Ek het ‘n GROOT loopbaanbesluit om te maak die naweek… Ek het uiteindelik die pos gekry wat ek al soooo lank begeer en nou moet ek net besluit YAY or NAY!! Dis baie stresvol, want eerstens weet ek nie hoe ek die nuus aan Brombeer (die baas) gaan oordra nie – hy wil my (in soveel woorde) onder geen omstandighede laat gaan nie!! Om alles te kroon het ek hierdie week ook ‘n tussentydse salarisaanpassing gekry – wat my besluit natuurlik net NOG meer kompliseer!
In kort behels die nuwe beroep Bemarking – ek werk op my eie tyd vir my eie sak – geen 8 tot 5 kantoorure nie en GEEN baas wat heeldag oor my skouer loer nie! Dit wat ek insit is wat ek uitkry! Klink eenvoudig, maar as mens al die sekuriteit van ‘n Totale Pakket met byvoordele moet prysgee, raak dinge bietjie ingewikkeld!
So…
PS. Roer … ek aanvaar jou tag … ek gaan net so bietjie my breinkrag spaar vir die naweek, en dan plaas ek my “8 things” volgende week!!
Lekker naweek vir julle … dink asseblief aan my!! En bid – bid BAIE!!
Sterkte!! Hoop die besluit wat jy neem is die regte een!!
Dis reg so Renetjie. 😉 Sterkte met daai groot besluit.
Dink aan jou en bid vir jou!
Voorspoed met jou besluit vriendin!
Hugs
DM
Dink aan jou. Ek is veels te veel van ‘n bangbroek om vir myself te werk. Nee wat, laat die baas eerder worry oor waar my geld vandaan kom as wat ek daaroor moet worry. Maar jy is nog jonk, so”go for it”, veral as dit is wat jy graag wil doen. Sterkte, ek glo jy sal kies wat reg is vir jou!
Voorspoed en sterkte. Ek glo jy sal die regte besluit neem…
Good luck… daai eerste tree in die unknown is altyd die moeilikste…
Jy lees seker nie in die naweek nie, maar sterkte daarmee.
Wel, as jy besluit om te bly, gebruik eers die kans om NOG ‘n aanpassing te kry!
Rene, baie baie sterkte met jou besluit. Mens kan soveel raad en daad ontvang/gee, maar op die einde van die dag is die besluit joune.
Sterkte en hoop jy het darem tussendeer ‘n lekker naweek gehad, al is dit net omdat die Stormers gewen het.
Groete
Ek weet ek is bietjie agter die tyd, maar ek is net so bly jy blog weer, dat ek nie omgee waar jy werk nie, maar sterkte in elk geval. 🙂
Sterkte met jou besluit!