…afrikaans my taal…

Posted: Januarie 15, 2008 in Uncategorized

Ek is baie trots op my taal! En ek weet ek is skuldig daaraan dat ek my taal “mix”, maar ek wil graag ‘n bietjie aandag aan my taalgebruik gee!

skryf_afrikaans.jpg

Hierdie is my nuwe “taalbybel”! Ek dreig nou al vir maande om hierdie boek vir my te koop en kom net nie so vêr nie! Ek het hom laasweek by Kalahari.net bestel en hy is vanoggend by my afgelewer!

Nou kyk – ek was as ‘n reël nie baie lief vir skool nie! Skool het my erg verveel! Daar was te veel stilsit en te min kreatiwiteit betrokke! Omstandighede het gemaak dat ek nie na ‘n kunsskool kon gaan nie – en ek moes myself teen my wil deur gewone skool forseer! Afrikaans was ook nie een van my gunsteling vakke nie en bitter min aandag is geskenk aan wat die uiters vervelige onnie voor in die klas kwytraak! Iets waaroor ek vandag bitter spyt is!

So, ek is in alle eerlikheid nie taalkundig nie! Druk ‘n tekenpotlood en papier of ‘n verfkwas en ‘n paar potte verf in my hand en ek sal vir jou ‘n prentjie teken of skilder – of ek sal uit ‘n klomp klein kraletjies die mooiste hangertjie of armbandjie maak! Of gee my tafel om te dek of ‘n vertrek om te versier of ‘n kamer om oor te doen, en ek doen dit so dat jy nie sal glo hoe goed dit lyk nie – maar moenie vir my vra om jou skryfwerk taalkundig te versorg nie! Daar val ek heeltemal uit die bus!

Hierdie boek gaan my help om my taalkundig reg te ruk! As jy soos ek bietjie sukkel in daardie afdeling – skaf hom gerus vir jou aan! Ek het net so deur die boek geblaai en alreeds op ‘n hele paar leersaamhede afgekom! Net vir die interessantheid – hier is die afdelings wat hanteer word in die boek :

Deel 1 : A – Z van taalkwessies

Deel 2 : Aarde en heelal / Adresse / Afbreek van woorde / Afkortings en simbole / Dae, datums en jaartalle / Geslag / Hoofletters en kleinletters / Lande, streke en plekke / Lees- en skryftekens / Persoonseiename / Proefleestekens / Reg en orde / Regerings, departemente, groepe en organisasies / Sakewêreld / Sport / Die rol van die sub by ‘n koerant / Subs en syfers / Syfers en getalle / Titels en range / Transliterasie van buitelandse eiename / Vervoermiddels / Verwysings in skryfwerk / Woorde van vreemde herkoms / Woordorde / Woordsoorte / Wyn (ja, ek het ook gefrons oor die een!)

Ek haal aan : “Skryf Afrikaans is ontwikkel vir almal wat vinnig antwoorde soek op vrae wat opduik by die skryf en versorging van Afrikaanse tekste. Dis nie net ‘n standaardgids en onmisbare naslaanbron vir joernaliste, reklameskrywers, subs en vertalers nie, maar ‘n toeganklike hulpmiddel vir almal wat woorde keurig en reg op papier wil sit, van briewe en skoolopstelle tot notules, advertensies, werkstukke en verslae” (oeps, hulle het van blogs vergeet!!)

Kommentaar
  1. Jasper sê:

    My afrikaanse onnie op skool sou nou trots gewees het op jou!!

  2. René sê:

    Hahaha Jassie – ek is seker daarvan my Afrikaanse onnie sou nou gebars het van trots – dalk moet ek hom laat weet dat daar tog hoop is vir my!!

  3. Lyk regtig na ‘n oulike boek! You go girl! 8)

  4. Da Mario sê:

    Wel nou ja, kom los dan maar af en toe vir my ‘n prekie daar op my blog oor my taalgebruik. 😛

  5. mykopop sê:

    Hey René, ek’s bly jy het hom ook gekry, ek het hom al ‘n rukkie: http://mykopop.wordpress.com/2007/11/20/skryf-afrikaans-van-a-tot-z-dalene-muller/

    Ek het ook op 26 Desember berig dat die skryfster, Dalene Muller, op 16 Desember oorlede is. Bertus! sê hy het haar geken as ‘n baie nice vrou.

