…wat laat jou wakker lê?…

Posted: April 18, 2008 in Uncategorized

Waaroor lê jy wakker in die nag?!!

Goeie dag, ek weet ek meng nie net my taal nie, maar baie beslis besigheid en welsyn. 

Vir die wat nie bewus is daarvan nie, hiermee besonderhede van die blanke plakkerskamp by die  Krugersdorpdam. Ek was Saterdag weer daar en word elke keer opnuut bewus van die aaklige omstandighede van hierdie mense.  As jy enigsins kan help kontak my groot asseblief … ONS MOET HIERDIE MENSE HELP.
 
Tans is daar 83 gesinne en omtrent 60 kinders betrokke.  Ons wag vir gesinne lys vanaf Hugo die persoon wat die park/kamp ordelik probeer bestuur, en sy skoonpa (eens op ‘n tyd die hoofkok op die bloutrein van transnet) is verantwoordelik vir die sopkombuis.  Hugo se vrou Irene sorg dat die ablusieblokke skoon bly, sien om na die siekes.  Die algehele omstandighede daar is benard en  bly die mense in haglike omstandighede.  Daar het intussen nog drie gesinne ingekom .. Chris, Riekie en Marietjie (4) het in hul motor gebly totdat vriende ‘n tent verskaf het Saterdag… ons het ook komberse gegee en kussings, maar hulle benodig alles waarmee mens huis moet hou… hulle het niks, niks, niks.   So ook Jan (52 + large) en Santi (43 + 38 ) het ook niks, niks, niks.  (hulle bly tans in die stoorkamertjie maar moet plek maak sodat kos en klere gestoor kan word.)  Geen kos word uitgedeel aan die mense nie, en dit word gehou vir die sopkombuis.  As daar ekstra brood, groente en vrugte is word dit wel uitgedeel.

Ons het dringend die volgende artikels nodig.  Hierdie mense is baie en meer as bereid om baie van die werk self te doen. Hulle oorleef wonderbaarlik onder hierdie haglike omstandighede….

Die ablusie blokke het slegs 2 baddens, 2 storte en 3 toilette in, vir die mans en dames afsonderlik, met slegs sementvloer.   En hierdie 230 mense moet dit elke dag  gebruik.

Die broodnodigste om mee te begin:-  (Ja die lys is baie lank, want daar is niks, niks, niks.)

  • Tente of enige seile om tente waterdig te maak.
  • Ou karavane.
  • Zozo hutte.
  • Enige beskutting waar kleuters gehuisves kan word om te speel en in te kleur. (Ren het rol draad om dit te omhein) Sonja van St Mary’s kinderhuis het ook klimraam vir die kleintjies geskenk)
  • Enige speelgoed vir die kinders.  (daar is omtrent 60. ek wag vir ‘n lys met name en  ouderdomme vanaf Hugo) 
  • Enige hout, spykers en  skroewe. (daar is 3 skrynwerkers wat nie werk het nie en hulle kan hutte of beskuttings hiermee bou.) 
  • Sinkplate.
  • Enige staal (Hugo het sweismasjien om tafels en beskuttings mee te maak.)
  • Ou hout pallets om in skuilings te sit om te dien as ‘n vloer… die grond bly nat en  koud).
  • Komberse en kussings.
  • Enige wol en breipenne (meeste van die dames kan brei, en sal vir die kinders en oumense bedsokkies kan brei.)
  • Naaldwerkmasjien en gare (baie dames kan klere maak, en sal help met die heel maak van klere wat stukkend is.)
  • sement. (in die lapa en die vloer voor die kombuisie. huidiglik net grond en modder)
  • Beligting (ligte om buite op te sit vir die nag as iemand toilet toe moet gaan asook veiligheid..)
  • Hulle benodig 10 florescent ligte 4vt, 5vt en 6 vt.
  • Een van die groot geyser het gebars – kan heel gemaak word, maar dalkies het iemand ‘n ander geyser om te skenk. (anders benodig ons 16 Brazing Rods.  Hugo reken hy sal die geyser kan regmaak)
  • Plasiese tafels en stoele.
  • As iemand weet van afdak om voor die sopkombuis op te sit.
  • Skoonmaakmiddels.  Die  badkamers is groot gesondheidsrisiko..
  • Enige baba badmiddels, medisyne,  poeier, weggooidoeke ens. (babas is 1 maand 3mde, 4mde, 1half  jaar, een dame gaan oor ‘n maand baba hê, baie kleuters en  laerskoolkinders…)
  • Kinderklere.
  • Elektriese draad en trip skakelaars (vir nuwe bedrading)
  • Gas bottels en stofies. Hulle ondervind oneindig baie kragonderbrekings…    
  • Enige medikasie, hoesgoed en  pleisters, Savlon, rome.  Daar is nie geld vir hospitaal as iemand seerkry nie … en met die 60 kinders daar is dit groot  probleem.  Iemand  het noodhulpkissie voorsien.. maar ons het nodig om dit gedurig op te vul.
  • Babakos en melk.  Purity No 1 (melk) Ryspap (nestle No 1.) NANNo  1.
  • Sambrele vir skaduwee.
  • Enige kos, blikkies, sop, pasta,  groente en vrugte ens vir die sopkombuis.  Dit word daar toegesluit en word beheer deur die kok Simon.  Tans kry die inwonders net elke tweede dag  kos.
  • Teëls en teëlsement … as ons die badkamers kan teël sal dit ook meer higiënies wees.  Tans is dit ‘n massiewe probleem.
  • Energie besparings gloeilampies.
  • Swartsakke vir gemors en skoonmaak van terrein.
  • Enige ou tuingereedskap,  grasmasjiene en kantsnyers … Die munisipaliteit maak nie die terrein skoon nie.

