…water…

Posted: Februarie 13, 2008 in Uncategorized

GOEIE FROK!!!!

Dis al wat ek vanoggend kan uitkry! My Woensdag het erger as die blouste Maandag begin!! Toe ek vanoggend ewe tjirpie by my lessenaar aankom, word ek met ‘n pragtige waterprentjie gegroet! Het jy ‘n idee hoe dit voel om in die oggend by jou kantoor in te stap en jou lessenaar is onder water?

Ek het gister ‘n baie mooi bos blomme gekry! Iewers van gistermiddag 17:00 tot vanoggend 07:30 het “iemand” (wat alreeds danksy hom/haar nou morsdood is) besluit om die blompot bo-op die toonbank bo my lessenaar te sit – en om die een of ander onverklaarbare rede het die pragtige bossietjie blomme self besluit dis tyd vir omval!

ALS IS NAT!!! My kleurdrukker druk waterstrepe, my penne swem in hul penblikkie, my pragtige Sasko verjaardag-almanakkie is daarmee heen, my deskpad lyk soos crinckle cut chips, selfs die confetti papiertjies in my pons is nou een klont confetti water! Al die dokumente wat op my lessenaar gelê het vir vandag se To Do lysie – lyk of dit ‘n nuwe krinkelpapier uitvinding is! My notaboekie met die afgelope twee jaar se telefoonnommers en onthou-notas is daarmee heen! Gone!!

As dit nie vir my mindset-swaai was van gister nie – het ek werklikwaar vanoggend ge”crack”!

Ek het nou maar gered van my drukker en die res van die lessenaar-items wat ek kon! Ek kon darem so hier en daar ‘n blommetjie red wat se steeltjie nie afgebreuk het nie, maar my werklas het heelwat toegeneem en ek en die fotostaatmasjien gaan vanoggend redelik tyd saam spandeer! En dis nie asof dit môre ons Algemene Jaarvergadering is en daar heelwat voorbereidings nog voorlê daarvoor nie!!!

Al wat ek nou doen is om maar daaroor te lag … !

kurt_cobain.jpg 

About a girl 

I need an easy friend
I do … with an ear to lend
I do … think you fit this shoe
I do … won’t you have a clue

I’ll take advantage while
You hang me out to dry
But I can’t see you every night
Free
I do

I’m standing in your line
I do … hope you have the time
I do … pick a number too
I do … keep a date with you

I’ll take advantage while
You hang me out to dry
But I can’t see you every night
Free
I do

I need an easy friend
I do … with an ear to lend
I do … think you fit this shoe
I do … won’t you have a clue

I’ll take advantage while
You hang me out to dry
But I can’t see you every night (x2)
Free
I do … (x4)

(PS. die Kurt Cobain prentjie en song is SOMMER NET! – ek was nog altyd ‘n fan van sy musiek!)

Kommentaar
  1. netjane sê:

    Dis regtig ‘n gatslag. Sterkte met die droogmaak. Of is dit droog maak?

  2. boegels sê:

    Kom kyk wie het ek as my blog van die week aangewys: http://boegels.wordpress.com/

  3. Jasper sê:

    Is jy seker jy het nie so een of 2 swetswoorde gespreek nie😉

  4. René sê:

    Ek het Jassie – die ongesensorde weergawe van GOEIE F(R)OK!! En die res sal ek nie hier uiter nie!😆 Dit was natuurlik vóór ek histeries aan die lag geraak het daaroor!! hehehehe!

  5. René sê:

    UPDATE

    My kleurdrukker druk, nadat dit vir vier ure voor ‘n waaier gestaan het, gelukkig nie meer waterstrepe nie! Phew – ek is baie verlig – hoe sou ek aan die IT Polisie verduidelik dat hul toerusting gekalf het omdat ‘n “feetjie” die blompot geskuif en omgestamp het??

  6. Da Mario sê:

    All’s well that ends well…😉

  7. mykopop sê:

    Jammer alles in die lewe het nie ‘n “undo button” nie! Het julle nie sekuriteitskameras met bande soos in die TV-programme nie? (In hierdie geval het die ou wat drooggemaak het eintlik natgemaak – of is dit nou andersom Jane?)

  8. Celéste sê:

    Alle simpatie, René. Volgende keer moet jy maar liewers ‘n kaktus of iets daar sit wat nie water nodig het nie!😉

  9. TristonJ sê:

    Vrek maar ek sal n oorval kry! bly jy kan darm die ligte kant van n slegte saak sien😀

  10. Da Mario sê:

    Happy Valentine’s Day René… hoop jou liefie spoil jou stukkend en dat die dag wonderlik is vir jou, en dat jy darem nie net met julle AJV besig is nie!
    mwah!!

  11. René sê:

    Thanx Da Mario – en happy Valentine’s Day vir jou ook! Mag daar ook ‘n paar verrassings na jou kant toe kom!

    Ongelukkig gaan my dag NET uit die AJV bestaan, maar het ek darem ‘n langnaweek wat voorlê! Yeeeehhaaaaa!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s