…time out…

Posted: Maart 4, 2008 in Uncategorized

face.jpg

Ek neem so bietjie “time-out” van blogging!

Ek los jul met hierdie “kopkrapper” – sal nogal interessant wees om jul antwoorde te sien!

Niemand op aarde leef meer, behalwe 10 mense in ‘n vallende vliegtuig.  Daar is net 5 valskerms. Wie moet dit kry ten einde menslike voortbestaan op die aarde te verseker? En hoekom?

Dokter (Man, 60 jaar oud)

Swanger Vrou (28 jaar oud)

Predikant (Man, 42 jaar oud)

Wetenskaplike (Vrou, 31 jaar oud)

Loodgieter (Man, 51 jaar oud)

Ingenieur (Man, 30 jaar oud)

Sielkunde student (Man, 21 jaar oud)

Skoolkind (Vrou, 15 jaar oud)

Model (Vrou, 25 jaar oud)

Entrepeneur (Vrou, 45 jaar oud)

Kommentaar
  1. netjane sê:

    Moeilike enetjie!

    Ek sal gaan vir die Wetenskaplike, die ingenieur, die swanger vrou, die sielkundige student. Oor die 5de een moes ek dink, maar ek dink die skoolkind.

    Die groepie moet hulleself probeer vermeerder, so al die vrouens is nog vrugbaar, so ook die mans. Vir ingeval nie een van die vrouens vrugbaar is nie het ek die swanger vrou gekies, dan is daar darem ‘n volgende generasie.

    Die wetenskaplike en ingenieur kan sorg dat goed uitgevind/uitgedink/gemaak word. Die sielkundige student sal omsien na die groepie se siele en welbehae en kwessies soos “why are we here!?” aanspreek.

    As mens die swanger vrou los sal ek waarskynlik die entrepeneur gekies het, want entrepeneurs het gewoonlik ‘n heel ander tipe persoonlik, meer go-getters as die res.

    O hel, maar wat van die dokter?

    Ag nee man René, jy vat ‘n break en ons moet swoeg.

  2. Honey sê:

    Die dokter sal seker moet rondhang om die swanger vrou te help ens. En seker ook om seker te maak almal bly darem gesond.

    Ek sou ook gekies het as gevolg van die vrugbare mense en wie die volgende generasie kan create. Ek wou eers gese het mens het net een man nodig om al die vroue swanger te maak maar dit sal ook nie werk nie want dan is hulle mos almal familie. nee jong die blonde brein wil nie werk nie.
    Ek is net bly dis nie ‘n real life situasie nie……wel nog nie ten minste. Geniet jou break Rene

    XmwahX

  3. Da Mario sê:

    Mans: Die dokter en ingenieur.
    Vroue: Die swanger vrou, die skoolkind, die wetenskaplike.

    Dink die dokter is half belangrik, maar die groepie kan moeilikheid kry sonder medisyne, die ingenieur is die jongste man met (hopelik) ‘n praktiese aanslag. Die girls is jonk en het die potensiaal vir voortplanting. Die kombinasie is 2 mans en 3 vroue om bases te cover vir vrugbaarheid, maar ek is bevrees dat jy VEEL meer mense nodig het om in-breeding te voorkom (die beskikbare gene-poel is te klein). Hulle sal dus anyways doomed wees.

    Al waaroor ek wonder, is wie daai damn vliegtuig gevlieg het indien niemand die pilot was nie….en…valskerms het gewoonlik ‘n weightlimit, as dit weermagskerms is kan almal spring, as niemand oorgewig is nie kan meer mense spring en en en…😉

    Maar daar het jy my keuses!

  4. Da Mario sê:

    Net so laaste gedagte…
    Met ‘n lyfie soos daai girl op die foto, weet ek darem nie so mooi nie. Sy lyk nogal sexy…

  5. René sê:

    Hallo Sweet Honey! Jislaaik vriendin – stuur ‘n slag weer ‘n mail jong dat ons kan opvang!!

    Thanx vir jul bydraes Jane, Honey en Da Mario! Toe ek die kopkrapper lees was my eerste vraag … WAAR sal hierdie mense land met hul valskermpies?

  6. mykopop sê:

    Nee man, dis te moeilik! Miskien moet mens eers dink wie moet nie valskerms kry nie.

