…hitman…

Posted: Januarie 22, 2008 in Uncategorized

Gedurende my naweek van “niksdoen”, het die niksdoen my so bietjie ingehaal en het ek Sondagmiddag besluit om ‘n lekker fliek deur te hardloop! Ek was nie lus vir die gewone chic flick nie – en het nie krag gehad vir ‘n traantrek-drama nie! Nou kyk, die wat my fliekgewoontes ken sal weet ek is nou nie juis een vir ‘n skop-skiet-en-bliksem besigheid nie! Hoe minder bloed en spatsels harsings ek sien … hoe beter!! Geweld is net nie my ding nie, want ek is vir driekwart van die fliek met my hande voor my oë!! To much stress sê ek julle!! Maar Sondag het ek myself verras – en aangesien ek nie in die bui vir een van my twee gunsteling movies was nie – koop ek toe maar die skop-skiet-en-bliksem fliekkaartjie! Net vir afwisseling jy sien…

hitman.jpg 

Hitman – is gebasseer op ‘n video game met dieselfde naam. (Ek speel ook nie morsige bloederige video games nie, so ek was glad nie “in tune” met die storie agter die storie nie!) Nietemin – met die popcorn op die skoot sit ons toe reg vir aksie!! En aksie – dié het ek gekry!

Die film begin met ‘n montage van ‘n groep kaalkop, blou-oog seuntjies wat opgelei word in wapengebruik en “martial arts”! Almal gebrandmerk met ‘n barcode agter die kop!

Interpol agent Mike Whittier (Dougray Scott) kom een aand by die huis, struikel oor ‘n lyk en komkommerkoel Agent 47 (Timothy Olyphant) sit en wag hom in agter sy lessenaar! Hulle het ‘n kort gesprek en Agent 47 vra ‘n baie belangrike vraag “What makes a good man kill”.  Dan spring die tydlyn terug na 3 maande gelede waar 47 besig is om ‘n “hit” af te handel in St Petersburg, Rusland!  Hy ontvang opdrag van sy Organisasie dat sy volgende teiken, Russiese President Mikhail Belicoff in die openbaar doodgemaak moet word.

No problem, Agent 47 pot die President met ‘n sniper rifle – kopskoot oor ‘n afstand van 4km! Hit completed!! Terug in sy hotelkamer word hy ingelig daar was ‘n ooggetuie, en sy moet ook van kant gemaak word.  Hy kry instruksies waar om haar op te spoor, maar die oomblik toe hy haar sien, weet hy sy is nie ‘n ooggetuie nie, want sy het hom glad nie herken nie! (Dis regtig moeilik om daai gesig en die barcode op sy agterkop NIE te herken of te onthou nie!)

The plot thickens toe 47 agterkom Belicoff se dood word toegesmeer deur dubbelgangers en hy besef hy is deur sy Organisasie in ‘n lokval gelei met die kamtige ooggetuie!  Toe slaan sewe soorte paw-paws die fan!!!

Nou ja, ek wil nie die hele fliek weggee nie! Al is aksieflieks jou “ding” – maak jou reg om nie te ontspan nie – nes jy dink nou het Interpol vir Agent 47 vasgekeer, wag daar weer ‘n verrassing! Agent 47 se uiters cool houding is genoeg om mens op die punt van jou stoel te hou van die eerste minuut af!!! Nee kyk, Schwarzenegger, Van Damme, Chuck Norris ens ens kan maar gaan slaap – Agent 47 sal hulle almal op hul m**r gee!!

Maar moenie my woord vat nie – gaan kyk eerder self!

barcode.jpg

Kommentaar
  1. Roer sê:

    Heng suster. Fliek risensie is jou ding!

  2. mykopop sê:

    Ek kan heel maklik bystaan en help om ‘n skaap of ‘n bees te help slag, maar ek laaik nie te baie mensbloed nie. Bv. daardie Viëtnam-flieks met so ‘n ding met ‘n klomp skerp penne wat uit ‘n boom swaai sal ek nie graag kyk nie!

  3. Da Mario sê:

    Nice resensie.
    Waarvoor is die bar-code of mis ek iets? 😆

    Wil jy vir jou ook so tatoo kry?😉

  4. René sê:

    Roer – thanx – ek vertel dit maar soos ek onthou!! Ek sal nou nie myself ‘n resesent noem nie – ek is te subjektief daarvoor! ‘n Mooi gesiggie maak nie noodwendig ‘n mooi fliek nie – sien jy? Hierdie was natuurlik ‘n ander storie – mooi gesiggie, goeie storielyn, uitstekende verrassings-element, bietjie baie bloed na my sin, maar nietemin ‘n boeiende fliek!! (Mind you, ek sal graag ou Leon “van Gooi-op” se kritiek oor die een wou hoor!)

    Mykopop – ons deel dieselfde sentimente – maar somehow en met ‘n naar kol op die maag het ek die een oorleef! En nie spyt dat ek dit gaan kyk het nie!!
    😆 @ Da – die barcode is op Agent 47 se agterkop aangebring toe hy in training was as klein seuntjie – en dis waarvolgens die agente uitgeken word!! As jy die movie kyk sal jy verstaan waaroor die barcode gaan! Mmmmmm…mind you – daardie barcode op die regte plek sal seker nie te onaardig lyk nie – hy moet net nie met ‘n vervaldatum uitkom nie!

