…beter…

Posted: Januarie 9, 2008 in Uncategorized

bome.jpg

Ek voel STUKKE beter vandag!!! Nee … ek voel sommer FANTASTIES!!

Dis ongelooflik wat die volgende vir jou gemoedstoestand kan doen…

1. Vergifnis

2. Tudors

3. Ek is lief vir jou

4. ‘n Goeie nagrus

So gepraat van Tudors! Gisteraand was die season finalé – en ou Henry is nou regtig besig om al sy skroewe te verloor! In die vorige episode word kardinaal Wolsey se mag en eiendom van hom weggeneem, hy word verban uit die koninklike hof en aangestel as Aartsbiskop van York! Thomas More volg hom op as kanselier en Princess Margaret (Henry se ouer suster) sterf van Tuberkulose! Oppertunistiese Anne Boleyn vra Henry subtiel om meer vertroud te raak met Lutheranisme.

Wolsey word deur Anne Boleyn verwerp, hy leef in armoede en kruip dan desperaat by koningin Katherine vir ondersteuning! Wolsey se gekonkel met die koningin word ontdek en hy word gearresteer vir hoogverraad.  Oppad na Londen vir sy verhoor, pleeg hy selfmoord! ‘n Daad wat Henry erg ontstel en hy om die een of ander rede ten alle koste stil wil hou!

Intussen is Henry hoogs ontevrede met die manier hoe sy raadgewers sy koninkryk en geldsake bestuur! Henry begin vind sekere elemente van Lutheranisme baie interessant en beslis tot sy voordeel. Hy stuur Thomas Cromwell na verskeie fakulteite van teologie, in die hoop om gunstige uitsprake te kry oor sy voorgenome egskeiding! (In Lutheranisme is die koning se woord WET!! Henry hoef dus nie toestemming by die kerk te kry om van koningin Katherine te skei nie!)

…en nou moet ek weer wag vir die volgende seisoen…

Hoop jy het ‘n GATSKOP dag en dat jy nie die een is wat geskop word nie!!😉

Kommentaar
  1. Ek is bly jy voel beter! Ons was vanoggend bietjie vaak, want ons het spesiaal vroeër opgestaan en gery, die skole het mos vandag begin hier en op die eerste skooldag van die jaar is die verkeer altyd mal.

  2. Da Mario sê:

    “Vergifnis” en “Ek’s lief vir jou!” het amazing uitwerkings nie waar nie?

    Ek was na ek en Cris die kids skool toe gevat het vandag by die huis en ek channel hop toe op ‘n stadium na MTV of VH1 en hoor die volgende:

    I’m not asking for a second chance
    I’m screaming at the top of my voice
    give me reason but don’t give me choice
    I’ll just make the same mistake again
    – Same mistake, James Blunt.

    Somehow skree hierdie woorde vir my ook, ek is so bang om dieselfde foute weereens te maak. Mag jy gespaar bly van joune en onthou hoe sleg jou dag ookal gister was, ek is bly hy is vandag beter. Jy my vriendin, is ‘n great girl, ons het maar almal ons ups and downs. En ek glo jou “up’s” is oppad!😉
    Mwah!

  3. Charl sê:

    My dag was ook lieflik gewees.

  4. Ek is onlangs seergemaak deur iemand naby my en dis nie lekker nie. Dit was nie opsetlik nie, dit het maar eintlik voortgevloei uit omstandighede, sy bly bitter spesiaal vir my en ek gun haar die geluk wat sy nou gevind het. Ek’s nogal spyt dat ek nie die ene is wat sy gekies het nie, maar dis maar hoe dinge soms uitwerk. Ek struggle soms egter so bietjie om girls te verstaan, wens ek was beter daarmee, soos ek seker is die meeste girls maar struggle om ons ouens ook te verstaan.
    Ek is bly dat daai 4 dinge jou gemoedstoestand so laat kon verbeter. No. 2 en 4 kry ek nie te veel nie en ek het niemand wat no.3 kan bedoel nie. En ek dink dis die grootste leegheid op die oomblik… jy is ‘n lucky girl.

  5. skoorblok sê:

    Ek dink hulle kon Tudors bietjie meer interessant gemaak het – ‘n reeks per vrou.
    Nou eindig die reeks so half wye-been oor Katherine (wat ek dink gorgeous is, i.v.m. daai klein spitsneus muis) en Anne.

    Nietemin, ek geniet dit baie. Dink egter nie ek gaan inspring in die nuwe Glen Close reeks nie. Alhoewel Weeds daarna, een van my snaakste TV programme is! So ek sal maar dit opneem.

    Prison Break 3 is op pad na my toe – ek het die eerste 5 epis noudie dag gekyk, en my naels was af. Is jy ‘n fan?

    Ai, TV reekse…u love them, or u hate them!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s