does size matter?

Posted: Januarie 10, 2008 in Uncategorized

kamera.jpg

Ek is besig om vir my ‘n “grootmens”-kamera te koop!

Keuses … keuses … keuses!!

So wat sê jy? Maak grootte werklik saak?

Kommentaar
  1. Justjane sê:

    Ek het ‘n Canon Ixus 70. Hy pas so mooi in my broeksak – en ek vat hom oral saam. Elke funksie wat ek nog wou gehad het is daar en die videos is pragtig. Liefie het ‘n “grootmens” Canon kamera met lang lense en allerhande goeters. En ek kan sien dis ‘n pyn vir hom om saam te sleep. So ek dink nie grootte maak saak nie. It’s what you do with it…

  2. *wicked grin* gaan ek jou antwoord of nie?? HEHE!!!!

  3. René sê:

    Platstetjie – dis die eerste keer dat ek die wag voor JOU mond raaksien!!

  4. …ek wou jou antwoord, maar die wag voor my mond het my woorde opgesnipper met sy skerp sabel…

  5. René sê:

    Ai *sug* – nou gaan niemand my antwoord vandag nie?🙄

  6. Oh goodie, René…

    Ek stuur vir jou ‘n potjie peper en ‘n tweezer!👿

  7. Da Mario sê:

    Wat kameras betref nie regtig nie. Behalwe natuurlik as jy dit ernstig opvat as stokperdjie. Die meeste kamers wat groter is is groter met ‘n rede. As kleintjies kon doen wat grotes doen sou almal klein gewees het nie waar nie? Waarin jy bealngstel is funksies, nie size nie. Gaan lees daaroor, doen jou eie navorsing, praat met pro’s en die verkoopsmense en besluit self. Dis nogal ‘n duur hobby so maak seker jy is happy met jou nuwe speelding en kry al die sagteware wat dit selfs lekkerder gaan maak. Spaar baie, vat ‘n groot asemteug en gaan koop jou droom.

    In die res van die lewe dink jy net size maak nie saak nie as jy nie van beter weet nie…😈

  8. Charl sê:

    Dit hang seker af die ‘kundigheid en natuurlike aanvoeling’ van die een wat die instrument hanteer of hoe?

    Groot of klein kan ʼn totale boggerops verseker in die verkeerde hande.

  9. Celéste sê:

    My broer sal kan getuig van sy sussie se lengte (of gebrek daaraan!!). Size does NOT matter to those who know what to do with the little they have!! Dis ATTITUDE, wat tel, girlfriend. (Iewers behoort dit ook op die kamera-topic van toepassing te wees)

  10. Mmmmmmmmm! Ohhhh!!! Kameras!!!! Nou verstaan ek!!!

    *winks*

  11. Ek stem 100% saam met Charl…….

  12. Da Mario sê:

    Geezzzz… nou hoekom sal jy dan nou nie saam met my wil stem nie Jo-Ann??😈

  13. Pieter sê:

    As jy is waar jy wil wees, maak niks anders saak nie!

  14. duskant sê:

    Hello daar! Daar is mos die ou spreekwoord wat sê “it’s not the size that counts but the motion of the ocean…” dis actually baie waar met kameras ook…’n goeie vriendin van my gebruik ‘n R1200 se mik-en-druk kamera en sy neem ongelooflike fotos – omdat sy ‘n oog het daarvoor en omdat sy die (beperkte) funksies van die kamera baie goed opgeswot het.

    “Grootmenskamera” is ook natuulik ‘n relatiewe begrip – bedoel jy ‘n SLR kamera? Indien wel kan ek Canon se reeks aanbeveel – veral die 350D is besig om BAIE bekostigbaar te raak en dis ‘n puik kamera. Die voordeel van SLR kameras is dat jy altyd jou “gear” kan aanvul met nuwe lense ens.

    Indien jy ‘n duurder mik en druk kamera oorweeg, dink ek is die “optics” maar die belangrikste – omdat die elektronika binne meeste fabrikate min of meer dieselfde is. Daarom sou ek nogal vir die Sony’s gaan omdat hulle Carl Zeiss lens-dele het en daarom lekker “crisp” en kleur-getroue foto’s neem.

    Laat bietjie weet wat jy gekoop het! Groetnis

  15. barry hofmeyr sê:

    ok hier is my deel, volgens my is die lens groote n belangrike deel van so n kamera, ek het na n lang soektog besluit op die Panasonic Lumix DMC-LX2 kyk op web werf http://www.dpreview.com/ jy kan met hartelus die verskillende kameras teen mekaar opweeg en self besluit wat werk vir jou, die rede vir my keuse is dat die kamera in samewerking met Leica ontwerp is en gevolglik n baie skerp lens het, asook n baie goeie prosessor het, veral die LX2 se specs is baie beter as sy jonger boetie die LX1 10.0 million effective pixels, 10.4 million sensor photo detectors
    28 mm – 112 mm (4x) zoom lens, hulle het n indringende ondersoek gedoen en jy sal n goeie idee kry van die Leica lens, wel dis inder ware n Leica kamera, so jy kan nie verkeerd gaan nie, ek al wonderlike fotos met die ding geneem,
    anders moet jy baie geld spandeer om die ware jakob te koop, maar dan is jy in n ander kategorie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s