    Ek gooi ook maar graag so nou en dan ‘n Engelse woordjie in, maar dit kan my nogal bietjie irriteer as mense dinge verkeerd skryf, een voorbeeld is wanneer 2 woorde aanmekaar geskryf moet word (wat die reël is in Afr.) en hulle skryf dit as twee woorde, ens. ens. Ek het al gedink om vir my ‘n alter ego soos TaalPoeliesman op WordPress te registreer!

    So watch it Da Mario, ons gaan jou aanvat!

    (Ek wil nog probeer om my Afrikaanse onnie in die hande te kry – hy was laas glo in die Kaap.)

  6. sonkind sê:

    Ek gaan die een bepaald vir my aanskaf. Kop, dit maak ook my tande stomp as mense verkeerd spel. Miskien kan ons ‘n blogtaalwag (amper soos buurtwag) hier aanstel, en Rene kan haar boek gebruik om ons almal op die regte taalpad te hou.😆

    By die werk het ons ‘n fokpot en elke keer as iemand vloek, moet hy twee rand in die pot gooi. Daar is gereeld genoeg geld in die pot om te gaan ‘drinks’ drink op ‘n Vrydagmiddag.

  7. Die Gestorwe Soldaat sê:

    Ek en Kalahari.(s)ne(r)t het ‘n bietjie van ‘n uitval gehad hier oor Kersfees, maar gelukkig het ek bevestiging gekry dat my geskenkie vir myself darem more (17/01) afgelewer sal word – 40 dae nadat ek daarvoor betaal het! Nou kan ek maar die krul in my stert ontspan en weer ‘n inkopietog by hulle aandurf – en René se gids is tweede van bo af op my lysie!

    Van Afrikaanse onnies gepraat: ek het die coolste Afrikaanse onnie ooit gehad. Mnr Johan Koortzen. Stoute bliksem gewees, maar sy passie vir die taal was erg aansteeklik. Met tye moes hy sy passie bietjie van agter af inslaan (…hel, dit klink nie reg nie!😉 ), maar meeste van die tyd kon jy nie anders as om in sy klasse op te let en werklik te leer nie.

    Iets wat ek nooit van hom sal vergeet nie: hy het bykans elke oggend (in klastyd) gebrom omdat sy vrou daarop aangedring het dat die bed opgemaak moet word. Hy kon dit glad nie kleinkry dat hy die bed moes opmaak net om hom vanaand weer deurmekaar te krap nie! En hy was een van die min onnies wat elke keer die humor van ons kattekwaad kon insien – en daaroor lag!

    • Johan Koortzen sê:

      Ek weet nie wat ek besig is om met die tegnologie aan te vang nie, en ek is ook nie seker met wie ek praat nie, maar ek het jou kommentaar oor my gelees. Baie dankie vir die positiewe terugvoering, al was ek maar ‘n verpesting in die klas.

  8. Da Mario sê:

    Mykopop…
    Ek sal maar my slae vat…😀

  9. skoenlapr sê:

    Rene, dankie vir jou vriendelik hulp en bystand in hierdie verband. Dit is vir my regtig ‘n riem onder my borste dat jy inderdaad uiteraard so ‘n belangstelling aangekweek het in jou moedertaal. Dit tref my diep in die krop …

    LOL!!!!!!!!!!

    ek laaik afrikaans … my gunsteling vak op skool (saam met engels en geskiedenis!)

  10. TristonJ sê:

    Ek het amper, amper afrikaans op skool gepluk… dit het nie so lekker met die nederlandse agtergrond saam gewerk. hulle het nie gedink ek is oulik nie… :blush:

  11. René sê:

    Skoenie – het jy van Da Mario se medisyne gedrink??

  12. mykopop sê:

    René, ek het weer ‘n kommentaar gehad by my post (sien skakel hierbo) van Rosalindfranlin ( http://rosalindfranklin.wordpress.com/ ) – jammer ek het vergeet om haar saam met Bertus! te noem. Sy’t sommer daar in die kommentaar ‘n lang interessante stuk oor Dalene Muller geskryf.

  13. Justjane sê:

    Met die taalwag wat nou hier ontstaan raak ek skrikkerig elke keer wat ek ‘n woord tik en my Afrikaans is juis besig om so stukkie-vir-stukkie agteruit te gaan. Ek dink ek moet ook maar weer vir Kalahari nader.

    GS – die lys van kere wat ek en Kalahari mekaar al verkeerd verstaan het is ellelang en my taalgebruik elke keer sou Sonkind se fokpot soos die Sun City Dream Machine laat lyk het.

  14. Anyone know some good site to research flygbiljetter? Regards.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s