…die naweek…

Posted: Maart 3, 2008 in Uncategorized

concern.jpg

RUGBY

Ek wil eerder nie kommentaar lewer oor die rugby nie – omdat ek nie ‘n expert is nie en ook nie gaan voorgee ek is een nie! Ek het die Bulls-Sharks game met verdeelde aandag gekyk, maar nie so verdeeld dat ek nie kon sien hoe JP Nel aangejaag het nie! Ek is erg teleurgesteld in die tekort aan dissipline by die Bulls span, maar ook bly vir die Sharkies wat die geleentheid so goed benut het!

Die Crusaders (lees Dan Carter) het my naweek gemaak met hul oorwinning oor die Stormers! Whooooohooooo! Ek sal niks meer sê nie…!

NUWE LEWE

‘n Baie klein mensie het Saterdagaand besluit hy wil nie tot Maandag wag om deel van ons wêreld te word nie en het vir Pappa Michael, Mamma Chantell en ouboet Kaylem verras met sy skielike besluit!! Kian Baker is gebore 1 Maart 2008 om 23:30 en hy is ‘n pragtige, gesonde en sterk kêreltjie! Baie geluk aan die Baker-gesin – ons is saam met julle baie opgewonde oor die toevoeging tot ons vriendekring! Mag hy vir julle jare se plesier, liefde en vreugde bring!

kian.jpg

KKNK

Ons verblyf by die KKNK is bevestig en betaal – ek gaan my 30ste verjaarsdag op my gunsteling manier vier – op die kunstefees met duisende mense en musiek om van die kies en te keur! Wat ‘n FEES!! Ek tel al die slapies…

( PS…ek werk aan ‘n post oor “30 word” na aanleiding van ‘n opmerking wat iemand die naweek gemaak het! Ek verstaan nie eintlik waaroor die issue van 30 word vir vrouens gaan nie!?? )

Hoop jy het ‘n fantastiese week!! Mag jou Maandag geen skakerings van blou hê soos myne reeds het nie!!!:mrgreen:

 

Kommentaar
  1. TristonJ sê:

    My maandag het nie wat wonders begin nie… maar nou ja so gaan dit maar! Ek hoop joune verbeeter darem vinnig… pragtige geskenkie aan die werld daai klein man.

  2. Celéste sê:

    Ek was nog nooit so erg depressief soos ek was op my 30ste verjaarsdag nie. Dit was die aakligste dag van my lewe! Ek dink die besef dat jy nooit weer “iets-in-die-twintig” sal wees nie, het my kwaai gevang. Daarom is en bly ek die ewige “jeugdige” ouderdom van 27 (totdat iemand my snaaks aankyk as ek sê ek is “27”).

  3. netjane sê:

    Ek was nog nooit by die KKNK nie! Hoop jy geniet die verjaarsdag en die trippie baie. Ek probeer juis nou om iets vir ons Paasnaweek gereël te kry, maar ek draai so by die blogs vas!

  4. Jasper sê:

    As julle lekker aant skoffel is daar by die KKNK, dink so bietjie aan onse werkers wat nie daar kan wees nie!!

    Heppie Heppie en al die lekker dinge.
    Hoop die grooooot DRIE NUL kom sonder die oggend kopseer!!😉

  5. René sê:

    Hehehe – ek het gehoop die groot DRIE NUL kom saam met die oggend kopseer!!:mrgreen:

  6. Zee sê:

    Agge nee man, 30 is nie so erg nie, wag tot jy 40 slaan😆

    Daai kleinding is te cute, kyk net daardie ou pruilmondjie!

  7. Da Mario sê:

    30 was niks vir my nie, maar ek is nogal skrikkerig vir 40.
    Lol, jy kan try en maak soos my sussie, gaan net vir 29, dit sal langer aanvaar word…😉

  8. René sê:

    Wat meen jy Da Mario? Met my looks, sal ek nog vir ‘n baie lang tyd met 25 wegkom!!😆

  9. Da Mario sê:

    Nog easy 10 jaar lank ja!😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s