…update…

Posted: Mei 7, 2008 in Uncategorized

Net ‘n vinnige update…

Ons nuwe hondemeisiekind (Jenny) is al 8 weke oud … ‘n handvol en so hardegat soos 10 – maar te dierbaar vir woorde en BAIE slim!! Ek sal volgende week ‘n fototjie van haar plaas.

Ek het vandag WEER tannie geword … of my man het oom geword … wat ookal, skoonsus & gesin het vanoggend ‘n dogtertjie ryker geword – ANNABEL en sy weeg 3.47kg! Ek kan nie wag om haar te sien nie!! Ek neem Sondag ‘n foto dan plaas ek dit ook vir die wêreld om te sien!

Die laaaaaaaaang (na)week was fantasties! Het baie lekker by my moeder gekuier! Die afval het met die intrapslap op die tafel gestaan en wag (eeeuuuwww), ek eet nie afval nie – maar toe ek dit ruik, toe weet ek ek is op die plaas! Die volgende oggend is kaiings vir ontbyt bedien! Ek is nog ietwat skrikkerig vir kaiings – maar die bietjie wat ek geproe het was heel aanvaarbaar!! Saterdagoggend het daar ‘n regte Bolandse reënbuitjie in die Karoo neergesif! Sondag toe ons terugry huistoe reën dit nogsteeds! Daar is sekerliks NIKS wat lekkerder ruik as wanneer daardie eerste karoo-reëndruppels op die dorre aarde neerplons nie!!

Verder is dit chaos by die werk! Ek het toe nie bedank nie – die brombeer het ‘n aanbod gemaak wat ek net eenvoudig nie van die hand kon wys nie! En nou moet ek na 11 jaar weer begin swot om myself in ‘n bevordering in te LEER!! *sug*, maar dit sal op die ou end die moeite werd wees! Meer daaroor, ook later!

Ek moet eers CHEERS!! Dis verhoging-tyd by ons, wat beteken seisoentyd by enige Menslike Hulpbronne afdeling! Skielik het die dae net te min ure!

Arrie-warrie – tot volgende week! Pas jouself mooi op!!! xxx

Kommentaar
  1. netjane sê:

    Baie nuus en dan mention jy alles nog as ‘n “net so terloops” ook en dan moet ons nog ‘n week wag. Jou ou terger jy!

    Sterkte met die hard werk!

  2. Rustig sê:

    Afval is ook nie vir my nie. Dan praat ek nie eers van skaapkop nie!
    Ek is bly ek is nie die enigste wat weer gaan begin leer sedert 1991 nie. Dan nog vir iets waarvan ek niks weet nie.

  3. Da Mario sê:

    Gelukkig dreig jy darem nie om ‘n foto van daai lelike hond te post nie…😈

  4. Zee sê:

    Ai, die nuwe kleingoed, sien uit na die foto’s.
    Jip ek hou ook niks van afval nie, ek gril my sommer dood, dalk eendag sal ek die moed he om te “proe”.

    Annabel klink of sy baie harte gesteel het😉

  5. Afval, mmmm, ek onthou nog hoe lekker my ma dit gemaak het

  6. mykopop sê:

    Lekker swot, gelukkig word mens mos darem nooit te oud om te leer nie. Geluk tannie, wys vir ons vir Jenny.

  7. Jenny sê:

    Baie geluk aan wie dit toekom, met die nuwe kleinding, en die nuwe hondjiebaba (wat ek seker is die mooiste ding in die wêreld is, veral oor sy so ‘n mooi naam het ;)!

    Sterkte met die leerdery, Rene! Ek het so 2 jaar gelede begin, en is nou amptelik ampertjies HALFPAD! Dis maar taai aan die begin, maar dit raak beter, eventually!

    Geniet die naweek!

  8. TristonJ sê:

    klink of jou voete lanklaas aarde getref het… geniet elke oomblik!

  9. wimpie sê:

    kleingoed….oulik dit iemand anders s’n is!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s