…hitting pause…

Posted: Februarie 12, 2008 in Uncategorized

Se voet met “hitting pause”!

Vandag druk ek die STOP knoppie op hierdie rollercoaster-ride wat ons DIE LEWE noem!!

stop.jpg

Ek het genoeg gehad…

Genoeg van negatiewe gedagtes…

Genoeg van selfbejammering oor die mat onder my voete uitgeruk is en my wêreldjie geskud is…

Genoeg trane en genoeg verwyte…

Van vandag af, gaan ek weer my ou self wees…

Positief

Entoesiasties oor die lewe

Dankbaar

Humoristies

Vriendelik

Goedhartig

…en sommer net René-wees!

I’m letting the hair down and letting the wind take control of my hairdo!

Een dag op ‘n slag … ek sal OK wees, ek weet!

Kommentaar
  1. Skoor sê:

    sterkte! en as jy dit gedoen het, en dit werk, laat my asb die stappe na geluk, kry. Vandag voel ek ook half of more nog erger kan wees. Om nie van oormore te praat nie!

  2. Netjane sê:

    Do it! En ek is seker jy gaan dit regkry ook. Sterkte!

  3. Jasper sê:

    Slaan hulle bloedneus bokkie!!

  4. boegels sê:

    Positief laat ‘n mens langer lewe!

  5. René sê:

    skoor, ek glo nie in stappe na geluk nie – happyness lê in jou kop! Dis ‘n mindshift wat jy maak waarin jy net eenvoudig nie toelaat dat dinge vir jou te veel raak of jou onderkry nie!!

    Janey, ek doen dit reeds en kry dit reg! Ek kan actually nie glo dat ek toegelaat het dat my emosies die oorhand kry nie! Ek dink ek was dalk vir ‘n paar daggies deur aliens ontvoer en hulle het ‘n lelike negatiewe mens in my plek kom los! Bloody aliens!! Maar EK is weer terug!

    Thanx Jasper!

  6. Celéste sê:

    Nou maar welkom terug, hoop daai aliens het nie allerhande snaakse eksperimente op jou uitgevoer nie!

  7. mykopop sê:

    Dankie René, oulike inskrywing – presies wat ek ook probeer doen!

  8. Marius sê:

    Iewers verlede jaar het ek omtrent dieselfde geblog . Vandag as ek terugkyk dan besef ek dat dit nie altyd so maklik is om daai positiewe uitkyk te hê nie maar ek herinner my altyd aan wat ek toe geskryf het en lig die ken op en gaan aan. Op die ou einde is dit om te lewe van dag tot dag en nie teveel te top oor die verlede en dinge wat mense hoegenaamd enigiets aan kan doen nie.

  9. René sê:

    Dis baie waar wat jy sê Marius, maar hierdie is nie iets wat ek sommer net ligtelik oornag oor besluit het nie!

    My optrede en negatiewe houding het die mense vir wie ek die meeste omgee negatief geraak en ek het ‘n mens geword wat selfs ek nie mee tyd wou bestee nie! Diegene wat my goed ken weet ek is as ‘n reël ‘n baie positiewe mens en sal besef ek het net tydelik so ‘n bietjie afgedwaal!

    Die feit dat ek dit blog, is net ‘n reminder aan myself dat ek SOVEEL het om voor dankbaar te wees – en dat ek dit nie “for granted” moet vat nie! Soms het mens sulke reminders nodig!

  10. Da Mario sê:

    René’kie…
    Lol… ek het danksy jou nou vir die eerste keer jou naam reg gespel op ‘n laptop!!😆
    Jy is ‘n wonderlike vriendin en een van die mees amazingste mense wat ek nog ontmoet het! Ek is bly jy het hierdie geblog as ‘n reminder aan jouself, en ek is bly jy is weer jou stunning ou self!! Dit wil my voorkom asof daar deesdae so algemene negatiewe gevoel posgevat het onder so paar van die bloggers, en dit kom ook voor asof ons almal besig is met ‘n opwaartse kurwe. Welcome to the club!!😉

    Dis lekker om weer happy te wees met nouself nê??😀

  11. Da Mario sê:

    O ja, gaan kyk by hierdie….
    https://woestynsand.wordpress.com/wp-admin/options-general.php
    Gaan na die language option ek click ‘Afrikaans’ op die drop-down menu toe???
    Leke aand girl, selfs al vertel jy my om my eie business te mind!!!😆

  12. René sê:

    Ai, thanx Da Mario – dis wonderlik om sulke “uplifting” vriende soos jy te hê wat altyd bereid is om te ondersteun en te luister, maar my ook ordentlik aanpraat as dit nodig raak!

    Dis fantasties om weer myself te wees – ek het MY gemis!!:mrgreen:

    Thanx for minding my business, ek gaan verander dit onmiddellik na Afrikaans! Ons wil nie daai “listings” mis nie wil ons?

  13. René sê:

    Ek het gaan kyk – dit is “Afrikaans”! Nou wat nou??

  14. Da Mario sê:

    Nee hel ek weet dan nie. Jy’t my nou uitgeboul. 😕
    Ek sal bietjie gaan dink daaroor.

  15. TristonJ sê:

    Rene… jy is n insperasie vrou! Ek dink waarlik ook dis in mens se mind om happy te wees, dis net soms moeilik om daai mind te laat saam stem😉

  16. duskant sê:

    NS – wind-verwaaide hare en ‘n onderrok wat soms uithang is nogal sexy😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s