…solank dit wit is…

Posted: Januarie 30, 2008 in Uncategorized

Wat is dit met Suid-Afrikaners en wit motors?

Ek kyk by my venster uit en in die dwars-straat oorkant die pad staan nie minder nie as 15 wit voertuie, slegs een rooie! Ek stap netnou deur ons parkeerarea en van al die personeel wie se motors onder die afdakke geparkeer staan, is daar in totaal net 3 motors wat NIE wit is nie!  So ‘n paar naweke terug het ons ‘n familie-reunie (lees troue) op my neef se plaas, ek tel die wit motors – uit die 25 wat daar staan, is daar slegs een swart bakkie (ons s’n) en een silver bakkie (Niggie s’n)!

In Engeland het ek sommer opgewonde geraak as ek ‘n wit motor sien! Jy kry alle kleure – rooi, swart, alle kleure donker metallic, maar wit … omtrent nooit! Goed, daar is die odd afleweringsvoertuig wat wit is en silwer is in oorvloed – maar ‘n skitterwit motor, huh uh!!

Hierdie “meisie” het ons in Wimbledon gesien … sy het voorwaar koppe laat draai!

limo_pienk.jpg

Sien julle wit motors?  (Putney)

putney_verkeer.jpg

En hierdie tannie het genoeg gehad! Selfs sy was nie wit nie! (Skotland)

ou_chor.jpg

Nou wonder ek – watter faktore beïnvloed jou as dit kom by die kleur van jou motor kies!? 

Of is die wit voertuig kopery regtig ‘n SA ding??

Kommentaar
  1. Justjane sê:

    Ek het nogal altyd gedink die Gautengers koop baie donker karre…

  2. René sê:

    Dit wys jou net hoe min ek in Gauteng kom Janey!! Dalk kan die klomp Gautengers my persepsie hieroor swaai!?

  3. Roer sê:

    Bleikbaar versekering se skuld Rene. Ek steur my nie veel daaraan nie. Liefie se kar is swart en my bakkiekie …army groen!

  4. sonkind sê:

    Dis baie goedkoper om ‘n wit motor te “panelbeat”, want die wit ‘spray’ verf is goedkoper as enige kleur verf. Daarom koop maatskapye slegs wit motors vir hulle vlootmotors of vlootbakkies. En BAIE Suid-Afrikaners het maatskappy motors of bakkies. Met die motorstatistieke waarmee ek daagliks werk, sien ek dat mense ‘n keuse het oor watse fabrikaat maatskappymotor hulle kan ry, maar hulle het nie ‘n keuse oor die kleur nie – dit is altyd wit.

    Ek, persoonlik, verkies ook ‘n wit motor, want dis bewys dat dit duideliker uitstaan op die paaie en in minder ongelukke betrokke is.

    So ja, versekering oorweeg dus ook as gevolg hiervan jou motorkleur en jou premie is ietwat goedkoper as dit wit is.

  5. Zee sê:

    Ek het gou n invetaris gehou, en net in ons nabye familie is daar 10 wit voertuie. Ek het hoeka n jaar terug my blou Getz verruil vir n witte (ok en ook n vinniger ene wat ek het my alie afgesukkel by die bulte op).
    ‘n Ander storie wat ek gehoor het en weet nie hoe waar dit is nie, is dat die “retail” op wit voertuie baie beter is as op ‘n donker kleur, seker oor ‘n mens nie die krapmerke so duidelik kan opmerk op ‘n wit motor nie.

  6. barry sê:

    klink my die hitte het na almal se koppe toe gegaan in sa, dis waar in n donker tonnel sal die witte uisteek, net soos die wit lig aan die einde, moet net die lig afskakel nie, dan gaan daar probleme wees, wonder hoekom die arabier mans wit aantrek maar hulle vrouens in swart klee, dan in indiee is wit die kleur van rou, maar ons trou in wit, kleur van maagd wees, is wit n kleur, nee is die antwoord, so julle praat nie van kleur maar wel van iets wat jy nie sien nie, soos swart, wat ook nie n kleur is nie. is dit hoekom die inplosie van n ster verwys word na n swart ster. kan iemand wat kleur blind is ook verwys na n kleur, en wat se kleur karre koop hulle, ???? krap vrou laat die mense dink en wonder se die een wat n silver shogun ry

  7. mykopop sê:

    Ja, dit is blykbaar so dat die versekering wit karre laaik, wel gelukkig vir my, ek ook. Hulle sê rooi karre is moeilik sigbaar op die pad hoewel mens nie so sou dink nie. Die karre wat vir my die moeilikste sigbaar is en waarin ek al amper vasgery het is hierdie silwer metalic en charcoal kleure, veral as hulle sonder ligte ry op ‘n gryserige dag.
    As ek weer ‘n kar moet koop is dit weer ‘n witte.