Hugo het ‘n bakkie en is bereid om enige skenkings te gaan afhaal indien die skenker nie kan nie.

Hugo benodig ‘n borg.  Die kinders se skoolfonds is groot probleem.  Die eerste R350.00 van elke kind moet betaal word en is vir boekgelde.  Die res word afgeskryf.   Die ouers het bloot net nie die R350.00 nie.   Daar is enkeles wat wel werk maar dit word gebruik vir oorlewing.

Ek hoop regtig dat ons so ‘n klein bietjie die nood van verlig… ons sal dit nooit nooit heeltemal kan verander nie.   Die kinders en oumense is die grootste  prioriteit.

Dankie vir jou tyd … ek waardeer dit  opreg.  Maar gepraat van waardeer – moet jy daardie gesigte sien as ons goedere soontoe neem.  Die kinders het Saterdag elkeen ‘n groot pakkie smarties gekry, en dit was XMAS.

Petra Swiegers

Dis ons eie mense soos in hierdie brief wat my laat wakker lê! En wat doen ons?

Ons kla oor twee ure se beurtkrag elke tweede dag, ons kla oor die prys van wit brood en swak diens by ‘n luukse supermark. Ons kla oor die petrolprys! Is dit nodig dat ek aangaan?? Besef ons hoeveel mense daar in ons eie land is wat nie kos het om te eet nie – ons EIE mense!! 

Wat my by ‘n ander punt bring…die foto hierbo is by die KKNK geneem, by die tentoonstelling van Generaal De La Rey se doodmasker! Ja, dis nou wel ‘n foto van ‘n konsentrasiekamp-kindjie, maar as ek aan honger kinders dink, kom hierdie foto by my op!  Op soek na ‘n foto om bo-aan hierdie post te plaas van ‘n kind wat swaarkry of  hongerly – kon ek nie een enkele foto op die www kry van ‘n BLANKE kindjie nie! Almal swart Afrika kinders!

Ek is nie ‘n rassis nie, en veral nie as dit kom by kinders nie – ‘n kind bly in my oë ‘n kind! Maar besef die wêreld daarbuite nie dat daar ook blanke mense is wat arm is nie – blanke kinders is wat honger is nie – ons eie blanke mense is wat dringend enige soort hulp en sorg nodig het nie?

Daar MOET iets wees wat ons kan doen…?! Is dit nie die eerste klein babatreetjie wat ons elkeen kan gee om Suid Afrika ‘n beter plek te maak vir ALMAL nie??

(UPDATE : Petra kan gekontak word by Tel: 011 794 9819, Fax: 011 794 3885, Cell: 083 267 7707 petren at iafrica dot com)

Kommentaar
  1. sonkind sê:

    René, kan jy asseblief hierdie hele skrywe net so vir my e-pos, met kontakbesonderhede vir mense wat graag sal wil help. Ek het ‘n baie wye netwerk van vriende, vir wie ek dit graag wil aanstuur en wat ek weet graag arm blanke mense sal wil help.