  5. Da Mario sê:

    Rene’tjie…
    Het jy geweet ‘n tipiese knaldemper (soos op ou Hitman “Agent 47”) se gun hierbo hou net so 30 skote of so? Dis nou op regte guns, nie sissy pistols soos die in die prentjie nie…😉 Actually vind ek knaldempers op pistole half sinneloos, maar dis ‘n ander storie. En het jy geweet dat knaldempers die velocity van die patroon geweldig stadiger maak, en dus die effektiewe trefafstand? Net gewonder.
    En Krismis, enige ou wat ENIGE iets op 4km raakskiet met selfs ‘n sniper rifle en al die gizmos vir trajeksie bepaling, heat haze korreksie en ander atmosferiese toestande het my respek hoor. Dit moet ‘n bitter nice gun wees met perfekte lading in die rondte, om van talent nie eers te praat nie!! En ek dog ek is oulik as ek ‘n 10cm groepering met ‘n R4 kan skiet op 200m…🙄
    Net nog iets… is dit nie makliker om die agente name te gee nie?? Why hulle barcode?? Ek bedoel, as die girl jou naam vra, stop jy haar ‘n laserscanner in die hand en vra sy moet maar self kyk???? 😆
    Ek kan dit net sien… “Item not found” Whahahahaha!!!😈

  6. Geluk! Jy is gereed vir Kill Bill.😆

  7. René sê:

    Da Mario – sienende dat ek nou so baie van skop-skiet-en-bliksem movies hou – weet ek natuurlik al die goed van knaldempers en sissy pistols af!! 😆 Maar dankie vir die inligting – nou weet ek!

    Agent 47 is van kleins af opgelei om ‘n hitman te wees – dis al wat hy kan doen – hy val nie eers vir ‘n sexy kat in ‘n baie klein rokkie se sjarme nie – EN daai sniper rifle wat hy mee geskiet het het meer accessories en what have you’s as wat ek kon tel! Ek sê jou mos hierdie man is verby cool!! James Bond met al sy “gimmic’s” kan ook gaan slaap! Oja – en die agente het nie name nie – net nommers – maar gaan kyk die movie die naweek man – ek wil nie die hele game weggee nie!

    George – ek het genoeg bloed en harsings gesien vir ‘n BAIE BAIE lang tyd – ek dink nie Kill Bill sal gou op my “must-see”-lysie kom nie! Ek gaan nou maar weer terugskakel na die chic flicks en traantrekkers!

  8. Da Mario sê:

    Maar Kill Bill het Uma Thurman in nie waar nie? Hoe kan jy dit NIE wil kyk nie… *sug*

  9. Celéste sê:

    Ek wou nou sê dat Uma Thurman lelik is, maar ek sal maar nie………..

  10. Da Mario sê:

    Obviously sal jy dink sy is lelik, jy is ‘n vrou. Wat weet jy nou van girls af?🙄

  11. René sê:

    Mmmm…Uma is darem nie té lelik nie – maar heeltemal te benerig sal ek sê! ‘n Vrou moet darem so klein ietsie om die lyf hê!!

  12. Da Mario sê:

    Sy het ietsie om die lyf. Sy het genoeg boobies…😕
    Gheezzz…🙄

  13. TristonJ sê:

    DM boobies is nie die begin en einde van die wereld nie…😈

  14. In ‘n non-sexual way, moet ek byvoeg.

  15. Da Mario sê:

    Daarshy, dankie George. Maar sy’s nogal heel hot in ‘n sexual way ook, maar kom ek laat dit daar.
    EN ja TristonJ, natuurlik is boobies die begin, maar darem nie die einde nie…😉

  16. René sê:

    Goed, noudat julle daardie een uitsorteer het!!

    Ek dink in elk geval Tanya van Graan is ‘n baie beter onderwerp vir bespreking as Uma’tjie!!
    😆 Ai, waar is Soldaatman nou om hierdie stelling te beaam?!

  17. TristonJ sê:

    ummm nie seker wie sy is nie?? so ek sal maar jou woord vat daarop!

  18. Da Mario sê:

    Rene… dis baie ver van uitgesorteer….
    Tanya van Graan is ook in die klas van “bietjie benerig” nie waar nie? EN sy het ook heelwat om te gryp om die lyf, so ja, ek hoor graag Die Gestorwe Soldaat se opinie oor hierdie ene! :mrgreen:

  19. René sê:

    Da Mario – ek dink ek moet eerder nie my opinie oor Tanya lig nie – alhoewel ek saamstem dat sy gorgeous is …. nee wag, ‘n stil bek is ‘n heel bek…🙄

    Sal ons nie ‘n link “log” daar na Soldier se kant toe nie Da?! Hy werk so hard hy hoor nie eers Tanyatjie is onder bespreking in WoordStoot nie!! Mmmmm…vreemd!!:mrgreen:

  20. René sê:

    Da Mario – is jy bínne daai Raptor aerie??😆

  21. Da Mario sê:

    Rene…
    Nee ongelukkig nie, die aerie is net soos ekke…. altyd reg vir ‘n “hit-and-run” of ander dangerous mission….😈

  22. TristonJ sê:

    aaah en daar is ou DM terug!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s