het ‘n ashoop gedeel!! Een koppie koffie het daarna ‘n gereelde koppie koffie geraak en ons kon ure net gesels oor dietjies en datjies, maar ook oor die dieper dinge van verhoudings! Anna was nie bewus daarvan dat ek en Vriend sulke goeie vriende geraak het nie!

‘n Paar weke later bel Vriend my laat in die aand, ek moet afkom na die woonstelgebou se voordeur toe, hy het vir my ‘n verrassing! Drie bosse rooi rose groet my, en ek snak behoorlik na my asem! Seker die mooiste bos rose wat ek nog OOIT in my hele lewe gekry het!! ‘n Uur later en terug in die woonstel word ek met ‘n koue kyk van Anna af begroet en sy het net een vraag … kom die rose van Vriend af? Natuurlik!! was my enigste reaksie, en twee weke later soek ek ander blyplek!! Anna het glad nie van die vriendskap gehou nie!

So het die een “date” na die volgende bos blomme net gebeur, ek het al hoe meer van Vriend gehou en die liefde het behoorlik geblom!! Ek was weer happy en die ashoop heeltemal vergete!! Ek het ordentlik verdrink in sy blou-poel-oë!

Sewe jaar later raak ek en Vriend op PE se lughawe verloof, en twee jaar later is ek met Manlief op Langebaan getroud! Die mooiste dag van my lewe!!!

Ek tag vir Eben, Gert Gariep en Emil! Vertel ons bietjie hoe jy en Vroutjie ontmoet het!

Kommentaar
  1. Paula sê:

    Mag daar nog jare en jare se geluk, vrede en liefde vir julle voorlê!

  2. Wipneus! sê:

    Baie mooi sprokie. Mag julle baie gelukkige jare vorentoe hê.

  3. netjane sê:

    🙂

    So jy’t hom al die tyd onder jou neus gehad?🙄

    Ek sal aan jou dink as ek van nou af op PE lughawe land!😉

  4. Pikkelik sê:

    Dis ‘n magic sprokie… so uit die boeke uit!!!! 😉

  5. Reisiger sê:

    Pragtige verhaal! Mag julle pad vorentoe ook met rose besaai wees!

  6. Zee sê:

    Rene, dit is darem n pragtige verhaal! So amper asof dit uit ‘n storieboek geskryf is😉

  7. Jaco sê:

    Een woord . . .MAGIC!

  8. […] Ontmoeting Na aanleiding van René se tag. […]

  9. René sê:

    Ai julle…ek weet nou nie van die storieboek ding nie – maar nou ja, as julle so sê!!😳

    Ek weet ek waardeer Manlief nie altyd soos ek moet nie – maar ek werk hard daaraan elke dag! Hy is baie goed vir my! En ek love hom to bits!!

    ♥ you guys!!

  10. Wys jou net dat dit wat jy wil he soms reg onder jou neus is…Mooi storie Rene

  11. Roer sê:

    Ai Anna. As jy dom is, moet jy sukkel. Goed vir jou Renetjie!

  12. Sonkind sê:

    If you snooze, you loose, Anna!

    René, dis ‘n regte sprokie!

  13. Jasper sê:

    Ja nee, Happily ever after en al die klas van goete…

    As hy jou hart gelukkig hou dan verdien hy jou.

    Anna se g@t! met permissie!

  14. demoerin sê:

    Onder jou neus! Mooi verhaal.

  15. […] vir Rene dat ek so bietjie met die herhinneringe kan […]

  16. mykopop sê:

    Storieboek…ja! Nog baie jare se geluk vir julle!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s