Archive for Mei 7, 2008

…update…

Posted: Mei 7, 2008 in Uncategorized

Net ‘n vinnige update…

Ons nuwe hondemeisiekind (Jenny) is al 8 weke oud … ‘n handvol en so hardegat soos 10 – maar te dierbaar vir woorde en BAIE slim!! Ek sal volgende week ‘n fototjie van haar plaas.

Ek het vandag WEER tannie geword … of my man het oom geword … wat ookal, skoonsus & gesin het vanoggend ‘n dogtertjie ryker geword – ANNABEL en sy weeg 3.47kg! Ek kan nie wag om haar te sien nie!! Ek neem Sondag ‘n foto dan plaas ek dit ook vir die wêreld om te sien!

Die laaaaaaaaang (na)week was fantasties! Het baie lekker by my moeder gekuier! Die afval het met die intrapslap op die tafel gestaan en wag (eeeuuuwww), ek eet nie afval nie – maar toe ek dit ruik, toe weet ek ek is op die plaas! Die volgende oggend is kaiings vir ontbyt bedien! Ek is nog ietwat skrikkerig vir kaiings – maar die bietjie wat ek geproe het was heel aanvaarbaar!! Saterdagoggend het daar ‘n regte Bolandse reënbuitjie in die Karoo neergesif! Sondag toe ons terugry huistoe reën dit nogsteeds! Daar is sekerliks NIKS wat lekkerder ruik as wanneer daardie eerste karoo-reëndruppels op die dorre aarde neerplons nie!!

Verder is dit chaos by die werk! Ek het toe nie bedank nie – die brombeer het ‘n aanbod gemaak wat ek net eenvoudig nie van die hand kon wys nie! En nou moet ek na 11 jaar weer begin swot om myself in ‘n bevordering in te LEER!! *sug*, maar dit sal op die ou end die moeite werd wees! Meer daaroor, ook later!

Ek moet eers CHEERS!! Dis verhoging-tyd by ons, wat beteken seisoentyd by enige Menslike Hulpbronne afdeling! Skielik het die dae net te min ure!

Arrie-warrie – tot volgende week! Pas jouself mooi op!!! xxx

Advertisements