…dankbaarheid…

Posted: Januarie 23, 2008 in Uncategorized

blom.jpg

 Dis altyd so … as ek hoor van iemand naby my wat ‘n geliefde verloor het – of iemand in die familie het wat baie siek is … is daar altyd so ‘n oorweldigende gevoel van groot jammerte vir hul hartseer, maar ook ‘n gevoel van dankbaarheid in my hart! Dankbaarheid vir diegene wat ek nog gelukkig genoeg is om te hê!

My vriendin het vanoggend die nuus gekry dat haar ouma van 90 oorlede is! Ek is so hartseer vir haar, want ek weet sy het ‘n baie spesiale band met haar ouma gehad!! My ouma is al ‘n paar jaar oorlede – sy was ‘n engel van ‘n mens! Ek onthou sy het die mooiste hande gehad wat ek nog ooit gesien het – en sy was altyd so mooi versorg! Haar naels was altyd lank, mooi gevyl, gecutex en geroom en haar vel was soos satyn! Ons was nog jong kinders toe ouma oorlede is – en vandag is ek spyt oor die kere wat ek partykeer ongeduldig was met ouma oor sy nie volgens my verstaan het hoe ‘n jongmeisie se hart werk nie! Ek is spyt dat ek nie meer blommetjies vir haar geneem het, of meer drukkies vir haar gegee het, om met meer aandag geluister het as sy my van haar storietjies vertel het nie!  Ek weet eers vandag dat niks haar plek kan vol staan nie!

Daarom is ek dankbaar – vir diegene wat nog hier is! Vir my ma en haar kwaai kyke, vir boeta wat berispe as sussa skeeftrap, vir familie wat nie gereeld bel of altyd vra hoe dit gaan nie, maar daar is as jy hul nodig het! Vir vriende wat luister, omgee, aanvaar en liefhet, sonder om iets terug te verwag!

Daarom wil ek vandag ook vir JOU dankie sê … jy is miskien ‘n vreemdeling wat hier lees … maar as jy al ‘n comment gelos het, of ‘n email gestuur het, het jy ‘n rol in my lewe gespeel! Miskien ken jy my baie goed en het ons al ‘n paadjie saam gestap en was jou rol tien teen een heelwat groter as wat jy besef! 

Vir elkeen van julle ‘n opregte dankie uit my hart…

Some people don’t know
how important it is that they exist.
Some people don’t know
how good it is just to see them.

Some people don’t know
how comforting their smile is.
Some people don’t know
how good it feels to be near them.

Some people don’t know
how much poorer we would be without them.
They would know if we told them…
Like I’m telling you!

As daar iemand in jou lewe is wat ‘n baie spesiale dankie-plekkie in jou hart het – gaan sê dit vir daardie persoon! Tel op jou telefoon, of stap oor en gaan gee hom/haar ‘n hug en sê dit – doen dit NOU! Ouma het altyd gesê mens moenie blomme gee vir mense wat reeds oorlede is nie – gee vir iemand ‘n blom wanneer hy/sy dit nog kan sien en waardeer.

Kommentaar
  1. Da Mario sê:

    Dis ‘n baie mooi gedagte en post, ek gaan gou so paar oproepe maak.
    Sterkte vir jou vriendin, ek dink aan haar.

  2. Kokkewiet sê:

    Pragtige post!!!!

    Sterkte vir jou vriendin.

  3. (((((((((R)))))))))))

    Jy maak my dink hierso…..

  4. Baie positiewe en inspirerende inskrywing!🙂

  5. Tersia sê:

    Ek stem, as dit te laat is, is dit vir ewig te laat! Ons probeer vir my sus die laaste tyd gee net wat ons kan – op hierdie stadium is liefde, vrede rustigheid vir haar belangrik naas morfien. Blomme maak nie meer vir haar saak nie – ons dink sy sien dit nie meer raak deur al die pyn nie! Dankie vir jou post!

