…opportunity…

Posted: April 16, 2008 in Uncategorized

Nou ja – die skrif is teen die muur … ek het my besluit geneem en na 7 jaar gaan ek Kaap Agri verlaat!! Die Brombeer sal eers Maandag weet – aangesien hy op die oomblik op ‘n toer na ons handelstakke is – maar die nuwe werkgewer het reeds die JA-woord ontvang!:mrgreen:

Ek moet darem net met jul deel hoe ek tot die besluit gekom het om die “kans” te vat! Ek glo dat mens uit ander mense se ervaringe leer, daarom is ek nie suinig om my ervaring met julle te deel nie!

Ek is nie ‘n bygelowige mens nie! Ek glo dat alles in die lewe met ‘n doel gebeur – goed of sleg – daar is ‘n rede voor! Maar ek glo dat mens deur “tekens” gelei word as jy by ‘n kruispad in jou lewe kom waar jou keuses ‘n massiewe invloed op jou lewe (lees gemaksone) gaan hê! Jou ogies moet net wawydoop wees om daardie tekens te kan sien! Meeste van die tyd sien ek eers werklik die tekens in “hindsight” en soms dalk heeltemal te laat, maar hierdie keer was ek oopkop en baie gelukkig!!

Sondag was ‘n lieflike sonnige dag in die Ceres-Karoo! Tienuur die oggend was dit 30 grade en die kraai en donkies en enige iets wat soos ‘n skaap lyk, het lang hitte-gape gegaap!! Ek besluit toe maar om die quad-bike te vat veld in (moenie eers vra hoekom ek gewag het vir die kwik om te styg nie – ek moes seker al 8h in die pad geval het – maar toemaar…) en ‘n paar foto’s te gaan neem!! So ry ek deur die rivier, onder doringbome deur, poeierstof en wind deur die hare!! En uit die bloute “verskyn” daar ‘n vervalle klip geboutjie wat ek nog NOOIT tevore in hierdie stukkie veld gesien het nie!! Aanvanklik was ek maar huiwerig om te gaan loer wat daar binne aangaan – maar my nuuskierigheid het op die ou end teen die slang-vrees gewen, en ek moes my neus deur die venster (let wel nie die deur nie) gaan insteek! Vir letterlik ‘n paar sekondes het ek soos ‘n soutpilaar gevries! Ek kon nie glo wat my oë sien nie en my kop het saamgepraat! Hierdie was die prentjie wat my gegroet het…

Die helder son wat deur die krakies en vervalle ou deur skyn, het vir my ‘n boodskap ingehou!! Op enige gegewe dag sou ek dit sien as ‘n donker deur en agter dit skyn die son – maar dit was asof die son net so ‘n bietjie ekstra ge”sparkle” het en die eerste gedagte wat toe by my opkom is: die deur van “opportunity” staan vir my wa-wyd oop! En al lyk dinge nou vir my onseker en donker – daar is ‘n lig aan die anderkant van daardie deur en hy nooi my om in te stap, en my geleenthede met altwee hande te gryp! Dis al waaraan ek kon dink terwyl ons Sondagaand huistoe gery het – en Maandagoggend het ek opgestaan en net geweet wat ek moes doen! 

Gisteroggend (Dinsdag), bo alle verwagtinge, hoor ek ‘n ou bekende stem uit die woestyn wat die volgende boodskap vir my bring…

Feit 1: Die wind waai elke aand die dag se spore toe.
Feit 2: Jy kan groot gate grawe in die sand – na ‘n dag of drie is die letsels weg en lyk die woestyn weer dieselfde.
Feit 3: Dit is altyd die moeite werd om ‘n duin te klim en anderkant te kyk, want môre gaan dit nie weer so lyk nie.
Feit 4: Die duine staan nooit stil nie. Hulle beweeg deurentyd soos die wind hulle opwaai en weer neer sit.

Watter lesse leer ons uit bogenoemde feite…

Les 1: Wat jy elke dag doen en praat word elke aand geskiedenis. Jy kan dit nie weer herhaal of terugdraai nie. Elke aand berei die woestyn hom voor vir nuwe uitdagings wat môre kom deur vandag se spore dood te waai. Sou die woestyn bang wees en klou aan gister se spore sou dit later net ‘n deurgetrapte stofgat gewees het. Is dit nie tyd vir ‘n vars toekoms nie?
Les 2: As jy ‘n fout sou maak, kan jy dit regmaak. Party foute vat langer om reg te maak – ander weer gouer. Maar foute kan altyd reggemaak word
Les 3: Sou jy net aan die een kant van die lewe bly sal jy altyd wonder hoe lyk dit aan die anderkant. Sou jy eers later die moed kry om wel te gaan mag dit anders wees as nou.
Les 4: Ons moet altyd groei, uitdagings aanvaar en dinge doen wat “scary” is anders word ons skaak pionne wat deur ander rondgeskuif word. Sou dit blyk ‘n verkeerde besluit te wees, geld die woestyn reël steeds van: Beweeg verder aan totdat dit blyk ‘n regte besluit te wees.

Ek teken môre kontrak…!

Kommentaar
  1. Mooi inskrywing en regtig ‘n besonderse foto. Baie geluk! Ek is so bly jy het hierdie besluit geneem – ek is seker dis die regte besluit!

  2. Kaalvoetkind sê:

    Sjoe!! Die foto sê rerig alles!! Noudat jou besluit geneem is, wil ek graag vir jou alle voorspoed toewens met jou nuwe pos.

  3. Stunning foto! Ek is bly het ‘n besluit gemaak en mag dit vir jou net vreugde en voorspoed inhou! Geniet elke oomblik van jou nuwe uitdagings!

  4. Pikkelik sê:

    Baie bly jy het die besluit geneem. Daar’s niks wat so aan jou siel knaag soos onsekerheid nie. Sterkte en alle voorspoed!😉

  5. Eben sê:

    Pragtig pragtig Rene!!! Dis ‘n pragtige foto wat jy geneem het, maar die inskrywing daarna en hoe jy dit sien is absoluut fantasies. Dit maak ook dat ek na ander dinge ook kyk.

    Ek glo ook mens stap nie deur die lewe met klappe langs die ogies soos ‘m donkie of muil! Die geleenthede is daar, gryp dit net aan. Soos jy tereg ook noem, as jy dit nie neem, hoe sal jy ooit weet wat kon gebeur het.

    Lekker posting en is mal daar oor. Lekker naweek en onthou, Maandag sal vir homself sorg.

    O jaaaaaaaa amper verget ekke … Geluk oor jou positiewe besluitneming, ek glo jy sal suksesvol wees!

  6. Roer sê:

    Sterkte. Mal oor die foto.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s