  7. Da Mario sê:

    Hoeveel verskillende mense is nodig om wel die voortbestaan van die mens te verseker in die geval van ‘n kataklismiese gebeurtenis? Hoe groot moet die gene-poel ten minste wees?

  8. Celéste sê:

    Die vyf wat die valskerms moet kry is:
    Swanger vrou – vrou
    Wetenskaplike – vrou
    Skoolkind – vrou
    Model – vrou
    Entrepeneur – vrou
    DUS
    al die vrouens.
    Die wetenskaplike en entrepeneur sal wel ‘n manier uitvind hoe die mensdom (sonder mans) kan voortplant!
    EN WHALA!

  9. TristonJ sê:

    Celéste… ek stem sooo saam! wie het nou n man nodig!😉 ans vrouens is mos slim genoeg om dit self te kan reg kry

  10. Da Mario sê:

    Julle spul lesbians…😆

  11. duskant sê:

    Ai Celeste…die oplossing is so eenvoudig. Die ingeneur, ‘n man, kan mosmaar net die vliegtuig regmaak😉 .

  12. Celéste sê:

    Duskant, ek hoop die ou is ‘n meganiese ingenieur, anders gaan hy nie veel weet van ‘n vliegtuig se binnegoed nie! En hy moet daarby damm goed wees om die vliegtuig so in die vlieg te herstel – wie weet, sy naam is nie dalk McGyver nie?!😆

  13. René sê:

    Lol @ Celéste – what a joyfull day it would be when woman rule the world!😆

    My keuses:

    Swanger vrou (met die hoop dat sy met die val nie haar baba verloor nie!)
    Wetenskaplike (ter wille van oorlewing)
    Ingenieur (hopenlik sal hy weet hoe om vuur te maak sonder vuurhoutjies)
    Sielkunde student (net omdat hy jonk en ‘n man is!)
    Skoolkind (net omdat sy jonk en ‘n vrou is!)

    Hierdie kopkrapper het ek by my skoonsus se 15jarige dogter gekry, dit was ‘n Sondagskoolles! Needless to say volgens die sondagskooljuffrou moes die predikant ook ‘n valskerm kry! Om wat mee te maak wou ek weet?

  14. kan ek net noem dat jou nuwe avatar baie cool lyk🙂

  15. René sê:

    Dankie Johan!!🙂

  16. uitdiesielvannboer sê:

    Ek dink die wetenskaplike, die ingenieur, die entrepreneur, die skoolkind en die dokter, omdat:

    Die Wetenskaplike, Ingenieur, Entrepreneur en Dokter die noodsaaklikste/belangrikste kennis en vernuf beskik om ‘n nuwe wêreld op te bou. Hulle het waarskynlik, uit die gegewe keuses, ook die genetiese samestelling om vir ‘n meer intellektuele ras te maak. Voorts is die dokter en die entrepreneur ook waarskynlik – gegewe hul ouderdomme – beskikkers van wysheid.

    Ek sal die skooldogter eerder as die swanger vrou red – wanneer daar ‘n nuwe wêreld opgebou moet word en ‘n baba sal ‘n voetboei wees in die eerste paar jaar en…

    …hoekom vra jy sulke moeilike vrae? Ek begin vir myself soos Hitler klink met wie leef en hoekom!😉

  17. Mmm… René in ‘n manier maklik en dan aan die anderkant nie eintlik nie.

    Ek verstaan nie wel die sielkunde student nie en ook nie die meisie of die swanger vrou nie. Maar, toemaar. 3 Mans en 2 vroue of 2 mans en 3 vroue

    Doc, Swanger vrou/Skoolkind, Wetenskaplike, Ingeneur/Loodgieter, Skoolkind/Entripeneur/Predikant(?).

    Dokter (Man, 60 jaar oud) Mmm.. Hy kry ‘n valskerm. Maklik hy is hopelik van die ou-garde wat nog van lennon en bossies verstaan. So hy kan konkoksies brou. hy het ook geleer van babas en liggaams organe. So as hy jou oopsny kan hy jou weer toe werk. Nie soos baie van vandag se toordokters nie.

    Swanger Vrou (28 jaar oud) Mmm… swanger vroue en valskerms meng nie. Hang ook af of sy 3 maande of 9 maande swanger is. Sy kan moontlik die baba verloor anders kan die baba oorleef maar sy sal doodgaan. Ander vraag wattter vaardighede het sy? Kan sy klere maak? Is sy dalk ‘n onderwyseres of ‘n hiusvrou? Wie gaan die kosmaak? Voor ek vergeet wie het gesê swanger vrouens is maklik om mee saam te leef? Hey ek dink net aan as hulle moet begin oorleef op die grond.

