…jack word pa…

Posted: Januarie 29, 2008 in Uncategorized

jack.jpg

Na 5 jaar se girlfriend-droogte gaan my Jack-kind Pa word… Dit was “love at first sight” toe hy die eerste keer sy ogies op Zandi se fietse lyfie lê en die tweetjies het ‘n hele week saam “gekuier” – min gepla met wat in die huis en omgewing aangaan – net ogies vir mekaar!

Gelukkig is dit Zandi se mense-ouers wat met so ‘n bondeltjie gaan sit – en nie ek nie!

boston_pups.jpg

Beteken dit nou ek gaan ouma word??😯

Kommentaar
  1. wit perd sê:

    Hulle is te skatlik vir woorde.

    Wit perd

  2. TristonJ sê:

    ai sweet!.. So René hoe voel dit om ouma te wees?!?😈

  3. mykopop sê:

    Ons het ‘n bullteriër gehad met die naam “Baas Jack”. Miskien moet jy nou ‘n naamverandering vir hom oorweeg, Ouma!

  4. Da Mario sê:

    5 jaar se girlfriend droogte??😯
    Ek behoort jou by die DBV te gaan aankla!!😆

    Enige tips gevang?

  5. Ek weet dis ‘n cliche, maar dis nou wragtig cute!

  6. Justine sê:

    Dis tog te skattig!

  7. krista sê:

    Ekke wil ok een hê!!!!!!!!!!!!!! Te pragtig vir woorde!

  8. Kokkewiet sê:

    Ag oulik!! Baie geluk ouma!!!!

  9. Marina sê:

    SWEEEEEEEET!! Ek kan daai ou baba hondjies ruik!!!

  10. Die Gestorwe Soldaat sê:

    Hehe! Dis nou Meneer Jack vir julle! René, jy’s mos al mooi groot genoeg om ouma te word, nie waar nie vriendin?!😉

    My Germaanse Skaapwagter het so maand of twee terug mos die reukspoor van so losserige poppie daar in ons buurt gevat…. Calamity! Die kompetisie was erg stiff (😉 ), en ou Koevoet het bebloed en gehawend by die huis aangekom! Nie net is sy 7-jaarlange lus geblus nie, maar sy eetlus was sommer vir ‘n maand lank ook daarmee heen! Dalk moet ek hom stuur vir ‘n oudisie vir die opvolg van The 40 year old virgin Hy kan papiere en war scars wys!😆

  11. René sê:

    Jammer Da Mario – maar jou vraag verdien nie ‘n antwoord nie! Tips? Pffffft!!🙄

    Soldier – moenie spot nie! Ek is so bly jy sê groot genoeg, en nie OUD genoeg nie!😆 Arme Koevoet – lyk my hy moes sy pad behoorlik oop veg!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s