Archive for April 18, 2008

Waaroor lê jy wakker in die nag?!!

Goeie dag, ek weet ek meng nie net my taal nie, maar baie beslis besigheid en welsyn. 

Vir die wat nie bewus is daarvan nie, hiermee besonderhede van die blanke plakkerskamp by die  Krugersdorpdam. Ek was Saterdag weer daar en word elke keer opnuut bewus van die aaklige omstandighede van hierdie mense.  As jy enigsins kan help kontak my groot asseblief … ONS MOET HIERDIE MENSE HELP.
 
Tans is daar 83 gesinne en omtrent 60 kinders betrokke.  Ons wag vir gesinne lys vanaf Hugo die persoon wat die park/kamp ordelik probeer bestuur, en sy skoonpa (eens op ‘n tyd die hoofkok op die bloutrein van transnet) is verantwoordelik vir die sopkombuis.  Hugo se vrou Irene sorg dat die ablusieblokke skoon bly, sien om na die siekes.  Die algehele omstandighede daar is benard en  bly die mense in haglike omstandighede.  Daar het intussen nog drie gesinne ingekom .. Chris, Riekie en Marietjie (4) het in hul motor gebly totdat vriende ‘n tent verskaf het Saterdag… ons het ook komberse gegee en kussings, maar hulle benodig alles waarmee mens huis moet hou… hulle het niks, niks, niks.   So ook Jan (52 + large) en Santi (43 + 38 ) het ook niks, niks, niks.  (hulle bly tans in die stoorkamertjie maar moet plek maak sodat kos en klere gestoor kan word.)  Geen kos word uitgedeel aan die mense nie, en dit word gehou vir die sopkombuis.  As daar ekstra brood, groente en vrugte is word dit wel uitgedeel.

Ons het dringend die volgende artikels nodig.  Hierdie mense is baie en meer as bereid om baie van die werk self te doen. Hulle oorleef wonderbaarlik onder hierdie haglike omstandighede….

Die ablusie blokke het slegs 2 baddens, 2 storte en 3 toilette in, vir die mans en dames afsonderlik, met slegs sementvloer.   En hierdie 230 mense moet dit elke dag  gebruik.

Die broodnodigste om mee te begin:-  (Ja die lys is baie lank, want daar is niks, niks, niks.)

  • Tente of enige seile om tente waterdig te maak.
  • Ou karavane.
  • Zozo hutte.
  • Enige beskutting waar kleuters gehuisves kan word om te speel en in te kleur. (Ren het rol draad om dit te omhein) Sonja van St Mary’s kinderhuis het ook klimraam vir die kleintjies geskenk)
  • Enige speelgoed vir die kinders.  (daar is omtrent 60. ek wag vir ‘n lys met name en  ouderdomme vanaf Hugo) 
  • Enige hout, spykers en  skroewe. (daar is 3 skrynwerkers wat nie werk het nie en hulle kan hutte of beskuttings hiermee bou.) 
  • Sinkplate.
  • Enige staal (Hugo het sweismasjien om tafels en beskuttings mee te maak.)
  • Ou hout pallets om in skuilings te sit om te dien as ‘n vloer… die grond bly nat en  koud).
  • Komberse en kussings.
  • Enige wol en breipenne (meeste van die dames kan brei, en sal vir die kinders en oumense bedsokkies kan brei.)
  • Naaldwerkmasjien en gare (baie dames kan klere maak, en sal help met die heel maak van klere wat stukkend is.)
  • sement. (in die lapa en die vloer voor die kombuisie. huidiglik net grond en modder)
  • Beligting (ligte om buite op te sit vir die nag as iemand toilet toe moet gaan asook veiligheid..)
  • Hulle benodig 10 florescent ligte 4vt, 5vt en 6 vt.
  • Een van die groot geyser het gebars – kan heel gemaak word, maar dalkies het iemand ‘n ander geyser om te skenk. (anders benodig ons 16 Brazing Rods.  Hugo reken hy sal die geyser kan regmaak)
  • Plasiese tafels en stoele.
  • As iemand weet van afdak om voor die sopkombuis op te sit.
  • Skoonmaakmiddels.  Die  badkamers is groot gesondheidsrisiko..
  • Enige baba badmiddels, medisyne,  poeier, weggooidoeke ens. (babas is 1 maand 3mde, 4mde, 1half  jaar, een dame gaan oor ‘n maand baba hê, baie kleuters en  laerskoolkinders…)
  • Kinderklere.
  • Elektriese draad en trip skakelaars (vir nuwe bedrading)
  • Gas bottels en stofies. Hulle ondervind oneindig baie kragonderbrekings…    
  • Enige medikasie, hoesgoed en  pleisters, Savlon, rome.  Daar is nie geld vir hospitaal as iemand seerkry nie … en met die 60 kinders daar is dit groot  probleem.  Iemand  het noodhulpkissie voorsien.. maar ons het nodig om dit gedurig op te vul.
  • Babakos en melk.  Purity No 1 (melk) Ryspap (nestle No 1.) NANNo  1.
  • Sambrele vir skaduwee.
  • Enige kos, blikkies, sop, pasta,  groente en vrugte ens vir die sopkombuis.  Dit word daar toegesluit en word beheer deur die kok Simon.  Tans kry die inwonders net elke tweede dag  kos.
  • Teëls en teëlsement … as ons die badkamers kan teël sal dit ook meer higiënies wees.  Tans is dit ‘n massiewe probleem.
  • Energie besparings gloeilampies.
  • Swartsakke vir gemors en skoonmaak van terrein.
  • Enige ou tuingereedskap,  grasmasjiene en kantsnyers … Die munisipaliteit maak nie die terrein skoon nie.