  8. TristonJ sê:

    Ek is nie lief vir die wit tjorre juis omdat almal een het en so 5 jaar terug het alle make karre amper die selfde vorm gehad en boonop nog almal wit ook… dit is so erg ek kan meestal nie n mazda en n ford uit mekaar ken nie! nee wat gee my pampoen oranja of iets soortgelyk en uniek en my hart behoort aan daai tjor!

  9. duskant sê:

    As nuwe oud student is geld maar ‘n kwessie…steeds…so ek vat enige kleur wat ek kan kry, behalwe geel en daardie pienk-bruin metallic kleur wat Toyota vir een of ander onverstaanbare rede tot stand gebring het…

    Maar as ek nou kon kies…
    Ek hou maar van daardie metallies (wat is metallic in Afrikaans…?) charcoal. Wit voertuie is vir my onprakties (wys baie vinnig vuil/ skrape/ roes) en bietjie vervelig.

    Oor die swart voertuie in Gauteng. Dis waar ja, en sonder om enigsins lelik te wees maar ‘n sekere demografiese gedeelte van ons gemeenskap hier verkies defnitief swart voertuie…ek sê weer ek is nie nou snaaks nie, dis feite. So jip, hier in GP letterlik elke derde kar ‘n swart een.

  10. Ek weet meeste memse kies wit motors, want dis prakties en….o, so vervelig! Word deel van die gesiglose massas en kies vir jou ‘n wit motor! Dit laat my aan kommunisme en George Orwell dink.

  11. mykopop sê:

    BiB, julle soek vir my! Wit karre het klas, baie limousines is ook wit. Duskant, daar is ‘n teenvoeter vir skrape ens. : pas jou kar op! En ook vir vuil wys: WAS HOM! Koop dan vir julle almal ander kleure karre, dat ek alleen ‘n witte kan hê! 8)

  12. barry sê:

    nee geen kommunisme, hulle ry swart gedaante lose motors, en nogsteeds as jy in moskou se strate afstap, sien jy die staats motors almal in swart geklee, wat my by n ander besonderse punt bring, sou ons n streep kon trek om die smaak in kleur in motors deur te trek na die individu, en hulle smaak in klere, en sou die volgende stelling waar wees om te se mense wat n wit motor ry, trek grys skoene aan, en drink brandewyn en coke, of soos ons student hier wat enige iets vat wat hy kry, en as jy n witte aangebied word, sal ek eerder se nee ek soek n oranje een omdat dit my gunsteling kleur is. het ons die keuse altyd.
    ja ek het, en ek kan my eie teenwoordigheid op die pad beklemtoon met wat ek ry, en wat se kleur dit is, mense is bang vir kleur en waag nie. net soos om iemand te vra om sy huis donker grys te verf, wie het, gaan kyk in pta na ora joubert se huis in hatfield, sy het en dit lyk stunning, net omdat sy geleer het om nie bang te wees vir kleur nie.
    groete uit die buiteland

  13. Da Mario sê:

    Sonkind is reg oor die vlootmotors, dis ‘n groot rede vir die wit-voeruig-sindroom.
    Ek HAAT dit om wit karre te koop. Het 2 wit Golf’s gehad, ‘n wit Hyundai en ‘n wit Renault Scenic. Het ook ‘n blou Golf gehad, ‘n blou Toyota Conquest, ‘n metallic grysblou Golf, ‘n charcoal Ford Meteor, en nou die La Traviata (metallic grys/charcoal) Nissan Sentra.
    Wit is vir my net te vervelig en irreterend, ek het genoeg wit karre al gery, so nou soek ek ENIGE iets wat NIE wit is nie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s