  6. mykopop sê:

    “Ek sou als presies net so weer oor wou doen
    ek sou alles net so wou herhaal
    want as ek als dieselfde doen
    speel jy dalk dieselfde rol in my verhaal”

    Lucas Maree in sy liedjie “Heel van vooraf”. Dan sing hy ook nog iets dat hy net een ding sou wou verander: Ek wens ek het dit meer vir jou gesê.

    Mag ons so lewe dat dit agterna vir ons waar kan wees.

  7. Die Gestorwe Soldaat sê:

    Baie, baie waar woorde, René!

    My ouma is die laaste paar weke glad nie gesond nie, en ek vang myself dat ek elke dag ‘n verskoning soek om na haar toe te ry. Dis nie altyd moontlik nie, en party dae is sy op die beste ‘n telefoonoproep naby. Maar ek maak ‘n punt daarvan om haar te bel, want ek kan die vreugde in haar stem hoor wanneer ek vir haar hallo sê. Ek weet sy gaan nie meer vir lank vir my gespaar wees nie, en ek aanvaar dit so, maar ek wil nie oor ‘n week of ‘n maand by haar graf staan en wens ek het meer moeite gedoen om haar dag op te helder nie.

    Dankie vir hierdie aanmaning, en sterkte vir jou en jou vriendin.

  8. Eben sê:

    Dankie Rene, ek het NOU pas besluit ek ry more (Vrydag) Brits toe na my mammie toe. Dankie …….

  9. René sê:

    Mykopop – dis mooi woorde … dankie!

    Soldier – jammer om te hoor van Ouma – en sterkte vir jou en die familie!! Moenie na verskonings soek om na haar toe te gaan nie – maak tyd daarvoor, jy sal beslis nie spyt wees nie! Vat daai lyfie van haar en druk dit styf teen jou bors vas!! WANT JY KAN NOG!!

    Eben – dis great stuff!! Ek is bly jy doen dit!

    Toe en aanvanklik die post geskryf het het ek so by myselwers gedink – as dit net ietsie vir EEN persoon beteken – het hy sy doel gedien!

    Ek sien nou ek het heelwat meer mense geraak en dit verskaf soveel vreugde in my hart! Soms moet mens net iewers langs die pad gaan staan en vir jouself skree … WOW!! … en besluit waar jou prioriteite lê! Mens moet nooit die mense vergeet of afskeep wie jou liefhet nie!

    Julle is STUNNING mense! xx

  10. Catharina sê:

    Mens weet wanneer jy waardeer word, dit hoef nie altyd gesê te word nie. Soms is woordelose kommunikasie baie meer oortuigend, veral as ʼn vriend iets aan jou moet meedeel wat jou gaan seermaak. Omgee so kragtig maak dat die kosbare vriend dit nie oor sy hart kan kry om daardie woorde te uiter nie. Hy hou aan uitstel totdat uitstel afstel geword het.

    Die vriendin koester dit en probeer dan gewoonlik om op haar manier dit makliker vir hom te maak deur haar optrede. Mens doen nie altyd omdat jy wil nie, soms net omdat jy glo jy moet.

    Dit laat my aan my verhouding met my ouboet dink. Ons was nog altyd mekaar se vertrouelinge, maar die dag toe hy getrou het, het ek besef dat dit sy vroutjie se voorreg is om sy alles te wees. Staan mens nie dan maar eenkant toe nie?

    Ek sal vir ewig, solank ek lewe getrou bly aan my ouboet, want hy beteken vir my alles en meer as wat woorde kan sê. Sy geluk, sonder inmenging en onnodige komplikasies is paramount! En natuurlik sal ek vir hom lief bly en daar wees as hy my nodig het. Ek is dan sy kleinsus en ons deel mos meer as net bloed en asem.

    Ek kom dan tot die gevolgtrekking dat sommige skuldgevoelens oorbodig is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s