Hugo het ‘n bakkie en is bereid om enige skenkings te gaan afhaal indien die skenker nie kan nie.

Hugo benodig ‘n borg.  Die kinders se skoolfonds is groot probleem.  Die eerste R350.00 van elke kind moet betaal word en is vir boekgelde.  Die res word afgeskryf.   Die ouers het bloot net nie die R350.00 nie.   Daar is enkeles wat wel werk maar dit word gebruik vir oorlewing.

Ek hoop regtig dat ons so ‘n klein bietjie die nood van verlig… ons sal dit nooit nooit heeltemal kan verander nie.   Die kinders en oumense is die grootste  prioriteit.

Dankie vir jou tyd … ek waardeer dit  opreg.  Maar gepraat van waardeer – moet jy daardie gesigte sien as ons goedere soontoe neem.  Die kinders het Saterdag elkeen ‘n groot pakkie smarties gekry, en dit was XMAS.

Petra Swiegers

Dis ons eie mense soos in hierdie brief wat my laat wakker lê! En wat doen ons?

Ons kla oor twee ure se beurtkrag elke tweede dag, ons kla oor die prys van wit brood en swak diens by ‘n luukse supermark. Ons kla oor die petrolprys! Is dit nodig dat ek aangaan?? Besef ons hoeveel mense daar in ons eie land is wat nie kos het om te eet nie – ons EIE mense!! 

Wat my by ‘n ander punt bring…die foto hierbo is by die KKNK geneem, by die tentoonstelling van Generaal De La Rey se doodmasker! Ja, dis nou wel ‘n foto van ‘n konsentrasiekamp-kindjie, maar as ek aan honger kinders dink, kom hierdie foto by my op!  Op soek na ‘n foto om bo-aan hierdie post te plaas van ‘n kind wat swaarkry of  hongerly – kon ek nie een enkele foto op die www kry van ‘n BLANKE kindjie nie! Almal swart Afrika kinders!

Ek is nie ‘n rassis nie, en veral nie as dit kom by kinders nie – ‘n kind bly in my oë ‘n kind! Maar besef die wêreld daarbuite nie dat daar ook blanke mense is wat arm is nie – blanke kinders is wat honger is nie – ons eie blanke mense is wat dringend enige soort hulp en sorg nodig het nie?

Daar MOET iets wees wat ons kan doen…?! Is dit nie die eerste klein babatreetjie wat ons elkeen kan gee om Suid Afrika ‘n beter plek te maak vir ALMAL nie??

(UPDATE : Petra kan gekontak word by Tel: 011 794 9819, Fax: 011 794 3885, Cell: 083 267 7707 petren at iafrica dot com)

Advertisements