    E-pos na amt1711 at gmail dot com

    Ek sal dit baie waardeer, dankie

  2. sonkind sê:

    Ek bedoel kontakbesonderhede waar mense wat wil help die geld of goed kan heen stuur. Ek dink my taalgebruik is bietjie confusing hierbo.🙂

  3. René sê:

    Dis reg so Sonkind … ek het dit vir jou gemail! Lekker naweek!

  4. Jasper sê:

    Hierdie inskrywing pla my….
    Eties en psigies.
    Vergeleke met verskroeide aarde kan mens vandag se famiene nie vergelyk nie. Veral nie in SA nie. Dit moet net dood eenvoudig nie so wees nie

    iewers is iets verkeerd en dit pyn my om dit te se, ek skryf dit toe aan die ouers.

    Ek het 2 huise in SA en sal betaal vir iemand om altwee my tuine te onderhou. Dit is ‘n begin om iemand te help. Ek dink nie ek is die enigste nie.

    Toe ek nou in SA was kom ek op ‘n swerm Zim expats af wat my smeek om opgelaai te word om net te kan skoffel vir ‘n sakkie meel.

    Waar was die mense wat so swaer kry. Hoekom was hulle nie daar nie. Ek sou hulle kos, meel en geld aangebied het vir ‘n dag se loon.

    Wat my wel opgeval het was dsie hordes “wit mense” wat in Centurion en Pretoria vir geld bedel op die straathoeke. Sit ek dit mis of kon hulle nie maar in die ry gaan staan om opgelaai te word vir ‘n dag se werk nie….

  5. René sê:

    Jy maak ‘n baie geldige punt Jassie! Ek vir een is juis daarvoor om eerder vir mense wat swaarkry ‘n visstok te gee as ‘n vis … !

    Dis juis wat my so woedend maak, want meeste van die tyd is dit beslis die ouers wat net te lui geword het om te werk, of hulself oorgegee het aan drank omdat hul nie die druk van swaarkry kon hanteer nie!! Dis nogal ‘n onderwerp op sy eie!!

    Vir my gaan dit oor die onskuldige kinders wat daaronder ly en ons wat hul nood sien maar niks doen om daardie kinders te help nie!! Ek voel ‘n vy vir die ouers wat nie hul jisse kan lig om te gaan werk soek nie – maar my simpatie en empatie lê by die kinders! Gaan ons nogsteeds arms gevou sit en die ouers blameer – of gaan ons poog om ‘n verskil in EEN kind se lewe te maak??

    My groot bekommernis hieroor lê verder by die media! Dis slegs bruin of swart of Etiopiese kindertjies wat as arm, ondervoed, honger, mishandel, MIV positief ens ens uitgebeeld word! Sien die wêreld dan nie die swaarkry van blanke kinders ook raak nie? Of is die wêreld daarvoor ook kleurblind??

  6. Jenny sê:

    Rene,
    Het jy Saterdag se Beeld gesien? Selfs Jacob Zuma reken hy het ‘nie geweet'(!!!!) dat daar armoede onder blankes ook is nie, gedink dit is net swart mense wat swaarkry! Scary, om die minste te sê!

  7. TristonJ sê:

    Rene… jy laat my nou hier hard dink… sommer hard tjank ook… maar die eerlike waarheid is soos Jasper se. ons arm-blankes sal eerder bakhand staan as om iets te soek om te doen… ek kyk na die swart seuns by Menlon wat hulle gesigete wit verf en n dansie aan die motoriste gee of met n groot swart sak staan en vir n paar sent al daai ongesogte pamvlete sal weg gooi wat tog net vir dae lank onder op die pasesiers vloer gaan le. ek sal vir hulle n stukkie silwer soek al is my kar skoon, nie omdat hulle swart is maar omdat hulle ten minste IETS doen in plaas van bak hand staan…

    My hart bloei wel vir die kinders want hulle het geen keuse in hulle lot nie, en agv die keuses van hulle ouers is die kanse dat hulle hulle pad uit daai mushoop gaan vind ongelukig baie skraal…

  8. […] Na aanleiding va Rene se inskrywing op haar blog onlangs: […]

  9. Roer sê:

    Ek gaan nie hierdie mense oordeel as dit kom by ‘werk’ nie. Ons ken nie hulle situasie nie. Hulle het nou hulp nodig. Nie kritiek nie. Die een voordeel lyk my is dat daar ‘skills’ is. Petra praat van skrynwerkers. Die skills het hulle natuurlik niks in die werkplek gehelp nie, want die velle is te wit. Almal het nie ‘n geleerdheid wat hulle enige plek in die wêreld werk kan bied nie. Hulle milieu is SA en soms net ‘n stad/dorp. As daar in daai plek nie werk is vir hulle nie, vergaan hulle. Dit slaan my ook altyd dronk dat iemand kan swanger raak in sulke omstandighede, maar weereens, ons ken nie die omstandighede nie en die mense het ons hulp nodig en as daar nou een volk is wat KAN organiseer en help, is dit ons volk.