    Predikant (Man, 42 jaar oud) Mmm… hy bly agter as sy naam nie Johan is of in die platteland groot geword het nie. Dis maklik baie Predikante het stokpertjies (houtwerk of iets) en as hulle op die plateland groot geword het is hulle redelik handvaardig. Iemand moet net sy Bybel vat en hy kan help bid dat die res redelik veilig land (crash).

    Wetenskaplike (Vrou, 31 jaar oud)Mmm… wetenskaplike van? Baba fabriek is nog in ‘n posisie om “babies” te maak. As sy geset is in haar maniere dan gaan daar ‘n probleem wees. Sy sal moet leer om haar wetenskaplike beginsels toe te pas om die groep te help en dus ‘n algemene wetenskaplike te word en nie net die special-“niks” wat baie is nie.

    Loodgieter (Man, 51 jaar oud)Mmm… die een wat as die ander nie saam speel nie die valskerm kry. Huh? Wel loodgieters soos ek hulle al geleer ken het is harde mense. Dus is hulle nie net ‘n aanwins tot die groep nie, maar kan praktisie probleme oplos. Hidroliese krag was eerste gebriuk om werk te verrig deur meganisie apperaat. Ons het elektrisiteit vir die laaste 100 en ‘n bietjie jaar. As dit ‘n Kern oorlog is sal niks elektries werk nie of weer werk nie. Elektriese Ingeneurs kannie werk nie want hulle bou goed uit boksies wat klaar werk. Meganiese Ingeneur sal wel eerste die valskerm kry.

    Ingenieur (Man, 30 jaar oud) Mmm… hy kry ‘n valskerm as hy nie ‘n sagteware ingeneur is nie. Hy is nog nie bo in die leer nie. So hy verstaan moontlik nog van spanners en tange. Hy is moontlik ook in die posisie om wapens te maak. Hopelik het hy sy eerste jaar met lof geslaag en onthou dit. Anders gaan hy sukkel met die res van die trip.

    Sielkunde student (Man, 21 jaar oud)Mmm… wie het nou eintlik ‘n nut case nodig? Hy loop moonlik die risiko dat hy gay is en bang is vir goggas. Bo op dit sal hy moontlik niks kan doodmaak nie en ook geseën is met dertig linker duime. Neemaan sy beste wapen sal wees om met die leeu te redineer dat die leeu hom nie moet eet nie.

    Skoolkind (Vrou, 15 jaar oud) Mmm… soos die ander gesê het sy kry ‘n valskerm as die swanger vrou nie die lys maak nie. Wel iemand wat jy nog van die wêreld moet leer terwyl jy probeer oorleef? Kan sy klere maak? Hoe is sy met kinders? Watter ander skills kan sy n die afel bring behalwe ‘n selfoon operate en na haar iPOD luister?

    Model (Vrou, 25 jaar oud) Mmm… maklik as sy net ‘n model is dan skiet jy haar, anders het sy moontlik Bcom geswat. Dink nou daar aan skiet haar in elkgeval.

    Entrepeneur (Vrou, 45 jaar oud) Mmm… Sy kry ‘n valskerm as die predikant se kondisies nie na gekom is nie. By gesê moet sy ook nie die tannie van die blomme winkel of die koffie winkel wees nie. Sy moet ‘n maatskappy hê en dus 20 plus mense wat onder haar werk! Sy kry ook ‘n voorwaarde in dat sy nie mag selfgesentreerd dink of werk nie. Entrepeneurs is gewoonlik problem solvers en dus soek maniere om probleme op te los. Hulle kyk ook nie vas in wat gegee is nie, maar dink buite die boksie. Ongelukkig is haar baba fabriek oppad uit. Sy sal moontlik nog ‘n baba of twee kan kry, maar dit sal ‘n moeilike swangerskap wees. By gesê as die fabriek nie klaar uitgehaal is nie.

  18. René sê:

    Sjoe Realmkeeper – dis nou ‘n baie insiggewende stukkie kommentaar! Jou siening oor die model is nogal interessant! Skiet haar in elk geval! Whahahaha!

    Welkom op my blog! Hoop jy kom loer weer in!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s