  10. René sê:

    Roer – ek stem volborstig met jou saam!

    Ek wil nie gaan soek wie is te blameer en wat het die mense verkeerd gedoen nie … ek wil weet HOE KAN EK HELP?!

    Jy weet nie dalk of daar ‘n soortgelyke nedersetting in die Kaap omgewing is nie?

  11. Geelkat sê:

    Ek het vandag Petra se mail in my in box gekry en dit het my soos baie ander ook ontstel.

    Ja, ons ken nie die omstandighede wat veroorsaak het dat hierdie mense sit waar hulle sit nie (ongeag wit of swart). My ondervinding van “arm blankes” is egter nie baie goed nie. My skoonsus het ‘n tyd terug ‘n skoonmaak besigheid begin (mense se huise skoonmaak) en het besluit om net blanke vroue te gebruik – mense wat nie kos het om te eet nie ens – die ontnugtering was groot – die vrouens het een of twee keer kom werk en dan net gese hulle maak nie ander mense se huise skoon nie – dis werk vir swart mense!!!!! Ek weet mense kan nie almal onder die selfde kam skeer nie, maar ai, dit se nie veel van hulle bereidwilligheid om iets aan hulle situasie te doen nie.

    MAAR, kom ons help die kinders. Hulle het nie gevra om daar te wees nie, en hulle kan nie help vir waar hulle is nie. Ons kan hulle egter help om bo hulle omstandighede uit te styg. Bydraes moenie stop by geld / klere / kos nie – gee leiding, raad en liefde – wees ‘n mentor vir ‘n kind / kinders (wat jy ookal kan behartig) – help hierdie kinders om ‘n toekoms vir hulle self te bou.

  12. Vonnie sê:

    Renè, ek het ook die brief ontvang en ons het dadelik begin werk daaraan. Ons gesin is baie intens betrokke by NG Welsyn (babas en jong kinders).

    Nou moet ek tog ook sê dat hoewel mens baie simpatie en empatie met die mense het, daar maar baie maatskaplike probleme onder hulle bestaan wat ons ook nie kan miskyk nie. In sommige gevalle het die mense niks omdat hulle alles verkoop vir drank- of dwelmgeld.

    Mens kan maar net probeer help met ‘n oop gemoed – gelukkig weet ons nie wat met die artikels/kos gebeur nadat ons dit gegee het nie.

    Dit is ‘n intense hartseer storie dat kinders noodwendig ook onder die ouers se omstandighede moet lei. So het ons eenkeer ‘n 5- en 3-jarige (oulike klein ondeug!) sussie en boetie vir ‘n tyd by ons aan huis gehad. As die koskas oopgaan het die seuntjie die houer hawermeel gegryp en handevol so droog geeet. Dit was vir my ‘n weerspieëling van hoe dit in sy ouerhuis moes gegaan het – gryp en eet terwyl daar kos is, voor die groot honger weer kom.
    Ek het fotos van hul omstandighede gesien – geen beddens, matrasse of kussings nie – slegs ‘n kombersie as hulle gelukkig was. Daardie kinders het nie geweet wat is ‘n tissue nie. Hulle het vir die eerste keer by ons pannekoek geeet. Ek moes albei leer om toiletpapier te gebruik – dit koop mens verseker nie as jy nie eers kosgeld het nie.
    Ons ander is baie bevoorreg en besef nie altyd die elendige situasies van ander nie, want ons leef nie na aan hulle nie. Die maatskaplike taak druk eintlik baie swaar op ons almal se skouers en dis tyd dat ons wakker word vir die probleme wat rondom ons aangaan. Met die ekonomiese klimaat soos dit nou is sal dit seker ook net erger word.

  13. Riana sê:

    Rene, ek sal dit baie waardeer as jy vir my ook n lys van betrokke persone kan stuur waarheen ons skenkings kan stuur.As ons hande vat en saamstaan om ons eie mense te help, kan daar n bietjie verligting in hulle nood kom, al is dit sekerlik nie naastenby genoeg nie, want die getalle groei daagliks.Dit is n skrikwekkende gesig om al die swaarkry so te aanskou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s